20 Junie 2022. Weeklkikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jun 16, 2022
- 4 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
20 Junie 2022.
Liewe Vriende.
“Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug. Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.” Psalms 127:3-5.
Ná so ’n reeks partytjies het Job dan sy seuns en dogters beveel om hulle vir die bring van offers te reinig, en vroeg die môre het hy vir hulle almal ’n brandoffer gebring.
“En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen.” Job 1:5.
Wat sal ons nie vir ons kinders doen nie! Ons ly soms gebrek ter wille van ons kinders. Ons wil vir hulle geborgenheid gee. Ons doen moeite om vir hulle ’n goeie opvoeding te verseker. Maar, daar is ook ouers wat hulle kinders met materiële dinge instop en te min aan hulle geestelike opvoeding doen. Behoort dít nie die allerbelangrikste te wees om vir jou kind te gee nie?
Job se kinders was al groot en uit die huis uit. Hulle was vol lewensdrif en lewensvreugde. Hulle het graag partytjie gehou en Job het daarvan geweet. Hy het seker ook nie omgegee nie. Maar dan hoor ons: Job het by God vir sy kinders ingetree. Hy het vir hulle as ’n priester opgetree. (Ná Saterdagaand se partytjie moes hulle Sondagoggend saam met Pa kerk toe gaan.) Hiermee wou Job sy kinders duidelik laat verstaan hoe belangrik hulle verhouding met God vir hulle behoort te wees. Het jou kinders dit al genoeg uit jou mond gehoor en in jou voorbeeld gesien?
Sê vir jou kinders dát jy vir hulle bid, en ook waarvóór jy vir hulle bid.
Gebed: Here, help my om vir my kinders die regte voorbeeld te stel en tot die dag van my dood vir hulle ’n priester te wees. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Verjaarsdae. Dit is 25 Junie Simeon se 18de en 26 Junie Joshua se 14de verjaarsdag. Verjaarsdae is altyd ‘n hoogtepunt vir die twee seuns en poog ons as sendelinge om die dag vir hulle aangenaam te maak. Simeon kan per whatsapp geluk gewens word op 061 060 6292 en Joshua op 082 930 9889.
Palestynse Gebiede. Bid vir priesters en pastore wat wysheid en krag nodig het om hul mense te bedien, veral terwyl die las op leiers baie swaar is, omdat baie worstel met die verlies aan werk en inkomste. Bid dat hulle Jesus se belofte om hul laste te dra sal ervaar.
Mianmar. Bid vir die geestelike genesing van die emosionele letsels van gelowiges, wat die verlies aan families, tuistes, lewensbestaan en kerke ervaar het toe hulle in die burgeroorlog ontwortel is.
Suidelike Filippyne. “Ek kan julle nie meer bedank vir julle hulp aan ons stamgroep nie,” se Ameer*,wat ʼn Natural Farming-seminaar van Geopende Deure bygewoon het. Bid dat hierdie seminare families sal help om in hul daaglikse behoeftes te voorsien terwyl hulle kennis opdoen.
Noord-Korea. Ondergrondse Christene is baie bly oor die voorrade wat hulle ontvang het. Bid dat die ondersteuning van broers en susters wêreldwyd deur God se hande tot buitengewone hulp vir Christene in Noord-Korea sal lei.
Maleisië. Oudiobybels het ʼn reuse impak gemaak op diegene wat ongeletterd is of nie ʼn Bybel in hul eie taal het nie. “Dit help regtig, want ek kan nie lees nie,” vertel Sawai*. Loof die Here hiervoor. Bid dat baie gelowiges in hul geloof sal groei deur na die Bybels te luister.
Indië. Bid vir die Covid-19-situasie in die land talle mense het nog die virus onder lede en baie mense word ekonomies geraak. Bid veral vir diegene wat al voor Covid-19 ekonomies gesukkel het, en dat God in hul behoeftes sal voorsien.
Laos. In Mei 2021 is Bongyang* en Faxai* valslik daarvan beskuldig dat hulle nie voldoen aan Covid-19-regulasies tydens ʼn kerkdiens nie. Teen druktyd was Bongyang steeds in die tronk, en niemand weet waar Faxai is nie. Bid dat die paar weer met mekaar en hul sewejarige seun versoen sal word.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.
*Name verander weens sekuriteits doeleindes.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments