top of page

20 Januarie 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jan 18
  • 9 min read
Gebednet.
Gebednet.

20 Januarie 2025.


Liewe Vriende


 "Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie." 1 Johannes 5:12


Hierdie kort maar kragtige vers herinner ons aan die kern van ons geloof: dat die Seun van God, Jesus Christus, die enigste Weg, die enigste Waarheid en die enigste Lewe is. Daar is geen ander pad tot die lewe nie as deur Hom. Dit is nie 'n idee of filosofie nie, maar 'n werklikheid wat deur die Skrif bekragtig word. As ons na hierdie woorde kyk, is daar geen ruimte vir twyfel nie – wie die Seun het, het die lewe. Wie Hom nie het nie, het nie die lewe nie.


Dit is belangrik om dit te besef in 'n wêreld wat vol ander geestelike stelsels en "gode" is. Daar is baie wat sê dat daar ander maniere is om na God toe te kom – of dit nou deur Boeddha, Confucius, of een of ander ander "godsdiens" is. Maar Jesus het duidelik gesê: "Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie" (Johannes 14:6).


Jy kan nie die Koninkryk van God beërwe deur een of ander valse godsdiens nie. Net deur Jesus Christus kan ons toegang hê tot die ewige lewe. Hy het die prys vir ons sondes betaal op die kruis en op die derde dag uit die dood opgestaan, wat die pad na God oopgemaak het. Daar is geen ander naam onder die hemel gegee waarop ons gered kan word nie, behalwe die Naam van Jesus Christus (Handelinge 4:12).


Daarom, geliefdes, is dit van uiterste belang om te verstaan dat dit nie 'n ander filosofie of 'n ander geloof is wat ons redding bring nie. Dit is net Jesus – die Seun van God. As ons Hom het, het ons die lewe. As ons Hom nie het nie, is ons in die dood.


Mag ons dus elke dag in 'n verhouding met Hom lewe, die Seun van God, en die lewe wat Hy aan ons bied, koester en waardeer. Mag ons nie dwalend soek na ander maniere nie, maar vas in die waarheid staan: dit is net deur Jesus Christus dat ons die ewige lewe kan beërwe.


Gebed: God help ons om in hierdie waarheid vas te staan en ander te lei na die Seun, wat die lewe is, in Jesus Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914.


The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. PAKISTAN.Pakistan se berugte wette oor Godslastering word steeds gebruik om Christene te teiken en vals te beskuldig. Vra God om die besluitnemers in Pakistan se harte en denke te verander om hierdie onregverdige wette om te keer. Christene in Pakistan weet hulle is tweedeklasburgers– baie van hulle doen gevaarlike werke wat nie as geskik beskou word vir Moslems nie. Bid dat hulle vreugde in hulle daaglikse lewens sal vind. Bid dat God Christen-vrouens in Pakistan, wat dikwels ontvoer word of in huwelike met Moslems gedwing word, sal beskerm.

  2. SOEDAN. Christene beland soms in die spervuur van Soedan se burgeroorlog. Bid vir vrede en dat gelowiges nie meer in die geweld van die burgeroorlog vasgevang sal word nie.Dank God vir Soedanese Christene wat aanhou om kwesbare mense te dien. Bid dat Hy hulle dapper getuienis sal bewaar. Vra God dat gelowiges wat deur die geweld ontwortel is, sy nabyheid sal ervaar.Bid dat Hy hulle noodroepe sal hoor en hulle van hierdie konflik sal bevry.

  3. Tandarts Rekening. In Oktober en November 2024 het Johan 'n tandarts besoek waar hy 'n tand moes laat trek en ses tande moes laat stop. Die totale rekening beloop R3669.80, en is ons nou onder groter druk om dit binne 7 dae te betaal. Ons kon ‘n gedeelte betaal maar is die helfde nog uitstaande weens tekort aan fondse.

  4. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  5. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  6. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  7. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid spesiaal vir Anastancio en Xavier in Mosambiek. Bid ook of U die Afrika Koordineerders maandeliks moet ondersteun. Betaal alle ondersteuning in die SENDING rekening met die LAND as verwysing. {Verw: Malawi}

  8. Crowdfunding Insiatief. Ons het twee fonds-insameling insiatiewe begin deur Back a Buddy. Bid dat dit positief ondersteun sal word. Hier is die twee skakels. https://www.backabuddy.co.za/campaign/johan-lourens

    en https://www.backabuddy.co.za/campaign/johan-lourens~2.

    Back a Buddy is ‘n veilige en geloofwaardige Suid Afrikaanse platform.

  9. NAVAJO-NASIE – DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA. Bevolking: 250 000.Geografiese ligging: Suidwes-Verenigde State. Dominante godsdiens: Tradisionele Navajo-godsdiens. Bid en vra God vir baie mense in die Navajo-nasie om tot redding te kom. Bid dat God hulle harte met Sy Woord sal besny. Bid vir hulle om harte te hê wat ten volle aan God verbind is en aan Hom onderdanig is. Bid vir hierdie nasie: "Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee. waardeur God wil dat ons verlos moet word nie." (Handelinge 4:12).

  10. ZOELOE-MENSE – SUID-AFRIKA. Bevolking: 13,78 miljoen. Geografiese ligging: Meerderheid in KwaZulu-Natal dominante godsdiens: Christendom. Bid en dank God vir Sy belofte om diegene wat Hom soek, te beloon. Vra God om die Zoeloes te versterk wat Hom met hul hele hart, verstand en siel soek. Bid vir die Zoeloe-nasie om versterk te word in hul geloof, om die wêreld te oorkom en Godse plan vir hulle te vertrou. Bid vir hierdie nasie Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word. (Habakuk 2:14).

  11. DIE NENETS – RUSLAND. Bevolking: 30 000. Geografiese ligging: Europa en Asië. Dominante godsdiens: Animisties en Sjamanisties. Bid dat alle struikelblokke uit die weg geruim sal word sodat hierdie mensegroep tot bekering kan kom. Bid vir nuwe Nenet-gelowiges om te verklaar dat hulle fisies en geestelik genees is deur Jesus se wonde. Bid dat hulle herstel en vrede in hul harte en verstand sal ontvang. Bid vir hierdie nasie Here, dit is oor die openbaring van U mag dat die koning so bly is, dit is oor die oorwinning wat U hom gegee het, dat hy so jubel en juig. (Psalm 21:1).

  12. INHEEMSE AUSTRALIËRS – OSEANIË. Bevolking: Meer as een miljoen. Geografiese ligging: Nieu-Suid-Wallis, Queensland, Wes-Australië. Dominante godsdiens: Mitologie. Bid vir gelowiges om vrymoedige getuies van die Evangelie te wees. Bid vir die Inheemse Australiërs se harte om oop en ontvanklik te wees vir die liefde van Jesus. • Vra vir 'n geestelike ontwaking onder hulle en om deur die Heilige Gees tot 'n persoonlike kennis van Jesus Christus te kom. Bid vir hierdie nasie: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, saljy gered word. (Romeine 10:9).

  13. ANTARKTIKA. Bevolking: 5 000 gedurende die australe somer en 1 000 gedurende die winter Geografiese ligging: Byna heeltemal suid van die Antarktiese Sirkel. Dominante godsdiens: Christendom. Dank God vir mense woonagtig in Antarktika wat deur Jesus Christus die gawe van die ewige lewe ontvang het. Vra die Heilige Gees om ongelowiges in Antarktika van sonde te oortuig en hulle in 'n persoonlike verhouding met Jesus te trek. Vra God vir geleenthede vir gelowiges om hul geloof met ongelowiges te deel. Bid vir hierdie nasie: Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie." (Johannes 14:6).

  14. ARABIERE - MIDDE-OOSTE EN NOORD-AFRIKA. Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes. (Kolossense 1:13-14). Bevolking: 473 miljoen Geografiese ligging: Die Arabiese wêreld strek van die Atlantiese Oseaan in die weste tot die Indiese Oseaan in die ooste. Dominante godsdiens: Islam Bid vir gelowiges om te weet dat God hulle gebede verhoor en in mense se lewens werk, selfs al sien hulle nie onmiddellike resultate nie. Vra die Here om hindernisse uit die weg te ruim wat Arabiere verhoed om Sy liefde te ervaar. Bid vir hulle om geleenthede te kry om die Evangelie te hoor en vir moed om op Sy oproep te reageer. Bid vir hierdie nasie: En my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. (2 Kronieke 7:14).

  15. HAN-CHINESE – OOS-ASIË. Ek sal hulle 'n ander hart gee en 'n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle 'n hart van vleis gee. (Esegiël 11:19). Bevolking: 1,3 miljard. Geografiese ligging: Oostelike kusgebiede van China. Dominante godsdiens: Chinese volksgodsdiens. Vra die Here vir dapperheid om Sy boodskap te deel sonder vrees vir mense. Bid vir die Han-Chinese om oop en dors harte te hê om die Evangelie te ontvang. Bid dat God hulle harte sal verander en hulle een hart en 'n nuwe gees sal gee (Esegiël 11:19a). Bid vir hierdie nasie: Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. (2 Korintiërs 5:21).

  16. BOETAN – SUID-ASIË. Bid vir die klein groepie Christene in Boetan vir moed en geestelike krag terwyl hulle beproewinge in stilte of isolasie verduur. Bid dat hulle standvastig sal bly in hulle geloof. Verkondig oor Boeddhiste: Jesus is die Christus, die Seun van die lewende God en dit word deur die Vader in die Hemel aan die mensekinders geopenbaar (Matteus 16:16-17).

  17. BEIJING – HOOFSTAD VAN CHINA. Vervolging van die ondergrondse Kerk het toegeneem. Bid vir huiskerkleiers om 100 miljoen mense in China met die Evangelie te bereik. Verkondig oor Boeddhiste: Jesus Christus, die Seun van God, is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, wie is en wie was en wat kom, die Almagtige (Openbaring 1:8).

  18. HANGZHOU – CHINA. Bid dat die reddende genade van Jesus effektief oorvertel kan word aan die jong werkers wat na Hangzhou gekom het en dat hulle die boodskap van hoop sal terugneem na hul huisgesinne. Verkondig oor Boeddhiste: Christus is die Hoof van die Kerk; en Hy is die Verlosser van die liggaam (almal wie in Hom glo) (Efesiërs 5:23).

  19. TOKIO – JAPAN. Vra God om die gees van misleiding wat lei tot aanbidding van die okkulte te verwyder. Bid dat 'n nuwe generasie Christenleiers in Japan opgerig sal word.Verkondig oor Boeddhiste: Daar is een God en een Middelaar tussen God en mense, die Mens Christus Jesus, wat Homself as losprys vir almal gegee het (1 Timoteus 2:5-6).

  20. PHNOM PENH – KAMBODJA. Bid vir die jongmense van Phnom Penh, wie baie materiële rykdom as 'n bron van geluk najaag. Mag hulle die ware Bron van vreugde vind! Verkondig oor Boeddhiste: Nadat Hy (Jesus Christus) vervolmaak is, het Hy die outeur geword van ewige verlossing vir almal wat Hom gehoorsaam (Hebreërs 5:9).

  21. TAIYUAN – CHINA. Bid dat die geestelike oë en ore van ongelowiges oop sal wees wanneer hulle die Evangelie van Jesus hoor. Verkondig oor Boeddhiste: Die brood van God is Hy (Jesus Christus) wat uit die hemel neergedaal het en lewe aan die wêreld gegee het (Johannes 6:33).

  22. VIENTIANE – LAOS.Bid vir die Laos wat soek na die waarheid, om sosiale druk te ignoreer om Boeddhisme te beoefen en eerder hul hoop in die een ware God te plaas. Verkondig oor Boeddhiste: Jesus Christus is IMMANUEL. Die naam beteken 'God by ons'. (Matteus 1:23).






Groete in Jesus Christus.

 ‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)

You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Account:

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page