top of page

20 Februarie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Feb 15, 2023
  • 4 min read

Gebednet.

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


20 Februarie 2023.


Beste Vriende.


As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word?(Pred 4:10-11).


Twee is beter as een, sê die Prediker. Natuurlik is hy reg. God het dit immers al by die skepping so gewil dat sy skepsele mekaar moet aanvul en ondersteun. Hy het die mense as pasmaats geskep. En dit geld nie net die huwelik nie, maar alle verhoudings waarin ons staan. Ons is gemaak om mekaar op te help wanneer die een val en om mekaar iets van die warmte van die lewe te laat ervaar wanneer dit so ontsettend koud raak.


Die Prediker laat my wonder of ons daarop ingestem is om mekaar se eensaamheid te verbreek. Mense leef so onafhanklik van mekaar. Ons aanvaar so maklik dat mense wat in mooi huise bly en 'n goeie salaris verdien alles het wat hulle hart begeer. So baiekeer woon daar iemand oorkant ons wat hard en seer geval het. Ons sien mekaar se skynbare voorspoed raak en kyk mekaar se verborge bankrotskap mis. En daar bly mense langs die pad lê wat koud kry terwyl ons dink dit gaan goed met hulle.Die wenresep teen eensaamheid: Twee is beter as een.


Gebed: Here, help my om ander se nood raak te sien en hulle in hulle eensaamheid by te staan, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


You will never glory in God till first of all God has killed your glorying in yourself.” Charles Spurgeon.

Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.

  2. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  3. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  4. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  5. Bediening 2023. Ons beplan ‘n paar groot projekte asook “Road Trip” na ander provinsies en drie buitelandse uitreike. Vanaf 19 tot 26 Februarie is ek in Namibia. Bid asseblief saam vir die logistiek en finansiële voorsiening.

  6. Mauritanië. Dit is onwettig om van Islam te bekeer en enige afwyking van dié geloof word nasionaal sterk teengestaan. Bid vir geheime gelowiges vir moed terwyl hulle probeer om God te aanbid en mekaar op hul geloofspad te ondersteun.

  7. Oesbekistan. Gelowiges ervaar toenemende druk van hul gesinne wanneer hulle tot bekering kom en kan aangerand of uit hul gemeenskappe verwerp word. Bid vir God se beskerming en voorsiening vir Christene wat hul werk verloor of uit hul gemeenskappe verban word.

  8. Colombië. Kerkleiers wat korrupsie aan die kaak stel, menseregte verdedig en die bendes teenstaan, word deur guerrillagroepe geteiken. Hulle loop ook die gevaar om vermoor te word. Bid vir die beskerming van pastore en dat hul geloof standvastig sal bly.

  9. Burkina Faso. Gelowiges wat vanaf Islam bekeer, staar verwerping deur hul familielede en gemeenskappe in die gesig en word voortdurend gedwing om hul geloof te verloën. Bid dat vervolgde gelowiges se lewens deur die Here se teenwoordigheid versterk sal word.

  10. Sentraal-Afrikaanse Republiek. Onrus heers sedert 2013 in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR). Christenleiers wat die geweld in die openbaar veroordeel het, ervaar vervolging. Bid vir blywende vrede en stabiliteit in die SAR. Bid vir leiding terwyl gelowiges hul Christelike getuienis uitleef en veral vir pastore en hul gesinne.

  11. Viëtnam. Die meeste Christene behoort aan Viëtnam se etniese gemeenskappe en staar dus sosiale uitsluiting, diskriminasie en aanranding in die gesig. Bid dat hulle die teenwoordigheid, vrede en liefde van God sal ervaar.

  12. Turkmenistan. Die regering beperk godsdiensvryheid op groot skaal en kerke word gemonitor. Vra God om die harte van die owerhede te versag, sodat Christene die vryheid sal hê om te aanbid en die Evangelie te verkondig.


Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

ความคิดเห็น


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page