20 Desember 2021. Christusfees Boodskap en Gebedsversoeke
- missions3
- Dec 13, 2021
- 5 min read

Gebednet.
2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.
Christusfees Boodskap en Gebedsversoeke.
20 Desember 2021.
Liewe Vriende.
" Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors!" {Jesaja. 9:5}
Wat 'n wonderlike geskenk het ons verkry dat God Sy enigste Seun vir ons gestuur het sodat ons kan lewe. Die vloek van die wet is weg geneem en die versperring tussen die Heiligste en Aller-Heiligste in twee laat skeur het sodat ons direkte toegang tot Hom mag hê. En ook al ons sondes op Hom geneem het sodat ons kan lewe! Wat 'n Wonderlike geskenk.
Daar sal nou egter digene wees wat redeneer dat ons nie Sy geboorte mag vier en dat dit 'n heidense fees is. Ja, dit is waar en is daar baie verkeerde gebruike ingebring deur satan om Jesus se geboorte te kaap, want die satan maak deur die eeue NA alles wat te doen het met Jesus Christus. Eerste wil satan nie hê dat ons Jesus se geboorte moet herdenk nie, tweedens wil hy dat mense nie glo Jesus is gebore nie want as Jesus nie gebore is nie, dan bestaan HY mos nie. En as Jesus nie bestaan nie, dan kan mens mos nie glo in iets wat nie bestaan nie? En as Hy nie bestaan nie dan het Hy nie ons sondes op Hom geneem nie en het ons ook nie die ewige lewe verkry nie! Dit is hoekom satan Jesus se geboorte (Kersfees) gekaap het en soveel verdeeldheid en onenigheid rondom Kersfees ingebring het om die Christene te verwar en ook te laat glo Jesus is nie gebore nie en Hy bestaan nie. En hoe het satan dit nie reg gekry nie?
Ons as ware volgelinge is bly dat Jesus vir ons gebore is en daarom herdenk ons Sy geboorte as 'n Christen Fees en nie 'n Kersfees soos die wêreld nie. Ons is dankbaar dat God Sy Seun gestuur het sodat ons kan lewe. Jesus Christus is die rede vir ons blydskap en nie bome en die wêreld se fees vieringe nie.
Matt.2:10.En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug.
Mag ons geskenke aan mekaar gee om Sy geboorte te herdenk?
Johannes.12:3."En Maria het ’n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf."
Die fokus moet egter altyd Jesus Christus wees en wat Hy vir ons gedoen het en nie die geskenke nie. Sodra ons begin fokus op geskenke en nie Sy Heerlikheid nie, dan verval ons terug na die wêreld se gebruike.
'n Wonderlike Geseënde Christus Fees vir een en almal.
N. S. Jesus is gebore en het opgestaan en Hy LEEF. Ons weier om die leuen van satan verder te glo en vier 'n Christus Fees en nie Kersfees nie. Ons weier ook dat satan ons beinvloed met al die heidense gebruike en bohaai wat hy veroorsaak het rondom Jesus se Geboorte en Fokus hierdie Christus Fees NET op Jesus Christus en nie die wêreld nie.
Gebed: Dankie Vader dat U, U Seun gestuur het sodat ons die ewige lewe mag be-erwe en dat ons kan stil word en oordink U kosbare liefde vir ons alles uit onverdiende genade, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Ethiopië.Te danke aan jou ondersteuning, kon Geopende Deure vir Hiwot, ʼn weduwee,help met skape en ʼn koei. Dit het haar gehelp om vir haar familie te voorsien en het haar sosiale aansien in haar gemeenskap herstel. Prys die Here vir Sy voorsiening. Bid dat Hiwot se dorpie deur haar getuienis verander sal word.
Kirgistan. Hierdie jaar tydens Ramadan is ʼn paartjie, Djalil* en Zaida*, onder druk geplaas in hul dorpie oor hul bekering en bediening. Dorpenaars het selfs probeer om hulle uit die dorp te verjaag. Hulle vra vir gebed en wysheid in sulke moeilike situasie
Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders in Malawi, Mosambiek en Kenya, Zimbabwe, Uganda en Zambia.
Bangladesj. “Dit is baie moeilik om saam met ongelowiges te leef, veral wanneer hulle die meerderheid is... dikwels ervaar Christene diskriminasie en vervolging,” het ʼn vervolgde gelowige gesê. Bid vir krag vir die Kerk om “die ander wang te draai” en hul vervolgers te vergewe.
China. Die Kerk word verbied om enigiemand onder die ouderdom van 18 te bedien. As resultaat moes die Kerk kreatief raak om jongmense te bereik. Bid vir God se wysheid en leiding vir die Kerk om die volgende generasie vir die Koninkryk te bereik.
Afganistan. Om saam met ons broers en susters te bid, is ʼn geestelike omhelsing, een wat twee harte verbind sodat hulle as een kan klop vir die Een. Bid saam met ons vir gelowiges in Afganistan dat God vir hulle sal intree in hierdie onseker tyd.
Gesondheid. Bid asseblief vir Johan en Esther wat al twee uitdagings met hulle gesondheid het. My regterhand het geen gevoel en belemmer dit die werk op die rekenaar. Bid asseblief.
Jemen. Indien jy saam met meer as drie tot vyf mense in die Houthi-regeerde gebied bymekaar kom, kan jy vervolg word. Maar gelowiges benodig en hunker na samesyn. Bid vir ʼn plek in die gebied waar Christene bymekaar kan kom en in klein groepe samesyn kan hê.
Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en kort dringend groot herstelwerk of moet vervang word. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.
Indië. In baie gebiede is die konstruksie van kerke kragdadig gestop, en kerkgeboue word deur Hindoe-ekstremiste vernietig. Bid vir God se ingryping en krag vir gelowiges en pastore om sterk te staan te midde van al hierdie uitdagings.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 30% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.
*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens

N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 078 674 6125.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.
Comments