top of page

2 Januarie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsbversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jan 2, 2023
  • 3 min read

Gebednet.

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


2 Januarie 2023.


“Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk.” (Gen. 3:23).


Soms wonder ’n mens hoe dit sou wees as ons nog steeds paradyswesens was. Dit kan die verbeelding op ’n duisend paaie sit. Feit is egter dat die mense uit die tuin van Eden weggestuur is nadat hulle een of ander daad gepleeg het wat die skepping van balans geruk het, soos amateurs wat gepeuter het by die kragbord van ’n gebou se elektrisiteit: die drade het aan die brand geslaan, en hulle is ook gebrand.


God was ontevrede, maar God was ook genadig. Hy vernietig hulle nie as ’n mislukte eksperiment nie. Hy wys hulle op die gevolge van hul dade. En dan gee Hy aan die mens ’n opdrag: “Gaan bewerk die aarde.” Dus: help herstel wat julle verbrou het. God gee altyd ’n kans om ten minste iets van jou skade te herstel.


Die mense moes leer om iets te beteken deur die beste waartoe hulle in staat is in hul arbeid uit te leef. Calvyn het opgemerk: “Wys my wat mense gebou het, en ek sal weet hoe ver hulle in God gevorder het.”


Natuurlik sal baie van wat ons hier tot stand bring tot niet gaan. Nogtans is van die grootste vreugde om iets te doen, iets te bedink, iets te gee, iets te help groei, iets te probeer verstaan en te verduidelik. Mense wat werk, hunker soms na ’n gemakliker bestaan, ’n “paradys”. Maar baie mense wat aftrede bereik, hunker soms na iets om te doen, en hulle vind dit.


By die inwyding van ’n moderne kerkgebou het twee ouerige mans trots vir die groot aantal besoekers beduie: “Ons twee het die konsistorievloer gelê.” Want die vreugde van die arbeid is juis om van jouself te gee. Dit geld alles vanaf die liefde tot die tuinvullis opruim. God se arbeid-“straf” was dus eintlik ’n guns aan sy mense. (Dit fluister ook die bevrydende belofte dat ons nie die ganse ewigheid lank sal hoef te sit en harp speel nie!)


Gebed: Here, laat my werk my voorreg en my vreugde wees, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n grote woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.

  2. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  3. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  4. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  5. Ondersteuning. Bid vir meer ondersteuners & bidders in SA om saam met ons hande te vat in die bediening. Tans ontvang ons net 45% van ons maandelike begroting.

  6. Sosiale Media Groepe. Die sosiale groepe en internet bediening is besig om geweldig te groei en hoe groter die deurbrake, hoe groter die aanvalle. Ons ervaar geweldig teenstand vanaf persone wat teen die verkondiging van die evangelie is. Bid asseblief vir wysheid en veiligheid.


Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.



Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comentarios


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page