2 Desember 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Dec 1, 2024
- 5 min read

Deo Volente Sending
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
2 Desember 2024.
Liewe Vriende.
“Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.” {2 Korintiers 5:7}
Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ‘n lig, Job 22:28, hierdie skrif het oor die jare vir my soveel betekenis gekry soos ek die geloofspad stap. God wag vir ons om besluite te maak, dit te verklaar met woorde en dan stuur Hy Sy engele om ons by te staan in die uitvoering daarvan. Die probleem is dat mense verklaar hulle intensies om ‘n sekere aksie te neem en so gou as wat moeilikhede kom verander hulle woorde en begin hulle vir maniere uit dit soek. Hulle sal sê, “O, dis nie God se wil nie”. Luister nou vir my; niks wat jy gaan doen wat Koninkrykswaarde het gaan maklik kom nie. Die vyand gaan nie bystaan en kyk hoe jy God se plan vir jou lewe uitvoer nie. Die bybel sê die dief kom om te steel, slag en verwoes en hy sal jou uitdaag op elke draai.
Ons moet tyd by die Here spandeer en uitvind wat God wil hê ons moet doen en dan verklaar ons dit met ons woorde. Sodra ons dit verklaar sal die teenstand kom. Ons het dit in ons bediening ook ervaar deurdat die vyand ons om elke hoek en draai wou stop met probleme, maar ons het net voort gegaan want ons het geloof in God se vermoeë om ons deur te vat. Die oomblik wat ons begin twyfel of afwyk van die koers af dan gaan ons op ‘n pad van kompromie af en sal ons nie die oorwinning ervaar nie.
Besluit om die regte ding te doen, verklaar dit en begin stap. Jy sal jou kop moet in dit insit, soos in ‘n skrum, want dit gaan nie altyd maklik wees nie. Moenie die uitkoms verander deur woorde van ongeloof te spreek nie. Dit is so belangrik dat ons hierdie geloofspad stap met geduld en deursettingsvermoeë want dit is al hoe ons die oorwinning gaan smaak wat Jesus vir ons gekoop het.
GEBED: Vader, dankie dat U ons al 25 jaar dra op die geloofspad, daar was verskeie uitdagings maar ons hou die oog gevestig op Jesus. Dankie dat U ons dag vir dag deurdra, in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Warmwater Stelsel. Ons warm pype in die huis het Junie 2024 vreeslik onder die vloer begin lek en het ons afgeblok omrede daar nie fondse is om te vervang nie met die gevolg dat daar nie warm water is nie. Bid vir iemand wat kan herstel vir ons.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid spesiaal vir Anastancio in Mosambiek wat uitdagings met sy voertuig ervaar..
Finansies. Bid asseblief ernstig vir voorsiening van ons finansies en dat Vader vir ons nuwe en meer ondersteuners sal opwek. Tans ervaar ons ‘n geweldige uitdaging rakende ons finansies en maand-einde betalings is ‘n groot uitdaging.
Egipte. Bid saam met 'n Christelike familie in Bo-Egipte wat deur radikale Moslems aangeval is. Bid veral vir die 14-jarige dogter wat fisies aangerand is. Die familie is misken en beledig toe hulle die polisie gaan vertel in geskeurde klere. Bid vir geregtigheid en beskerming vir Christelike families in Bo-Egipte. Die familie is aangehou by die polisiekantoor en die dogter is laat daardie nag vrygelaat, maar nie sonder verbale mishandeling nie. Bid vir genesing van die trauma. Na herhaalde dreigemente en beledigings van hul Moslembure, het die familie hul huis verlaat. Bid dat God 'n pad sal maak vir hulle om veilig terug te keer huis toe.
Syria. Bid asseblief vir 'n nuwe groep van 35 studente wat studeer om beraders vir Siriese kerke te word. Bid vir hulle terwyl hulle van verskeie stede af reis vir opleiding wat elke drie maande oor meerdere dae plaasvind. Die doel van die opleiding is om traumatiese Siriese mense te ondersteun en om mense te help om hoop te herwin. Bid dat God hierdie studente vir Sy eer sal gebruik. Lofprys die Here dat ons vennoot se sosiale media-aksie wat tieners bereik, groei. Die personeel vra dat jy vir die “regte woorde” bid terwyl hulle met Siriese jeug in verbinding tree. Bid vir die span wat hard werk om die jeug van God se liefde te leer. Bid ook vir die tieners wat die blad volg, dat hulle antwoorde in Jesus sal vind en hulle identiteit in Hom alleen sal ontdek. Bid vir ‘n kerk van gelowiges uit ‘n Moslem-Agtergrond wat tans toenemende druk van die owerhede ervaar. Bid vir die huwelik van ‘n egpaar in die kerk wat verwyder is van hul gesinne en toegang tot winkels ontneem word omdat hulle bekeerlinge is. Bid dat hul huwelik die druk sal oorleef.
*Name verander weens sekuriteitsredes

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry:
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
Comentarios