top of page

19 September 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Sep 15, 2022
  • 4 min read

Gebednet.


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


19 September 2022


Liewe Vriende


“Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. (Hand 4:32).


Watter veranderings kom daar in 'n mens se lewe wanneer jy 'n kind van God word? Hoe verskil Christene van ander mense? Die meeste van ons weet nie eintlik meer hoe ons van die wêreld onderskei moet word nie. Wanneer ons na die eerste Christengemeente kyk, is dit duidelik dat hulle nuutgevonde geloof radikale veranderings in hulle lewe gebring het. Hulle was nie net oorstelp van vreugde oor hulle redding nie, hulle manier van lewe het ook drasties verander. Hulle lewe het 'n erediens geword - 'n lewe in diens van God.


Hulle was een van hart en siel. Die gelowiges het 'n verbondenheid met mekaar ervaar. Hulle was aangetrokke tot mekaar. Is dit hoe ons as Christene na mekaar uitreik en mekaar in die geloof versterk? Die eerste Christene het mekaar ook fisiek bygestaan. Dit klink vir ons verstommend dat hulle nie hulle goed vir hulleself gehou het nie, maar dit met mekaar gedeel het. Het ons dalk te geheg geraak aan ons aardse goed en so minder geheg aan ons broers en susters in die geloof?


Hoe weet die mense dat jy 'n kind van God is?


Gebed: Here, maak my hande los van my goed sodat ek my hande met dade van liefde na my medegelowiges kan uitsteek. Amen.


Die Weeklikse Manna en GebeKameroendsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Colombië.Volhard in gebed vir vervolgde Christene in Colombië wie se menseregte geskend word. Gelowiges loop hier die gevaar om weens die verspreiding van die Evangelie uit gemeenskappe verwerp te word.

  2. Turkye. Bid vir Turkse Christene wat weens hul geloof misbruik en verneder word. Bid ook vir Christen-vlugtelinge wat met minagting behandel word. Bid dat hulle God se beloftes en die getrouheid van belydende Christene sal gedenk.

  3. Internasionale Vredesdag, 21 Septemnber. Die Verenigde Nasies het Internasionale Vredesdag in die lewe geroep om die ideale van vrede te versterk. Bid vir vrede en skietstilstande in lande waar Christene konflik ervaar.

  4. Mongolië. Bid vir Mongoolse Christene wat vervolging in die gesig staar weens die verspreiding van die Evangelie. Bid dat hulle geloof standvastig sal bly en geloofsaadjies sal wortelskiet.

  5. Indië. Bid vir die beskerming van prokureurs wat vroeër vanjaar gedreig is omdat hulle probeer het om ses vervolgde Christene by te staan. Bid dat God meer mense sal oproep om ʼn stem vir vervolgde Christene in Indië te wees.

  6. Erfenisdag. Bid terwyl ons die diversiteit en kultuur van Suid-Afrikaners tydens Erfenisdag vier. Bid dat ons sal voortgaan om ten spyte van ons verskille te verenig. Bid dat ons eenheid, identiteit en erfenis in Christus mag voortleef.

  7. Tadjikistan. Bid dat God Moslems sal omarm wat tot bekering kom en as geheime gelowiges leef. Bekeerdes word vervolg, deur hul gesinne verstoot en loop selfs deur onder fisiese geweld.

  8. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  9. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  10. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  11. Finansies. Graag vra ons spesiale gebede vir ons finansies en dat Vader nuwe ondersteuners wil ons sal opwek asook bronne van inkomste. Nie ek of Esther kry enige salaris of toelaag nie en ons enigste inkomste is donasies. Tans ervaar ons geweldige uitdagings op finansiële gebied en het ‘n wonderwerk nodig!

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

What you do makes a difference, and you have to decide what kind of difference you want to make.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.



Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page