top of page

19 Junie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jun 14, 2023
  • 5 min read

Gebednet

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


19 Junie 2023.

Beste Vriende.


“So het sy dan haar woonplek verlaat en haar twee skoondogters saam met haar. Maar toe hulle op pad was om na die land Juda terug te gaan, sê Naómi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag die HERE aan julle guns bewys soos julle aan die dode en aan my bewys het. Mag die HERE gee dat julle 'n rusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween.” (Rut.1:7-9)


Die boek Rut bestaan uit vier episodes. In Rut 1:1-22 lees ons van Naomi en haar man wat na Moab toe trek. Toe sterf haar man en seuns daar in die vreemde. Sy keer hierna as 'n arm weduwee na Betlehem toe terug. Haar Moabitiese skoondogter, Rut, besluit om saam met haar terug te gaan na Israel toe. Rut 2:1-23 vertel van Rut wat koringare gaan optel op die landerye van 'n ryk man, Boas. Op 'n dag loop Rut vir Boas raak. Sy vertel vir Naomi van die ontmoeting. In Rut 3:1-18 lees ons hoe Naomi vir Rut terugstuur na Boas toe om hom as haar nuwe man te probeer wen. Boas is immers ook familie van Naomi. Rut 4:1-17 vertel hoedat 'n ander familielid eers van sy wetlike reg om met Rut te trou afstand doen voordat Boas met haar trou. Hulle het later 'n seuntjie, Obed. Die boek sluit af met 'n kort geslagsregister van koning Dawid omdat Obed die oupagrootjie van hierdie groot koning van Israel is.

In dié boek ontdek ons dat die Here doodgewone mense soos Naomi en Rut gebruik om sy planne uit te voer. Net so gebruik Hy ons wat in 2023 op sy pad stap.


GEBED: Here, lei my vandag in u volle waarheid,en gebruik my soos U wil, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Kameroen. Bid vir ʼn einde aan Boko Haram se invloed en ʼn oplossing vir die Anglofobiese krisis. Mag die regering die land se toenemende onsekerheid ernstig opneem en meer doen om dit aan te spreek.

  2. 20 Junie Wêreldvlugtelingdag. Onrus, oorlog en vervolging het baie gelowiges in Afrika suid van die Sahara en elders gedwing om uit hul lande te vlug. Bid op Wêreldvlugtelingdag vir hul oorlewing en onderhoud in die buiteland.

  3. Eritrea. Bid vir Eritrese Christene wat weens hul geloof tronkstraf uitdien. Mag hulle God se teenwoordigheid ervaar en Hy hulle en hul gesinne geestelik, sies en emosioneel onderhou. Prys die Here vir diegene wat gelowiges in die tronk en hul gesinne se waagmoed aanskou het en Jesus daardeur gevind het. Bid dat hulle veilig met ander Christene kan vergader en hulle kan bemoedig.

  4. Ethiopië. Bid saam met ons vir geregtigheid vir diegene wat Jesus leer ken het en daarvoor vervolg is. Bid vir die beskerming van hul regte en die bekering van hul gesinne en bure. Bid dat gelowiges in vyandige situasies die Heilige Gees se teenwoordigheid sal ervaar en aan hul vreugde sal vashou. Bid dat hulle toegerus sal word om die Evangelie met waagmoed na gevaarlike plekke te neem.

  5. Soedan. Ons hef Soedan op en bid vir stabiliteit in die streek. Bid dat ʼn regering tot stand sal kom wat gelykheid en godsdiensvryheid respekteer. Bid vir ʼn veerkragtige Kerk in Soedan, wat te midde van vervolging sterk sal staan. Bid vir die beskerming van Geopende Deure-vennote wat daarna streef om dit te laat gebeur en dat die Soedanese regering ʼn regverdiger en veiliger samelewing sal skep.

  6. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  7. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  8. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  9. Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R1125 per sessie kos en moet tien oor tien weke gedoen word. Bid asseblief saam vir voorsiening want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.

  10. Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.

  11. Fokus vir die maand. Ons fokus vir die maand van Junie is die Jeug. God het 'n spesiale plek in Sy hart vir die kleintjies – veral die weeskinders. Ons moet jongmense van Sy liefde en spesiale sorg voorsien – hetsy in ons gesinne of die breër samelewing. Gelukkig, geseënd en gelukkig is die man wie se koker vol van hulle is! Hulle sal nie beskaamd staan ​​wanneer hulle met hulle teëstanders [in samekomste] by die [stad] se poort praat nie. (Psalm 127:5 AMP)

*Name is vir sekuriteitsredes verander.


Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Comentarios


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page