19 Januarie 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3

- Jan 16
- 6 min read

19 Januarie 2026.
Liewe Vriende.
“God het die kind hoor huil, en die Engel van God het uit die hemel na Hagar geroep”. (Gen. 21:17).
Dis menslik dat diegene wat ander uitlag, self nie van spot hou nie. Sara het gelag oor haar seun, maar was gevoelig vir spot omdat sy kwansuis "te oud" was vir moederskap. Abraham se seun Ismael by die slavin Hagar het ook gelag. Sara gaan kla toe by Abraham en beveel hom om slavin en kind weg te jaag.
Waarskynlik om die vrede in die huweliksbed te bewaar, maak Abraham so ná hy die belofte van God kry dat Hy sal waak. God kom die belofte na en toe die seun Ismael sterwend in die woestyn huil, roep die Engel van God na die moeder en versorg ma en kind. Ismael kry ook 'n belofte. Hy en sy nageslag word woestynmense, "handig met pyl en boog".
Hier is baie vrae in dié gedeelte. Hoekom laat God so 'n ongevoelige vergryp toe? Hoekom gee Hy nie vir Abraham ander raad met sy huweliksprobleem nie? Hoekom word toegegee aan Sara se aanstoot en verregaande eise? Wat van geregtigheid en menslikheid? Dié soort vrae vra ons dikwels wanneer ons in 'n woestyn beland, asof sonder water en sonder God. Hoekom laat God alte duidelik hierdie skreiende onreg toe?
Daar is geen verduideliking in hierdie geskiedenis nie. Dis die groot misterie van hoe God werk: uiteindelik verander Hy die onreg in 'n seën. Dis een van die groot temas van die Bybel: uit die teenspoed kom die troos. Uit die ramp kom goeie dinge. Die gehuil in die woestyn word in die hemel gehoor.
God ken menslike houdings, swakhede en nukke, ook Sara en Abraham s'n. Hy peuter nie daaraan nie en laat hulle dade hul loop neem. Maar Hy gryp in as 'n kind huil. En Hy seën en help ma en kind. Omdat Hy God is, het Hy die gevolge geken: dat hierdie menslike onreg 'n vyandskap deur geslagte sou bewerk, tussen die nageslag van Isak en Ismael, selfs tot vandag toe. Maar God se metode is om mense en gebeure te laat ontwikkel totdat Hy ingryp en seën.
Gebed: Here, U hoor as ek lag en as ek huil. U weet as ek slagoffer word van onreg. Maar U laat alles ontwikkel tot 'n seën, ook al verstaan ek dit nie, in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
JEMEN. Jemen is steeds ʼn land wat uitmekaar geskeur word en deur geweld geteister word. Bid dat hierdie land in die Arabiese Skiereiland uiteindelik vrede sal ervaar. Die klein aantal gelowiges in Jemen groei, maar elkeen van hierdie gelowiges staar elke dag die gevaar van geweld en selfs die dood in die gesig. Bid vir hulle vir moed en hoop. Khaled* het Jesus deur ʼn aanlyn bediening ontmoet. Bid dat God meer gelowiges soos hy sal toerus om die Evangelie te verkondig. “Bid vir die gelowiges in Jemen, dat hulle in hul geloof sal groei en dat al die mense in Jemen Jesus sal leer ken,”
LIBIË. Die geweld wat Libië se hoofstad, Tripoli, in 2025 geskud het, is ʼn duidelike herinnering aan die se onstabiliteit. Bid vir vrede en dat daar ʼn sentrale regering sal kom wat wet en orde kan herstel. Bid vir geregtigheid vir elf Christen-bekeerlinge wat onlangs vir beweerde oortredings gevange geneem is. Hoewel hulle die reg het om te appelleer, toon die oorspronklike uitspraak die enorme risiko’s wat Christene vandag in die gesig staar. Bid vir krag vir die gelowiges wat langtermyn-tronkstraf uitdien. Bid dat hulle appelle tot vryspraak en vrylating sal lei. Daar is net ʼn paar Christene in Libië. Indien hulle ontdek word, kan hulle teikens wees. Bid vir hierdie gelowiges dat hulle Jesus in veiligheid sal kan volg.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Bediening Sentrum. Ons loof en prys die Here vir Sy voorsiening dat ons kon begin. Die kontrakteurs is aangestel en “on site”.Dit is egter skrikwekkend wat boukostes nou is. Het laas in 1997 ‘n bou projek gehad en het ons nie aangepas wat goed nou kos nie. Bid asseblief saam vir die bou projek en dat alles gedoen kan word.
24-7 GEBED VIR HERLEWING: DIE REDDING VAN SIELE (19–25 JANUARIE 2026). Hierdie week fokus op die tweede belofte in die reeks Die Drie Beloftes: die redding van siele. Vanuit Handelinge 15:16–17 bid ons dat God die vervalle huis van Dawid sal herstel sodat mense uit alle volke die Here kan soek. Die sentrale tema is dat God mense uit alle agtergronde roep tot verlossing in Christus, en dat die tyd nou is om Hom te soek terwyl Hy naby is. Die Skrif wys duidelik dat God se hart uitgaan na elke verlore mens en dat Sy plan herstel, hoop en ewige lewe insluit.Deur die week word daar gebid teen geestelike blindheid, vestings in die gedagtewêreld en die verharding van harte as gevolg van sonde, trauma en misleiding. Daar word ook gefokus op die oortuiging van sonde deur die Heilige Gees, die openbaring van God se liefde, die noodsaaklikheid van bekering, en die Kerk se verantwoordelikheid om die Evangelie vreesloos te verkondig. God gebruik Sy Woord, Sy Gees en Sy mense om redding te bring, en roep gelowiges om aktief deel te neem aan Sy reddingsplan vir die wêreld.
7 GEBEDSPUNTE
Bid dat die sluier van geestelike blindheid oor mense se gedagtes verwyder sal word sodat hulle die lig van Christus kan sien.
Bid dat geestelike en ideologiese vestings wat teen die kennis van God opgerig is, afgebreek sal word.
Bid vir ’n diep oortuiging van sonde en ware berou in die harte van verlore familielede en gemeenskappe.
Bid dat die openbaring van God se liefde harte sal genees, hoop sal herstel en nuwe menswaardigheid sal bring.
Bid vir sagte, ontvanklike harte van vlees in plaas van verharding weens trauma, pyn en onreg.
Bid dat mense uit alle sfere van die samelewing tot bekering sal kom volgens God se wil dat niemand verlore gaan nie.
Bid dat die Kerk en gelowiges die Evangelie met vrymoedigheid, wysheid en gehoorsaamheid sal verkondig, en dat arbeiders die oesveld ingestuur sal word.
* Name verander weens veiligheidsredes.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments