19 Desember 2022. Christusfees Boodskap en Gebedsversoeke.
- missions3
- Dec 16, 2022
- 4 min read

Gebednet.
Christusfees Boodskap en Gebedsversoeke.
19 Desember 2022.
Liewe Vriende
“Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! “(Luk. 2:11)
Vir almal wat moeg en oorlaai is; almal wat wanhopig en hartseer is en in die skaduwees van droefheid en pyn verkeer; almal wat vasgevang is in sonde en ongeregtigheid; almal wat geen vreugde of geloof kan vind in die lewe nie.
Vir almal wat slagoffers is van ongeregtigheid en verdrukking; almal wat seergemaak is en hulle wil wreek; almal wat die dood vrees en die lewe haat; almal wie se kinders hulle verlaat het en wat deur die nag rou en tog geen vrede kan vind nie. Vir almal wat tevergeefs bou en nutteloos arbei en geen bevrediging, geen sin meer daarin vind nie, almal wat more of oormore sal sterf en tevergeefs roep en ‘n antwoord by mense soek. Vir almal wat sonder vriende is, sonder tuiste; almal wat in sware beproewing is; haat en die wat gehaat word, jaloesie en blinde woede ervaar, vir almal wat sonder liefde is omdat hulle nooit ware liefde geken het nie.
Vir julle is daar vandag ‘n Verlosser gebore! Hy sal in liefde en genade julle wonde genees; Hy sal julle blinde oë met teerheid aanraak sodat julle kan sien; Hy sal julle haat en pyn en droefheid wegneem en julle sagkens vertroos. Hy kom na jou toe: Vleesgeworde Woord. Hy kom na JOU toe in LIEFDE en GENADE onbegryplik groot. Al wat HY vra van jou, is om HOM aan te NEEM, LIEF te hê en getrou te VOLG. Dit is CHRISTUSFEES!
Gebed: Heilige God, ons loof en dank U vir U besoek deur Jesus Christus aan ons; U kinders. Dankie dat U, U Seun gestuur het en ons sondes op Hom geneem het sodat ons kan lewe, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Somalië. Bid vir bekeerde Islamitiese Somaliërs wat weens hul geloof deur hul families verstoot word. Bid dat hierdie gelowiges sterk sal staan in die Woord van die Here en dat dit hulle geloof sal verdiep.
Colombië. Bid vir inheemse Colombiane wat weens hul bekering vervolging in die gesig staar. Bidat die Heilige Gees hulle geloof sal versterk en aan hulle wysheid sal gee om te volhard met die verspreiding van die Goeie Nuus sodat ander tot bekering kan kom.
Tadjikistan. Bid vir ouers wie se kinders wettiglik nie aan kerk- of godsdiensaktiwiteite mag deelneem nie. Bid dat hulle wysheid sal hê met die leiding van hul kinders in die weë van die Here.
Die Russiese-Oekraïnse Oorlog Bid vir gelowiges en burgers van Rusland en Oekraïne terwyl die verwoestende oorlog voortduur. Bid dat die einde van die konflik binnekort sal aanbreek.
Mianmar. Vroeër vanjaar is twaalf Christelike kerke en verskeie gelowiges se huise deur Junta-magte in Mianmar afgebrand – ʼn aksie wat talle gelowiges ontwortel het. Bid vir voorsiening vir hierdie gelowiges.
Mexiko. Bid vir die Christenleiers wie se lewens dikwels weens evangeliese aktiwiteite in gevaar gestel word. Bid dat God aan hulle wysheid sal gee en hulle sal lei wanneer hulle hul gemeenskappe dien.
Kersdag. Dank God vir ons wonderbaarlike Raadsman,magtige God, ewige Vader en Vredevors. Bid vir vervolgde gesinne wat nie hierdie dag kan vier nie en waarskynlik vandag meer intense vervolging sal verduur.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Sosiale media.Loof die Here vir tegnologie soos Zoom, Telegram & Whatsapp wat dit moonlik maak om met werkers in die veld te kan kommunikeer. Tans word 13250 leiers daagliks bereik. Hierdie bediening groei e,n brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Bid vir onbereiktes: 528 000 Golf- Arabiessprekende Arabiere in Katar (Moslems – net 0,5% Christene), 525 000 Perse in Irak (Moslems – 0,5% Christene), 1,4 milj Kyrenaikaanse Arabiere in Libië (Moslems – net 0,1% Christene), 507 000 Drawa Berbers in Marokko (Moslems – net 0,01% Christene), 505 000 Somalies in Jemen (Moslems – net 0,05%), 487 000 Fedika-Mohas Nubiërs in Egipte (Moslems –net 0,05% Christene)), 456 000 Noordelike Irakese Arabiere in Jordanië (Moslems – net 0,7% Christene), 442 000 Noordelike Irakese Arabiere in Sirië (Moslems – net 0,7%), 550 000 Rohinya in Saoedi-Arabië (Moslems – 0% Chrsitene),428 000 Soedanese Arabiere in Jemen (Moslems – net 0,5%),427 000 Swahilies in Saoedi- Arabiere (Moslems – 0% Christene),537 000 Suidelike Baloch in Oman (Moslems – net 0,85% Christene),408 000 Romani Halebies in Egipte (Moslems – net 0,05% Christene),380 000 Filala Berbers in Marokko (Moslems – net 0,01% Christene), 1,3 milj Jebala in Marokko (Moslems – net 0,03% Christene), 377 000 Noordelike Pashtuns in die VAE (Moslems – 0% Christene).
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Christusfees vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
תגובות