18 September 2023. Weeklikse Manna en Gebedsvbersoeke.
- missions3
- Sep 17, 2023
- 4 min read

Gebednet
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
18 September 2023.
Beste Vriende.
"Maar mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader wat ons liefgehad het en ons 'n ewige vertroosting en goeie hoop deur genade gegee het, julle harte vertroos en versterk in elke goeie woord en werk."
2 Tessalonisense 2:16-17
Hierdie verse herinner ons aan die liefde en genade van ons Here Jesus Christus en God die Vader. Ons het 'n ewige vertroosting en 'n goeie hoop ontvang deur sy genade. Hierdie vertroosting en hoop is ons anker in tye van beproewing en onsekerheid. Dit herinner ons daaraan dat ons nooit alleen is nie, en dat God ons harte wil vertroos en versterk.
Die verse herinner ons ook dat ons nie net vertroos word vir ons eie welstand nie, maar ook vir goeie werke aan ander. Dit is 'n herinnering dat ons geroep is om liefde en genade aan ander te bewys, net soos ons dit ontvang het.
Gebed:
Liewe Here Jesus Christus en God die Vader, ons dank U vir u liefde en genade wat u aan ons gegee het. Ons is dankbaar vir die ewige vertroosting en goeie hoop wat ons in u vind. Mag ons harte deur u vertroos word in tye van nood, en mag ons krag ontvang om goeie werke te doen in u naam. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Libanon. Libanon is geplunder weens swak leierskap. Bid dat die leiers Jesus sal vind, wat sag en nederig is, en hul lewens sal verryk. God se Woord versprei deur Libanon. Prys God vir die geleenthede om Christus deur TV, radio en die Kerk te deel, en die wonderlike mense wat aktuele programme aanbied wat kykers seën.
Israel en Palestina. Bid dat Geopende Deure se projekte in dié streek ʼn hemelse agenda sal volg. Bid dat ons lewens sal verander sodat die mense wat ons teëkom se verhouding met die Here sal verdiep.
Irak. Geheime gelowiges in afgeleë plekke het dringend kommunikasie met ander gelowiges nodig sodat hulle kan weet dat hulle nie alleen is nie. Bid dat hulle God se teenwoordigheid nog sterker sal ervaar wanneer hulle geïsoleer voel.
Libië. Dit is gevaarlik vir mense in Libië om uit te reik om vervolgde gelowiges te ondersteun. Bid vir die beskerming van vriendelike mense wat probeer help.Bid vir volharding by gelowiges wat sukkel om ʼn normale lewe te lei nadat hulle tot bekering gekom en volgelinge van Jesus geword het.
Marokko. Laila* het geloof in Jesus gevind, maar het ten koste daarvan haar man deur egskeiding verloor. As enkelma sukkel sy om staande te bly. Bid vir finansiële seën vir Laila.
Erfenisdag. Anders as ʼn tydelike aardse erfenis, beloof ons erfenis in Christus die ewige lewe. Terwyl ons vandag ons aardse erfenis onthou, kom ons loof God vir ons geestelike erfenis en wy ons lewens aan diens van daardie erfenis
.Hande. Bid asseblief vir my hande waarin ek Kardio Tonnel Sindroom het. Die regte hand is die ergste en is rekenaar tik en skryf ‘n geweldige uitdaging vir my. Bid asseblief vir volkome genesing, maar as Vader die dokters wil gebruik dat daar voorsiening sal wees ook daarvoor.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Oos Kaap. Ons was vir ‘n week in die Oos Kaap en loof en prys die Here vir Sy goedheid en guns en dat ons veilig terug by die huis kan wees.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments