top of page

18 Oktober 2021. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Oct 17, 2021
  • 7 min read

Gebednet.

2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.



Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


18 Oktober 2021.


Liewe Vriende.


“So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk. En hy sal wees soos 'n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, 'n brakkerige en onbewoonde land. Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.” Jeremia 17:5-7


Volgens hierdie skrifgedeelte is daar net twee soorte mense –

• die wat hulle vertroue in mense stel.

• en dié wat op die Here vertrou.

As jy enige mens daarna sou vra, sou hy jou met groot stelligheid verseker dat dit sy opregte bedoeling en voorneme is om aan God al die eer te gee wat Hom toekom.

Ons het die voorneme ... al probleem is dat ons dit nie uitvoer nie. Om God te eer, is om God volkome te vertrou en dit doen ons nie. In die praktyk verkies ons om te luister na ons eie raad en liefs maar onsself te red.

Hierdie skrifgedeelte se betekenis is dat elkeen in die gemeente hom of haarself moet plaas t.o.v. die twee groepe –


• Wie is ek ten diepste?

• Vertrou ek vir my lewe op mense of op God?


Ons skuldigheid voor die Here op hierdie punt word geopenbaar deur die feit dat hierdie keuse tussen vertroue op God óf op die mens, ‘n of-of keuse is.

Ons kan ons nie óók op die Here verlaat nie – dit werk nie so dat Hy ons toevlug kan wees naas die toevlug wat ons by onsself en by ander soek nie. Ons kan slegs alleen op die Here vertrou. As ons ons nie totaal op Hom vertrou nie, dan is ons glad nie besig om ons op God te vertrou nie.


Ons moet onsself dus plaas t.o.v. die twee groepe – vertrou ek vir my lewe op mense of op God? By die beantwoording van hierdie vraag, wil die skrif ons te hulp kom.

Voordat ons die vraag beantwoord, vra die teksgedeelte ons aandag vir drie oorwegings wat ons wel deeglik in berekening moet bring.


1. Ons moet onthou dat die vraag uit ‘n praktiese hoek gevra word. Dis een ding om in die rustigheid van die gemeente ‘n teoretiese antwoord te gee. Wat ons egter in die hitte van die stryd doen, is dikwels ‘n perd van ‘n ander kleur.

Hierdie punt word beter verstaan as jy hoor dat Jeremia 17:5-13 nie ‘n stukkie prosa is wat Jeremia iewers in sy dagboek opgeteken het nie, maar dat dit waarskynlik ‘n nota was wat hy aan koning Jojakim gestuur het op ‘n tydstip toe hy [Jojakim] ‘n aantal belangrike politieke beslissings moes maak.


2. Die tweede oorweging wat ons in berekening moet bring, is die feit dat vertroue op God en vertroue op die mens twee opsies is wat mekaar uitsluit. Die Here vra dat ons op Hom alleen sal vertrou vir ons lewe. Dis t.o.v. ons vertroue op Hom dat in Eksodus 20 gesê word dat God jaloers is - “Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My.”

3. Die derde oorweging vind ons in vers 9 - “die hart is bedriegliker as enigiets anders ...” Die vers sê vir ons dat ons ons oordele oor onsself nie te vinnig, halsoorkop onnadenkend moet neem nie.


Daar is niemand vir wie ‘n mens so maklik kan bluf nie as vir jouself.

As ons die drie oorwegings goed en eerlik beluister het, sal verreweg die meeste van ons moet erken dat wat hier gevra word, bitter moeilik is om te doen.

Hoe kry mens dit reg?


Die basiese boodskap van Jeremia 17 is dat ‘n mens begin leer om die Here te vertrou en as jy begin glo wat in vers 13 staan, nl. dat die Here die bron van alle lewe is – ‘n fontein van lewende water. As ‘n mens God só leer ken het as ‘n goeie, barmhartige, liefdevolle Vader, kan jy ook glo wat in verse 8 en 9 staan nl. - dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel.


Om die beste van God te glo, om te glo dat God waarlik goed en liefdevol is, is nie elke dag ewe maklik nie.


Maar die troos is dat op hierdie pad – “dit goed gaan met die mens wat sy vertroue in die Here stel.”


Dit behoort vir ons as gelowiges ook genoeg te wees, want naas God se beloftes, het ons ook nog Sy Seun en Hy is die vervulling van al God se beloftes!


Gebed: Liewe Heer, dankie dat ek kan drink uit die fontein van lewe en weet dat U elke dag vir my sorg. AMEN.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com



Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Noord-Korea. Terwyl die pandemie aanhou om reise en byeenkomste te beperk, word Geopende Deure se werk om voorrade aan Christene vanuit Noord-Korea te verskaf, deur ons netwerke in China, al moeiliker. Bid dat God deure vir die aflewerings sal oopmaak en dat Hy elke fase sal beskerm en lei totdat die ontvangers die items gekry het.

  2. Algerië. Kerksluitings bemoeilik die lewe vir geïsoleerde gelowiges, omdat hulle nie saam met ander gelowiges bymekaar kan kom vir ontvlugting nie. Bid dat die Heilige Gees hulle sal bedien terwyl hulle na samesyn met ander gelowiges smag.

  3. Israel. Die wantroue en haat tussen verskillende godsdienstige en etniese groepe het weens die pandemie bly groei. Die feit dat mense weens verskeie redes nie ingeënt wil word of maatreëls wil toepas om besmetting te vermy nie, lei tot verdere vyandigheid. Bid vir vrede in hierdie land.

  4. Colombië. Bid vir pastore in landelike Colombië, wat werk op naburige plase moes soek en gevolglik min tyd vir hul bediening het. Bid vir voorsiening en bemoediging vir hulle en hul families.

  5. Latyns-Amerika. Bid dat die inligting wat bekom word met behulp van vraelyste vanaf pastore in die vervolgde Kerk, ons sal help met ons beplanning vir die volgende vier jaar. Bid vir wysheid vir ons span wanneer hulle dié inligting gebruik om planne te implementeer om die Kerk in die streek by te staan.

  6. China.Prys God dat die huidige vlaag van vervolging nie die kerke afgeskrik het van hul betrokkenheid by oorsese sendings nie. Bid vir meer bewustheid onder Chinese kerke oor die situasie van vervolgde gelowiges wêreldwyd, en dat hulle sal aanhou om God te vra hoe hulle die vervolgde Kerk kan dien.

  7. Viëtnam. Poh*, ʼn Hmong-gelowige, is deur sy pa aangeval omdat hy sy geloof met vrymoedigheid verkondig het. Hy, sy vrou,Mai*, en hul twee kinders is gedwing om hul dorp te verlaat. Bid dat God sal voorsien in Poh en sy gesin se behoeftes en dat hy ʼn stabiele inkomstebron sal kry.

  8. Plaaslike Verkiesings. Op 1 November is die plaaslike verkiesings in Suid Afrika. Bid vir die verkiesings, partye betrokke en teen geweld en korrupsie. Bid dat God se Wil geskied. HY stel leiers aan en sit leiers af.

  9. Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.

  10. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 30% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.

  11. Bediening. Daar word daagliks bedien op verskeiem sosiale media platforms en die internet en e-pos waar 4533 Leiers daagliks bedien word. Plaaslik word ook uitgereik na hulpbehoewendes waar ons help met kos, klere, lugtyd en koopkrag elektrisiteit en word na 180 persone maandeliks uitgereik. Bid asseblief vir wysheis, openbaring kennis, onderskeiding en krag en uithouvermoeë. Dit is ‘n uitputtende daaglikse taak.

  12. Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders. Ek was in Februarie 2020 laaste in Afrika op ‘n uitreik en in Zambia. Die geslote grense en pandemie het veroorsaak dat daar nie gereis kan word nie. Die koordineerders moet nou SELF die opleiding en uitreike behartig sonder die span van Suid Afrika. Malawi, Mosambiek en Kenya het met 100% gegroei en die span kwyt hulle werklik goed van die sendingtaak, maar Zimbabwe, Uganda en Zambia sukkel sonder die SA Span en sal moet besoek word binnekort. Bid vir oop deure asseblief.

  13. Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en moet nou vervang word. Omrede ons finansiële posisie kan ons nie ‘n lening by banke bekom nie. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.

14. Kinders. Bid asseblief vir voorsiening vir somersklere en skoene vir ons twee seuns. Hulle kort dringend klere en skoene.


*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.

Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 078 674 6125.


For quick support of the ministry for as little as R10 please click on the following link for an online donation. Just R10.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page