top of page

18 Julie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jul 14, 2022
  • 4 min read

18 Julie 2022.


Liewe Vriende


Ek wil vandag open met twee belofte teksverse naamlik: “Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.” (Jer 31:25) en “Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!” (Ps 27:14).


Vandag wil ek aan jou 'n woord van bemoediging uit die mond van die Here self gee. In Jeremia 31:25 kondig die Here vir sy volk in ballingskap 'n nuwe toekoms aan. Wanneer hulle hierdie boodskap hoor, het hulle omstandighede nog nie verander nie. Al wat hulle dus het, is 'n belofte van die Here. Maar wat 'n wonderlike belofte! Die Here praat met soveel deernis met sy volk. Hy wil aan sy volk 'n nuwe toekoms gee. Hy wil nie hê sy kinders moet van ellende omkom nie.


God wil vir sy kinders 'n nuwe toekoms gee. Wat jou omstandighede ook al is, weet dat God vir jou die beste wil gee. En al verander jou omstandighede nie dadelik nie, kan jy met verwagting die toekoms tegemoetgaan. Die Here self beloof om aan dié wat moeg is nuwe krag te gee en die moedeloses weer vol moed te maak. Dit is die vertrekpunt na God se nuwe toekoms vir jou - nuwe moed en krag. Vertrou op die Here, wees sterk en hou moed. Hy is saam met jou onderweg.


Vertrou op die Here. Wees sterk en hou goeie moed.


Gebed: Here, gee vir my 'n toekomsvisie sodat ek met vreugde kan uitsien na u nuwe toekoms vir my. Gee my nuwe moed en krag, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  2. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  3. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening. Tans ervaar ons geweldige geestelike aanvalle op ons persoonlik,en het u GEBED baie nodig.

  4. Mianmar. Bid vir die herstel van vrede, ʼn goeie regering en dat die gevegte in Mianmar sal stop. Bid ook vir die beskerming van gelowiges te midde van die huidige situasie.

  5. Tunisië. Amir* is baie bang om ʼn kerkbyeenkoms by te woon, omdat hy bekommerd is dat iemand hom sal herken as ʼn gelowige tussen die mense rondom hom. Bid vir wysheid en beskerming vir Amir.

  6. Libië. Gelowiges vanuit Afrika verduur dubbele swaarkry in Libië – vir hul geloof en hul etnisiteit. Hulle is kwesbaar vir die wreedaardige geweld, terwyl dit voorkom of die owerhede nie beheer oor militante en ekstremiste het nie. Bid vir hul beskerming.

  7. Suidelike Filippyne. Sheila het die basiese wiskunde wat sy geleer is in die geletterdheidsklasse, wat deur Geopende Deure aangebied is, gebruik om haar eie onderneming te begin. Bid dat meer studente dit wat hulle leer sal kan toepas om hul lewens te verbeter.

  8. Sentraal-Asië. Zjura* is ʼn evangelis wat sy geloof baie openlik met ander deel en is alombekend vir sy opvallende vrae oor die lewe en God. Dank God vir Zjura se bediening as ʼn evangelis. Bid vir sy beskerming terwyl hy reis om die Evangelie te verkondig.

  9. Noord-Korea. Chul-min* is een van die geheime Christene in Noord-Korea wat versigtig vashou aan sy geloof in Jesus Christus. Bid dat God sal voorsien in die behoeftes van Chul-min en sy mede-Christene, waar hulle swaarkry.

  10. Indië. Bid vir Christene wat ontwortel is weens hul geloof, veral diegene wat in afgeleë gebiede woon. Vra dat God in hul behoeftes sal voorsien en die gemeenskappe wat hulle verwerp het se harte sal verander.

*Name verander weens sekuriteits doeleindes.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.



Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page