top of page
  • Writer's picturemissions3

18 Desember 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


Gebednet

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


18 Desember 2023.


Beste Vriende.


“Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergelde. Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie. Want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge — daar het ek nie van afgewyk nie. Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid. So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë. By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd. En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle. Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my duisternis opklaar. .”2 Samuel 22:21-35


Swaarkry is die lot van miljoene mense op moederaarde. Die rykes word minder en ryker en die armes word by die dag meer en armer. Armoede neem wêreldwyd epidemiese afmetings aan. ’n Tekort aan lewensmiddele maak elke dag 'n stryd op oorlewing. Binne so ’n wêreld het jy as gelowige een van twee keuses: óf jy verval in die selfsugtige patroon van kla en murmureer; óf jy besluit om ’n slag jou geloofsoog te gebruik en na God toe te kyk. As jy bereid is om die tweede keuse te doen, soos Dawid, sien jy dat gelowiges op die een of ander manier altyd genoeg het om van te leef - nie te veel nie, nie te min nie. So skryf Dawid ook hier. Wanneer hy terugkyk oor sy lewe, sien hy hoe die Here deur die jare vir hom gesorg het.


Die Here sorg vir sy kinders. Net soos Hy elke dag die son laat opkom, laat Hy ook sy goedheid oor almal reën. Skep moed! Die lewe is nie regtig so swaar soos wat jy dalk dink nie! God is by jou. Hy ken jou nood. Hy sal sorg - al moet Hy vir jou ’n paar klippe in brood verander.


GEBED: Here, dankie dat U vandag ook vir my sorg in Jesus Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


## 🌟 Support Change-Makers Johan & Esther Lourens: Missionaries on a Mission! 🌍


### 🌈 Voluntary Annual Subscription:


Seize the chance to be a part of something extraordinary! 🚀 Announcing our annual "Voluntary Subscription" drive, where YOU can make a lasting impact. 💖 We suggest a humble R1000 per year (just R84 per month), but ANY contribution, big or small, will be embraced with gratitude.


🌐 How to Contribute:

- Direct deposit into our account:

- Account No: 153-718 3077

- Bank: Capitec Bank

- Branch Code: 470010


- Online:Visit [Change a Nation - Support Now


- EFT or Credit Card: Choose what suits you best!


### 💪 Monthly Sponsorship:


In our pursuit of transforming lives, we're seeking champions—individuals, organizations, and churches—who believe in our mission. 🌟 Help bridge the gap in our monthly income with a commitment of R50 to R500 per month. Consider joining us on this incredible journey.


📅 How to Pledge:

- Debit Order: Set up a convenient debit order with your bank.


### 🤔 Questions or Comments?


Johan is ready to connect with YOU! Feel free to reach out:

- 📧 Email: missions@lantic.net

- 📞 Phone: 083 4606 914


Your support fuels our mission! Thank you for being a beacon of change. Together, we can make a nation thrive! 🙏 #ChangeANation #MissionPossible


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1.  Sri Lanka. ʼn Prediker van ʼn dorpie in die Gampaha-distrik het gehuil terwyl hy ʼn plaaslike Geopende Deure-vennoot van sy swaarkry vertel het. Bid vir gelowiges wat vervolging in hul daaglikse lewens binne hul gemeenskappe ervaar.

  2. Broenei. Daar is ʼn groeiende begeerte onder die Christen-jeug in Broenei om ʼn dieper verhouding met die Here te hê. Bid dat God mentors en leiers sal vestig wat dié geslag kan koester.

  3. Mianmar. Mianmar is ʼn Boeddhistiese land en ongelukkig word Christene deur sommige Boeddhistiese ekstremiste vervolg. Bid dat alle gelowe mekaar se verskille sal respekteer en mekaar sal dien.

  4. China. Die staat word bedreig deur enigiets wat die “stabiliteit” kan ontwrig. Vir die regering beteken dit politieke en kulturele eenvormigheid. Bid dat die regering Christene sal ervaar as ʼn positiewe invloed in die land en nie as ontwrigtend nie.

  5. Sentraal-Asië. In Sentraal-Asië word ondergrondse kerkbyeenkomste dikwels deur die owerhede ontwrig en deelnemers word beboet. Bid dat Christene in staat sal wees om vry en veilig te ontmoet.

  6. Saoedi-Arabië. Gelowiges in Saoedi-Arabië se maniere waarop hulle bymekaar kan kom en kan aanbid, word beperk. Bid dat wanneer hulle wel bymekaar kan kom, hul tyd saam ryk aan samesyn, aanbidding en God se teenwoordigheid sal wees.

  7. Egipte. Bid dat God Homself aan radikale Moslems en ekstremistiese groepe sal openbaar. Mag God hulle kettings breek en hul oë oopmaak vir die weg, die waarheid en die lewe.

  8. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  9. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  10. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  11. Die koms van Christus. Daar is uitgesien na Jesus se eerste koms met aanhoudende gebed en 'n verwagtig. Met Jesus se voorstelling in die tempel, het Simeon gesê: "Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, omdat my oë u verlossing gesien het wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: 'n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel." (Lukas 2:29-32). Met Sy tweede koms sal al die mense Hom sien (Openbaring 1:7). Hy is…Die Alfa en Omega.Die Regverdige Regter. Die Koning van die konings en die Here van die heersers. Hierdie week sal ons die eerste {Christus Fees}en tweede koms {Wederkoms} van Christus oordink in gebed en met verlange in ons hart vier.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.


Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or



You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


5 views0 comments

Commentaires


bottom of page