top of page

18 Augustus 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Aug 15
  • 5 min read
Deo Volente Mission
Deo Volente Mission

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


18 Augustus 2025


Liewe Vriende.


“Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.” – 2 Korintiërs 9:7


Hierdie Woord volgense 2 Korintiërs 9:7 vorm die hart van Bybelse gee – nie as 'n wet of verpligting nie, maar as 'n vrywillige daad van liefde. Dit gaan nie oor tiendes nie, maar oor gee. Paulus moedig gelowiges aan om uit hul hart te gee, nie onder dwang of skuldgevoel nie. Hierdie gee is nie 'n tiende of belasting nie – dit is 'n daad van liefde en geloof.


Wanneer ons die Nuwe Testament lees, sien ons duidelik dat Jesus self nooit vir sy dissipels beveel het om tiendes te gee nie. In plaas daarvan het Hy gefokus op die toestand van die hart, op vrygewigheid, en op offervaardigheid. Jesus het baie oor geld en besittings gepraat, maar altyd in die konteks van omgee, vertroue op God, en om ander te dien. Hy het die weduwee wat twee geldstukkies gegee het, geprys – nie omdat dit ’n tiende was nie, maar omdat dit alles was wat sy gehad het (Markus 12:41-44).


In die hele Nuwe Testament (volgens die Afrikaanse 1953-vertaling) verskyn die woord "gee" (of vorme soos "gegee", "gewers") oor die 100 keer – meer as enige verwysing na tiendes. Die fokus is duidelik: God wil hê ons moet vrygewig wees, nie wetties nie. Ons gee nie om God se guns te wen nie, maar omdat Hy reeds vir ons alles gegee het – veral in Christus.


Offergawes is dus ’n geleentheid om God se karakter van liefde en vrygewigheid in ons eie lewens te weerspieël. Dit is 'n daad van aanbidding. Wanneer ons gee, wys ons dat ons vertrou op God se voorsiening en dat ons harte saam met Sy Koninkryk beweeg.


Gebed: Here, dankie dat U nie op dwang staatmaak nie, maar op die gewillige harte van U kinders. Leer ons om vrygewig te wees, nie uit gewoonte of plig nie, maar uit liefde. Maak ons blymoedige gewers wat U Naam verheerlik met alles wat ons het. In Jesus Naam Amen.



Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. NICARAGUA.Bid asseblief vir jou broers In susters in Nicaragua, waar 50 000 mans en vroue gevra is om by die land se veiligheidsmagte aan te sluit.Bid dat die Here die plaaslike Kerk sal help om sterk en beskermd te bly. Vra God om kwesbare gesinne en gemeenskappe te beskerm in die aangesig van toenemende onderdrukking Bid vir wysheid en moed vir godsdienstige leiers om voort te gaan om God se volgelinge met geloof en hoop te lei. Bid dat die Here diegene in magsposisies se harte sal aanraak om tot bekering te kom en verandering in die land sal bring.

  2. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  3. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  4. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  5. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  6. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  7. 24-7 Gebed vir Herlewing. 18–24 Augustus 2025. Gebedspunte vir informele sake-eienaars.

  8. StraatkosverkopersBid dat hulle die Evangelie sal hoor, God se liefde sal ervaar, en hul sake met integriteit sal bestuur.

  9. Tuisgebaseerde crèches en kinderversorgersBid vir hul redding, leiding deur die Heilige Gees, en dat hulle rolmodelle van liefde en geduld sal wees.

  10. Informele klerehandelaarsBid dat hulle hul identiteit in Christus sal vind, wysheid in finansies sal hê, en eerlik in besigheid sal wees.

  11. Afvalversamelaars en herwinnaarsBid dat hulle hoop en vrede in God sal ontdek, met waardigheid sal leef, en eerbaar sal werk.

  12. Haarkappers en straatkappersBid vir hul verlossing, vrede in onsekerheid, en dat hulle God se liefde in hul werk en verhoudings sal weerspieël.

  13. Handelaars by taxistaanplekke en smouseBid vir hul redding, innerlike rus in God, en om eerlik en regverdig te handel in moeilike omstandighede.

  14. Informele bouers en nutsmanneBid dat hulle op Christus as fondament sal bou, uitnemend en betroubaar sal werk, en toegang tot vaardigheidsontwikkeling sal kry.


ree





Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page