top of page

18 April 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Apr 15, 2022
  • 5 min read

Gebednet.


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


18 April 2022.


Liewe Vriende.


“Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe.”(Joh. 1:9).


Genesis begin met God wat sê: "Laat daar lig wees!" Johannes begin sy vertelling van die koms van Jesus Christus ook met "die begin" en die grootse aankondiging dat die "ware lig" op pad was na die wêreld toe. Maar voor hierdie Lig in volle glorie sou skyn en verskyn, moes daar eers 'n aankondiger wees, 'n ander Johannes, 'n profeet, 'n "man van God gestuur". Hierdie Johannes sou op 'n dag by die rivier na Jesus wys en sê: "Daar is die Lam van God!"


Die Lig was aan die kom.


Wat 'n geweldige verwagting skep dit nie! God se Seun was op pad uit 'n ander dimensie om vir ons 'n foto van die Vader te wys. Die woelige wêreld van 2000 jaar gelede het op Iemand gewag. Die kers sou in 'n klein landjie onder 'n verdrukte volk opgesteek word. Dit sou 'n groot vuur word waarvan die lig gou ver sou versprei oor die destyds bekende Westerse en Midde-Oosterse wêreld. En van daar af sou dit die hele aarde verlig.

God het profete na sy volk gestuur. Hy het verskyn in brandende bosse en in rook en vuur by die berg Sinai. Hy het sy engele gestuur. En nou was sy Seun aan die kom, Jesus Christus, die ware lig.


Dis hierdie Lig wat ons soek, meer as wat ons die lig van elke dag soek. Dis hierdie Lig wat alles in perspektief plaas, ook God se geheimskrif in sy skepping wat meesal vir ons te moeilik is om te lees. Dis hierdie Lig wat in die middel staan van wat ons die Plan van God noem, en in die middel van elkeen van ons se lewe, ook al is ons geloof soos 'n bewende vuurhoutjie. Dis die wete, soms dof, soms helder: Christus is hier! Christus kom!


Gebed: Here, U was aan die kom, U het gekom, U is by ons en U kom. Dit is ons troos, dankie dat ons U paasfees kan vier, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Libanon. Libanon herdenk groot godsdienstige feeste. ʼn Christen vanaf ʼn Moslem-agtergrond wat in ʼn landelike Moslem-gebied bly, sal dus veroordeel word vir weiering om aan Moslem-feeste soos Ramadan deel te neem. Bid dat God hulle in hierdie maand sal help.

  2. Irak. Christene rapporteer dat daar toenemende druk vanaf die samelewing is, wat meer monitering, die sluiting van winkels gedurende Ramadan en druk op vroue om hulself te versluier, insluit. Bid dat die samelewing se harte teenoor Christene sal versag.

  3. Arabiese Skiereiland. Bid vir die talle geheime gelowiges in die Arabiese Skiereiland gedurende die tyd van Ramadan. Baie van hulle bid en vas saam met die Moslems vanaf sonsopkoms tot sononder om vir die Moslems, waarvan sommige hul familielede is, te bid.

  4. Sirië. Christene ervaar dikwels ʼn toename in vyandigheid en aggressie gedurende die Moslems se heilige maand van Ramadan. Bid dat dit ʼn vreedsame maand sal wees, sonder gewelddadige optrede en ekstremistiese aktiwiteite.

  5. Saoedi-Arabië.Gedurende die Moslem-maand van Ramadan word die druk op geheime gelowiges in Saoedi-Arabië sterker as normaalweg gevoel. Bid vir uithouvermoë vir hierdie gelowiges sodat hulle die druk kan weerstaan.

  6. Sentraal-Asië. Bid dat God die regte woorde aan Christene sal gee wat gedurende Ramadan na hul Moslem-vriende en familielede wil uitreik. Bid dat Hy in diegene wat hulle ontmoet se harte sal werk om hulle voor te berei om die goeie nuus van die Evangelie te hoor.

  7. Koeweit. Christene sukkel gedurende Ramadan om die regering en hul gemeenskappe se vereistes om te vas, te hanteer. Bid dat hulle krag sal hê om dit te verduur en vir geleenthede om die lig van Christus gedurende Ramadan in hul gemeenskappe te laat skyn.

  8. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  9. Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  10. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.

  11. Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds rekening 93-6104-5805 sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.

  12. 60de Verjaarsdag.Die 23 ste Mei is dit my 60 de verjaarsdag en wil ek verneem of daar nie iemand is wat tyd deel punte of ' n vakansie huis vir ons beskikbaar kan maak vir ' n week nie ?My grootste begeerte en spesiale verjaarsdag wens is ' n week ( of langer ) vakansie aangesien ons in 2016 laas op vakansie was .

  13. Jemenitiese en Saoedi-Christene. Dank die Here vir Jemenitiese en Saoedi-Christene wat reeds aanbiddingsliedere in Arabies gekomponeer het! Prys die Here dat hulle ook webwerwe en toepassings ontwikkel het wat aanbiddingsliedjies, gedigte en Bybelonderrig bevat. Dank die Here dat sy Woord ryklik in hulle harte woon wat hulle in staat stel om in alle wysheid te onderrig en te vermaan. Vra die Here vir meer psalms, gesange en geestelike liedere wat deur plaaslike Christene in die AP geskryf sal word sodat hulle Hom as een liggaam kan sing en aanbid. Bid dat hulle onuitspreeklike vreugde sal vind terwyl hulle saam sing en aanbid. Vra die Here om talentvolle musikante en komponiste op te rig om Hom te verheerlik in alles wat hulle doen.

  14. Katar. Bid vir die nasie van Katar en verhef hulle voor die Here, want hulle is soos diegene in Laodisea wat ryk was, maar geen idee gehad het oor die feit dat hulle geestelik ellendig, arm, blind, onvrugbaar en naak was! (Openbaring 3:17). Vra vir die Here se goddelike ingryping in Katar. Bid dat die gety sal draai sodat Qatari-mans en -vroue nie die liefde van Jesus Christus vir hulle sal betwyfel nie, maar hul lewens sal aflê om die boodskap van verlossing aan hul naaste te bring. Bid vir 'n openbaring van Jesus Christus aan die tutors, leraars en evangeliste van Islam in Katar. Laat diegene wat Jesus verloën het, besef dat Hy inderdaad die enigste Een is wat hulle kan vrymaak. Bid dat God se koninkryk in Katar sal kom.

  15. Gauteng/Mpumalanga Roadtrip. Ons beplan ‘n besoek aan Mpumalanga en Gauteng in Mei 2022. Bid asseblief vir veiligheid, besskerming, voertuig en voorsiening vir hierdie besoek.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page