top of page

17 Oktober 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Oct 14, 2022
  • 4 min read

Updated: Oct 20, 2022


Gebednet.

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


17 Oktober 2022


Liewe Vriende


“Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? ... Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal” (Matt 7:3, 5).


Dit is so maklik om ander se foute raak te sien, veral wanneer jy soos 'n goeie Christen die Bybel en die kerklike tradisie goed ken. Jy weet presies hoe mense moet leef en jy is sensitief vir enigiets wat maar net na sonde ruik.


Splinterjagters: Ons almal moet maar vir hierdie lastige siekte lig loop. Die belangrikste rede waarom ons so vatbaar is vir hierdie virus is dat dit die aandag van onsself wegneem. Om ander mense se sondes uit te wys laat jou eie sondes in die duister. So dínk jy. Maar God dink nie so nie. In God se oë is jy 'n huigelaar wat ander mense se foute skaamteloos uitbuit om jouself in 'n beter lig te stel. Gaan staan eers voor die spieël van God se Woord en sien die balk in jou eie oog raak. Bely jou eie skuld voor God. Miskien kan jy dan in opregte Christelike liefde jou medegelowiges in hulle sondenood bystaan. Huigelaar! Haal maar eers die balk uit jou eie oog.


Gebed:Here, help my om my eie sonde te erken en te oorwin. Ek bid vir ander wat ook met sonde worstel, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  2. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  3. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  4. Sosiale media. Hierdie bediening groei en brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.

  5. Suid-Asië. Bid dat vervolgde Christene in Suid-Asië hul plek in die Liggaam van Christus sal volstaan. Bid dat God hulle tydens vervolging sal beskerm en Jesus se vrede sal laat beleef.

  6. Midde-Ooste. Bid vir ons broers en susters in die Midde-Ooste, wie se lewens deur skeiding,marteling en selfs die dood ondraaglik gemaak word. Bid dat God hulle ondanks vervolging sal versterk.

  7. Oorloggeteisterde lande. Ondersteun vervolgde Christene in oorloggeteisterde lande. Bid vir die herlewing van geloof in God en verwagting te midde van die heersende konflik. Bid dat hulle Goddelike vrede sal beleef.

  8. Suid Afrika. Bid vir Suid-Afrikaners wat die afgelope maande groot beproewings in die gesig moes staar. Ongeag van grootskaalse vloede en Covid-19 het Christene hier steeds getrou gebly. Bid dat hulle deur die Heilige Gees vertroos sal word en Goddelike heling sal ontvang.

  9. Gebed vir herstel. Bid vir lande wat deur konflik en ongeregtighede geteister word. Bid dat dié lande sal herstel en staatshoofde sal onderneem om vir hul landgenote veilige ruimtes te skep, ongeag van hul geloofsoortuigings.

  10. Danksegging. Prys die Here vir die positiewe terugvoer wat van ons vervolgde broers en susters ontvang is. Dank God dat Hy Sy beloftes oor die herstel van Sy volk nakom.

  11. Christelike onderwys vir kinders. Bid vir kinders in die vervolgde Kerk se opvoeding. Bid dat hulle ontvanklik sal wees vir Christelike leringe. Bid dat onderwysers die Here

  12. Sending Leierskap. Bid dat God ons leierskap met wysheid sal toerus. Bid vir positiewe uitkomste van besluite wat ons werk en opleiding insiatiewe raak. Omrede ons sedert 2020 nie persoonlik kon reis nie en afhanklik is van zoom en sosiale media is daar besig om eie agendas en wantroue plaas te vind. Bid dat alles tot eer van God sal wees.



















Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.

Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.




 
 
 

コメント


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page