17 November 2025. Pastore Waardering Maand en Gebedsversoeke.
- missions3

- Nov 13, 2025
- 7 min read

17 November 2025
Liewe Vriende.
“Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan.” 1 Tessalonisense 5:12
Esther en ek is hierdie jaar 25 jaar in voltydse bediening en kan ons terugkyk en sê dit is net deur die genade van die Here dat HY ons al vir 25 jaar gedra het.
Paulus skryf aan die gemeente in Tessalonika en sê: 'Liewe broers en susters, ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad. Ter wille van die taak wat hulle het, moet julle met liefde baie eerbied aan hulle betoon...' .
Statistieke van die een-en-twintigste eeu:
1) Vyftig persent van predikers voel so moedeloos dat hulle die bediening sou verlaat as hulle kon, maar hulle ken geen ander manier om 'n bestaan te maak nie.
2) Vyftig persent van pastore sal nie vyf jaar in die bediening uithou nie.
(3) Slegs een uit elke tien pastore sal as pastore in een of ander hoedanigheid aftree.
4) In Suid Afrika het daar in 2020 meer as 'n duisend sewehonderd pastore die bediening verlaat. Daar is baie redes waarom predikers die bediening verlaat. Een rede is onvoldoende finansiële ondersteuning en stres op die gesin. Paulus spreek dit aan: "Ouderlinge wat hulle werk goed doen, moet ook goed betaal word, veral dié wat hard werk in prediking én lering. Want die Skrif sê: 'Moenie 'n os verhinder om te eet terwyl hy die graan uittrap nie.' En op 'n ander plek: 'Dié wat werk, verdien hulle loon'" (1 Timoteus 5:17-18 ).
Sommige predikers verlaat die bediening omdat hulle dikwels die teiken van gereelde kritiek is. Paulus spreek dit as volg aan: 'Moenie na klagtes teen 'n ouderling luister nie, tensy daar twee of drie getuies is wat hom aankla' (vers 19 ). Bid dus vir jou pastoor en maak dit 'n punt om jou waardering te bewys. God sal jou daarvoor seën.
November maand is tradiosioneel pastore waardering maand. ‘n Spesiale offergawe word in hierdie maand gewoonlik aan pastore en sendelinge gegee as waardering wat hulle doen. U is ook welkom om ‘n spesiale offergawe hierdie maand in een van die rekening hieronder te saai.
Gebed: Hemelse Vader, ons bring vandag al U dienaars – pastore, werkers, evangeliste en sendelinge – voor U troon. Here, U ken hulle harte, hulle opoffering en die las wat hulle dra ter wille van U Koninkryk. Gee aan hulle nuwe krag en moed om aan te hou, selfs wanneer hulle moeg of moedeloos voel. Vul hulle met U Gees van hoop en herinner hulle dat U getrou is om elke behoefte te voorsien – fisies, emosioneel en geestelik. Laat hulle U hand van voorsiening en beskerming elke dag ervaar, en dat hulle altyd weet dat hul arbeid in die Here nie tevergeefs is nie. In Jesus se Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Pastore Waarderings maand. Hierdie maand is ‘n tydperk dat ons waardering bewys aan almal in bediening. Bid asseblief vir ons Afrika Koordineerders by name; Geoffrey & Kestra Mputa, Moses & Grace Chikita, Raphael & Sophia Zimba, Jackson & Edith Dimba, Fredson Nyrere, Gloria banda, Xavier & Mariana Simango, Anastancio & Betty Tivane, Fred & Mavis Mbewe, Enias & Maria Mzonzo, Alex Mazika, Richard Opiyo, Jane Jalakazi, Mark Ntande, OkeOkere, Bosco, Samuel, Vincent Thembiviro. Almal is geloof sendelinge.
INDONESIË. Bid vir ʼn bedroefde gesin wie se agtjarige seun, Khristopel, aan inwendige beserings dood is nadat hyweens sy geloof sinneloos deur ʼn groep ouer studente aangerand is. Bid vir God se allesoorheersende vrede. Bid saam met Khristopel se pa: “Bid asseblief dat ons krag sal vind om hierdie werklikheid in die gesig te staar, al sukkel ons harte om hierdie pyn te verduur.”Geopende Deure se plaaslike vennote beoefen ʼn teenwoordigheidsbediening en bid saam met Khristopel se familie. “Dankie dat julle al die pad hierheen gekom het om ons te help en te ondersteun,” het sy pa gedeel. “Ons hoop dat ons seun deur baie onthou sal word en dat so ʼn tragedie nooit weer sal gebeur nie.”
BANGLADESJ.Bid vir Fahed, wat uit sy werk afgedank, aangerand en uit sy huis gedwing is toe hy Islam verlaat het om Jesus te volg. Bid vir vertroosting. Hy is van sy vrou en seun geskei. Geopende Deure se plaaslike vennote het Fahed met noodleniging en gebede ondersteun. Bid dat hierdie gesin gou herenig sal word.
LAOS.Bid vir vier Christelike gesinne wat uit hul huise gedwing is nadat hulle gekies het om Jesus te volg. Bid vir ʼn nuwe woonplek waar hulle veilige werk kan vind, permanent kan vestig en in vrede kan aanbid. Bid vir die lewensonderhoud van die vier Christelike gesinne terwyl hulle oor begin op ʼn nuwe plek met nuwe mense, veral terwyl hulle Kersfees saam vier. Vra God om aan hulle nuwe geleenthede vir werk en ʼn bestendige inkomste te bied.
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.
24-7 Gebed vir Herlewing van 17–23 November 2025.Tydens die 24-7 Gebed vir Herlewing van 17–23 November 2025 word gelowiges wêreldwyd opgeroep om in te tree vir die Lydende Kerk — dié wat vir hul geloof vervolg word. Deur vervolging word die Kerk nie vernietig nie, maar versterk. Soos saad wat in trane gesaai word, bring die lyding van gelowiges ’n geestelike oes voort. Die week se fokus is dat God vervolging sal gebruik om Sy Woord te versprei, harte te verander en herlewing te bring, sodat lyding ’n instrument van redding word.
Elke dag het ’n unieke gebedsfokus — van die roeping van nuwe arbeiders tot die volheid van die eindtydse oes. Gelowiges word aangemoedig om saam met die vervolgdes te staan, hulle te versterk deur gebed, en te vertrou dat God selfs tronkdeure, trane en pyn gebruik om Sy koninkryk uit te brei. Die week eindig met hoop: dat die lyding van vandag bydra tot die groot menigte wat eendag saam die Lam sal aanbid.
7 Gebedspunte:
Bid dat die Here nuwe arbeiders sal uitstuur, selfs uit die Lydende Kerk.
Vra dat die Woord van God onbelemmerd sal versprei, selfs in lande van vervolging.
Bid dat herlewing en geestelike reën sal neerdaal op moedelose gelowiges.
Vra dat kettings sal breek en lofliedere in gevangenisse hoop sal bring.
Bid dat harte van vervolgers oopgemaak word deur die liefde van vervolgde Christene.
Vra vir krag en volharding vir diegene wat in Christus se lyding deel.
Bid vir die finale oes — dat alle nasies die Evangelie sal hoor en Christus sal aanbid.
* Name verander weens veiligheidsredes.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure Gebedsgids.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments