top of page

17 Junie 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jun 14, 2024
  • 6 min read

Deo Volente Sending


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


17 Junie 2024.


Liewe Vriende.


“As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” (Joh. 3:3).


Om nuut gebore te word is om van jou eie sterflikheid én ewigheid, van jou eie menslikheid en van jou Skepper bewus te word, van jou skuld en vergifnis, van 'n ander golflengte van lewe, van God wat alles is en alles vir jou wil wees in Jesus Christus. Elke nuwe geboorte is 'n proses. Dit hang af uit watter hoek ons kyk.


Ander geboortes is dalk maklik. Nog ander loop totaal skeef. So is dit ook met die nuwe geboorte. Ons raak bewus van God: dalk skielik, dalk as 'n proses, vir sommige "moeilik", vir ander "maklik" - in ons en met ons. Ons raak bewus van skuld. Ons raak bewus van vergifnis. Ons raak bewus daarvan dat ons aanvaar word. Dit is die groot ontdekking van Christen-wees, "Jy is aanvaar!" Dit is die Gees wat werk met ons gees. "Reborn as an idea, something intended, complete"


Nikodemus wat Jesus in die nag besoek het, wou alles van Jesus weet. Hy was 'n geleerde en gerekende man, "'n leraar van Israel". Hy het alles van die wet geweet, en van ordentlike gedrag. Maar van die wese van geloof, die inwoning van God en die bewus wees van iets nuuts in jou wat groei, dáárvan het hy niks geweet nie.

Hy was 'n man met sekere insigte en opregte strewe. Hy het vrae oor aardse geboorte en die onmoontlikheid van 'n tweede geboorte gehad. Jesus beredeneer nie eens hierdie punt nie. Hy sê bloot God vra 'n nuwe begin, 'n begin hier binne, 'n begin wat groei en aanhou groei, elke dag 'n nuwe bewuswording of 'n nuwe "bekering", selfs al is dit bloot die wete: "God is groot, en God is my Vader."


Here, iewers in die tyd is ons in U gebore en U in ons. Dit is ons troos. Prent dit vir ons in


Gebed: Vader dankie dat U my siel gered het van die verderf en dat U my sonde vergewe het deur my wedergeboorte in U, in Jesus Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir genade en leiding in hierdie tyd van finansiële beproewing en voorsiening met die finansiële middele wat ons benodig om al ons verpligtinge na te kom.Bid ook vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  2. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons waar ons plaaslik in Winburg betrokke is.

  3. Hande. Ek vra vir gebed vir genesing vir my hande wat deur die uitdagings van cardio tunnel sindroom affekteer word. Dit is ‘n geweldige uitdaging om op die rekenaar se sleutelbord te werk en alles moet met die linkerhand en slegs die wysvinger van die regterhand verrig word. Die res van die regterhand is nutteloos.Cardio tunnel sindroom, ook bekend as karpale tunnelsindroom, is 'n toestand wat veroorsaak word deur die saamdruk van die middelste senuwee in die hand terwyl dit deur 'n smal kanaal in die handpalm loop, bekend as die karpale tunnel. Dit veroorsaak gevoelloosheid, swakheid en pyn in die hand, en dit kan moeilik wees om normale handfunksie uit te voer. Chirurgiese behandeling is nodig wees om die druk op die senuwee te verlig en simptome te verlig.Bid vir genesing en finansiële voorsiening om die nodige behandeling te verkry.

  4. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  5. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  6. Sub-Sahara Afrika-Tsjad. Bid vir die volharding van gesinne in Tsjad wat uit hul huise ontwortel is nadat ekstremistiese aanvalle op hul dorpe meer as 30 Christene doodgemaak het, insluitend drie pastore verlede jaar in April en Mei. 20 Junie is Wêreldvlugteling-dag. Bid saam met ons Christen-familie wat gedwing is om uit hul huise en lande te vlug. Bid dat dié vlugtelinge ʼn ondersteunende geloofsgemeenskap sal vind terwyl hulle probeer om hul lewens te herbou.

  7. Burkina Faso.Bid saam met ons broers en susters in die noordooste van Burkina Faso. Hulle is getraumatiseer deur ʼn vermoedelike Islamitiese ekstremistiese aanval tydens hul kerk se erediens, waartydens ten minste 15 gelowiges doodgemaak is. Burkinese Christene vra ná die aanval vir gebede vir die aanvallers: “Bid dat hulle Jesus sal ontmoet en met die bose aanvalle sal ophou.” Bid dié gebed saam met ons bedroefde familie. Bid vir bemoediging vir kerkleiers in sub-Sahara Afrika wat gedwing is om uit hul gemeenskappe te vlug weens dodelike aanvalle op hul kerke en dorpe. Bid spesifiek vir die Here se vrede en leiding.Vra God om vervolgers seplanne in sub-Sahara Afrika te ontwrig: “Vader, my hart is gebroke oor U bedroefde mense. Ek bid huidiglik dat u my familie in Afrika teen die aanvalle sal beskerm en u engele by hul dorpe se poorte sal plaas.”

  8. Nigerië. Hou aan om saam met pastoor Zachariah in die noorde van Nigerië te bid, wat sy vrou, sy seun en sy huis in ʼn ekstremistiese aanval verloor het. Hy gaan voort met sy werk onder gelowiges en dissipel steeds sy oorlewende kinders. Bid vir voorsiening en seën oor sy lewe

  9. 17-23 Junie 2024, Bo alle nasies. Hierdie week is die gebedsfokus daarop om Jesus te verhef oor ons eie lewens en ons eie nasie.Hierdie week is die gebedsfokus daarop om Jesus te verhef oor ons eie lewens en ons eie nasie.Jesus is verhewe bo alle magte, konings, heerskappye en owerhede . Om God te verhef beteken om Sy Naam op te lig in gebed, om Hom eerste plek te gee in elke gedagte wat ons dink, in elke woord wat uitgespreek word en in elke daad wat gedoen word. Ons verklaar Sy Naam oor konings, nasies en heerskappye. ...hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.

*Name verander vir sekuriteitsredes.


Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street, Winburg. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Account.

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page