top of page

17 April 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Apr 13, 2023
  • 4 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

17 April 2023.


Beste Vriende.


“Toe lig Moses sy hand op en hy slaan die rots twee keer met die kierie” .Numeri 20:11.


Praat van opstandigheid! Die Israeliete in die woestyn kon net nie ophou kla nie. Van vroeg tot laat het hulle fout gevind en vingers na Moses gewys. Nou was dit weer sulke tyd! Die probleem? Hulle drinkwater was op, en dit was ook Moses se skuld. Dit was nou skielik hy wat hulle woestyn toe gebring het om hier te kom doodgaan. Moses het in die tent van ontmoeting by God gaan raad vra. Toe sê die Here vir hom om met 'n rots te praat daar reg voor die volk, dan sal daar water uitstroom. Maar Moes het sy eie kop gevolg en twee keer opstandig met 'n kierie op die rots geslaan. Toe stroom daar water uit. Maar Moses het nie gedoen wat God gesê het nie. Daarom sou hy ook nie die Beloofde Land sien nie.


Moses, die groot leier van Israel, se knieë het uiteindelik onder al die druk geknak. Gelukkig het God hom nie dadelik van sy pos onthef nie. Hy het nog 'n kans gekry om dinge reg te stel.


Moenie in opstand kom teen die Here wanneer jy moedeloos raak nie. Onthou, Hy is nie in jou diens nie. Buig altyd voor God in eerbied. Hou aan Hom vas in goeie en in donker dae.


GEBED: Dankie dat U altyd by my is in Jesus Christus se Naam, Amen!


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.

  2. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  3. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  4. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  5. Gesinsdag. Talle van ons vervolgde broers en susters is deur hul families verstoot of het geliefdes weens hul geloof aan die dood afgestaan. Bid dat hulle, as gelowiges van een Liggaam, daaraan herinner sal word dat hulle ʼn familie in Christus het wat vir hulle bid en lief is.

  6. Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R721.80 per sessie kos en moet vier sessies per maand gedoen word. Tans laat ons net Joshua die terapie doen a.g.v. kostes, bid asseblief saam vir voorsiening sodat Simeon ook die terapie kan doen want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.

  7. Oorloggeteisterde lande. Bid dat God in die harte van leiers van oorloggeteisterde lande sal werk en dat Hy hulle met wysheid en middele sal voorsien om vrede in hul lande te herstel. Bid vir krag vir Christene wat in oorloë vasgevang is.

  8. Vervolgers van gelowiges. Bid dat die Here vervolgers se mure van haat sal afbreek en dié wat gelowiges vervolg se harte sal verander. Bid dat wonderwerke in hul lewens sal plaasvind en dat talle van hulle tot bekering sal kom.

  9. Traumasorg-werkers. Bid vir ons traumasorg-werkers wat dikwels aan tweedehandse trauma blootgestel word. Bid dat namate hulle die traumatiese ervarings van vervolgde gelowiges aanhoor, God hulle harte sal versterk terwyl hulle gelowiges help om die pyn en lyding te verwerk.

  10. Sentrums van Hoop. Prys die Here vir kerke en gemeenskapsentrums wat as Sentrums van Hoop in die Midde-Ooste funksioneer. Bid dat vervolgde gelowiges bemoedig sal word om getrou te bly terwyl hulle ondersteuning en opleiding by hierdie sentrums ontvang.

  11. Nuwe gelowiges. Bid vir nuwe gelowiges wat vervolging moet verduur terwyl hulle nog in hul geloof groei. Bid dat God hulle sal omring met Christelike mense, wat hulle sal help om te groei en vervolging te verduur.

  12. Geopende Deure-bediening. Bid vir Geopende Deure terwyl hulle voortgaan om bewusmaking te kweek en gebed en ondersteuning vir ons vervolgde familie aan te moedig. Bid dat ons in die diens van hulle en tot eer van God getrou sal bly aan die Heilige Gees se leiding.

  13. Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.

Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

תגובות


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page