16 Oktober 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Oct 14, 2023
- 5 min read

Gebednet
16 Oktober 2023.
Beste Vriende.
“Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag. Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het. .” Numeri 14:18-19
Vergewe dan tog die sonde van hierdie volk in u groot liefde .God bewys graag genade aan mense wat sy goedheid onder hulle voete vertrap. Hy steek keer op keer sy hand uit na sondaars en ongehoorsames. Dink maar aan die spul Israeliete wat op 'n dag met alle geweld wou terugdraai Egipte toe. Hulle was skielik doodbang vir die nasies wat in Kanaän op hulle gewag het. Moses en Aäron het voor hulle op die grond neergeval, terwyl Kaleb en Josua by hulle gepleit het om nie dwaas op te tree nie. Toe wou die volksvergadering hierdie manne doodmaak. Dit het die Here so ontstel dat Hy die Israeliete van die aardbol wou afvee.
Moses het by die Here gaan pleit om nie met sy mense af te reken nie. Dan sou al die ander nasies begin spot en sê dat God nie in staat was om sy beloftes te hou dat Hy Israel na die Beloofde Land toe sou lei nie. Moses het God gesmeek om Israel se sondes te vergewe en hulle nie te verdelg nie. Toe het God ingestem om hulle nie op die plek dood te maak nie. God vergeef wanneer sy mense berouvol voor Hom staan. Waag dit daarom vandag voor Hom met al jou foute. Hy sal jou om Christus ontwil genadig wees
GEBED: Christus, dankie dat U my sondes vergewe. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Maleisië. Daar is toenemende kommer in Maleisië oor die styging in seksuele misbruik, veral teenoor jongmense. Bid dat kwesbare mense met God se beskerming geklee sal word.
Laos. Christene moet gewoonlik met ʼn groot gesukkel ʼn permit by die plaaslike regering verkry vir “groot” kerklike aktiwiteite. Bid dat die godsdiensvryheidswette verslap sal word sodat Christene groot geleenthede kan vier.
Sri Lanka. Alhoewel pastoor Indunil se kerk verlede jaar deur Boeddhistiese ekstremiste aangeval is, loof hy God vir die geestelike groei wat hy ná die aanval ervaar het. Prys God dat Hy goeie dinge uit dié gebeurtenis laat voortspruit. Pastoor Indunil se waagmoed het ander Christene aangemoedig om uit hul skuilplekke te kom, wat Sri Lanka se Kerk sigbaarder as ooit tevore gemaak het. Bid dat dié kerk ʼn baken van hoop in die streek sal wees. Bid dat moedige Christene in die suidelike provinsie van Sri Lanka standvastig sal bly en sal volhard om die Evangelie met ander in hul gemeenskap te deel.
Mexiko. Bid vir pastore in Noord-Mexiko wat daagliks in die skadu van georganiseerde misdaad leef. Bid dat God hulle sal beskerm terwyl hulle in dié gevaarlike gebiede dien.
Colombië. Bid dat besoekers en vrywilligers se tyd saam met kinders by die Kindersentrum vir hulle en die kinders opbouend sal wees. Bid dat God hulle in hul geestelike reis sal aanmoedig.
Mali. Dit is gevaarlik om ʼn Christen in Mali te wees, waar gelowiges weens hul geloof deur militante groepe geteiken word. Bid dat Christene mekaar deur samesyn sal ondersteun. Mali beskik oor ʼn klein maar aktiewe Christelike gemeenskap. Dank die Here vir die teenwoordigheid van Sy Kerk in Mali. Bid vir wysheid vir pastore terwyl hulle gemeentes te midde van toenemende uitdagings lei en bedien. Mali staar verskeie ekonomiese uitdagings in die gesig weens die land se hoë vlakke van armoede. Die meeste mense woon in afgeleë gebiede met struikelblokke soos ʼn gebrek aan toegang tot water. Bid dat die Here aan Sy kinders sal voorsien.
Hande. Bid asseblief vir my hande waarin ek Kardio Tonnel Sindroom het. Die regte hand is die ergste en is rekenaar tik en skryf ‘n geweldige uitdaging vir my. Bid asseblief vir volkome genesing, maar as Vader die dokters wil gebruik dat daar voorsiening sal wees ook daarvoor.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan LourensBaie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
https://gogetfunding.com/deo-valente-mission/
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516
.
Bank Accounts: Absa Bank, Branch: 632005, Account: 93 6104 5805
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments