top of page

16 Maart 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke

  • Writer: missions3
    missions3
  • 2 hours ago
  • 6 min read
Deo Volente Mission
Deo Volente Mission

16 Maart 2026.


Liewe Vriende.


‘'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.” {Spreuke 15:1}


Tans is die manier van hierdie wêreld om deur mag dit te vat wat jy graag wil hê. Die een met die meeste wapens wen. Die een wat die hardste skree, word gehoor. Die een wat die meeste intimideer, en vrees kan inboesem, se saak seëvier. Dit was deur die geskiedenis nog altyd so. Wêreldryke is met militêre mag opgebou, en dan deur vrees en intimidasie in stand gehou. Wanneer Jesus hierdie woorde met die wêreld deel, is die magtige Romeinse Ryk in beheer van die streek. Hulle het enige opstande wreed onderdruk, en mense is in die openbaar gekruisig om die bevolking verlam van vrees te hou. Dit was destyds, en is vandag, die wêreld van die sterk man.

 

Dit is waar God se koninkryk so anders is. Hierdie boodskap sou so skokkend wees vir die skare mense wat daar om Jesus gesit en luister het na die boodskap van die nuwe koninkryk van God. Hulle het 'n verwagting gehad dat 'n Messias sou kom, 'n sterk leier wat die volk bymekaar sou maak, en dan met mag die Romeine oorwin en uit die land uit jaag.


Die Here bou egter nie sy koninkryk met mag nie. Jesus sê dat ons juis geseënd is wanneer ons sagmoedig van hart is. Sagmoedigheid kom nie sommer net vanself nie. Ons het van nature harde harte, wat op onsself en ons eie begeertes gerig is. Die Heilige Gees kom verander ons – Hy haal die hart van klip uit en gee vir ons 'n nuwe hart (Esegiël 36:24). In die Bybel sien ons 'n hele paar manne wat as sagmoedig beskrywe word, Moses word as die mees sagmoedige mens op aarde beskryf (Numeri 12:3). Met sagmoedigheid is ons harte plooibaar in die Here se hande. Ons kry 'n omgeehart, wat sag met ons naaste werk. Ons is beskikbaar dat die Here ons kan gebruik om ons naaste te seën.

 

Sagmoedigheid beteken nie dat ons lafhartig word en vir alle gevaar weghardloop nie. Dit beteken nie om swak te wees en in die lewe rondgeskop te word nie. Inteendeel, sagmoedigheid getuig van iemand wat innerlik sterk is deur die Gees. Sagmoedige mense is dapper in hulle verdediging van dit wat reg is. Sagmoedigheid is 'n gesonde verstaan van my identiteit in Christus, en dit raak my manier van optree teenoor my naaste. Ons is volgelinge van ons Here Jesus, Hy wat Homself bekend gestel het as sagmoedig en nederig van hart (Matteus 11:29). Ons volg in sy voetspore, Hy is ons Rolmodel.

 

Iemand wat sagmoedig is, is nederig. Hy of sy is dankbaar en tevrede. In daardie sin het ons reeds die nuwe aarde ontvang. Ons is bewus van die Here se teenwoordigheid, sy versorging, en sy leiding op ons lewenspad. Ons het alles wat ons nodig het om Hom te dien, en voluit te lewe!

 

Gebed: Here, dankie dat U my hart van klip verwyder het, en my help om my soeke na eer en mag te oorwin. Dankie vir die nuwe hart wat U in my geplaas het. Mag my hart altyd sag en plooibaar in u hande wees, dat ek 'n omgeehart vir my naaste sal hê. In Jesus Naam, Amen.

                                                                                                                                                                                        

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”




Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. JEMEN. Bid saam met vervolgde vroue van geloof werk. Vra God om hulle te beskerm terwyl hulle God se mense dien. Bid dat gelowiges in Jemen op vervolging voorbereid sal wees. Hulle kan enige oomblik gearresteer word omdat hulle Islam verlaat het. Toe ons plaaslike vennote die Jemenitiese gelowige,Majed* ontmoet het, het hy verwag om gearresteer te word omdat die regering die Kerk ernstig onderdruk. Bid vir krag. Verskeie van Majed*se Christen-vriende is gearresteer, en hy was druk besig om Bybelgedeeltes te memoriseer om vir tronkstraf voor te berei. Bid dat God se Woord vir hom standvastigheid sal bring.Vra God om Christen-gevangenes en hul families te vertroos en te bemoedig.Bid dat vrees nie Jemenitiese gelowiges sal keer om hul werk voort te sit nie.

  2. SENTRAAL-ASIË. Ontmoet Nurlan* van Sentraal-Asië. Hy is een van die talle ontvangers van Bybels wat deur Geopende Deure voorsien word. Bid dat hy sal volhard Nurlan het dwelms misbruik, maar terwyl hy die Skrif gelees het, het hy die krag gevind om daarmee op te hou. Bid dat God hom en sy gesin sal onderhou. Bid saam met Naira* van Sentraal-Asië. Toe sy met haar kollegas gedeel het dat sy ʼn Christen geword het, het een werknemer ʼn klag by die polisie ingedien. Prys God vir Naira se vrymoedigheid. Naira van Sentraal-Asië sê dat vervolging haar geloofvyandig teenoor haar geloof is

  3. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  4. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees.

  5. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek.

  6. Afrika Uitreike. Uitnodigings is ontvang vir Zimbabwe, Zambia, Mosambiek, Kenya en die Filipyne. Bid asseblief saam vir opkomende uitreike.

  7. ALBANIË. Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. (Psalm 145:8).Christene geniet vryheid, maar hulle getuig in 'n sekulêre samelewing.Moslems in Albanië: 1 217 000 (50,7% van die bevolking) Bid en vra die Here om die barmhartigheid van Christus aan Albaniërs te openbaar, en soekende harte na die waarheid te trek wat verlossing bring. Bid dat die lig van die Evangelie deur ongeloof gebreek sal word en geloof sal wek waar ou ideologieë leegheid geskep het.

  8. AZERBEIDJAN. Die volk wat in donkerte geleef het, het 'n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het 'n lig geskyn. (Jesaja 9:1). Christene word verbied om openlik te evangeliseer. Moslems in Azerbeidjan: 10 miljoen (97% van die bevolking) Bid en vra die Here om Azerbeidjane na die lig van Christus te trek, vrees te verwyder en die Een te openbaar wat verlossing en waarheid bring. Bid dat die Evangelie wortel sal skiet in Azerbeidjanse gesinne en transformasie, moed en blywende geloof sal bring.

  9.  TURKMENISTAN. Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?(Psalm 27:1).Christene leef onder baie streng beperkings en onderdrukking.Moslems in Turkmenistan: 5,8 miljoen (93% van die bevolking) Bid en vra die Here om Sy lig in verborge plekke te laat skyn, diegene wat deur geestelike duisternis onderdruk word, te bevry en 'n verlange na waarheid en ewige lewe te wek. Bid dat die Evangelie deur vriendskappe sal versprei en saad van geloof sal plant wat gemeenskappe regoor Turkmenistan sal transformeer.

  10. BLYWENDE VRUG EN OES.Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra. (Psalm 126:6). Laat ons dankie sê vir die Here Jesus, en ons verheug in die oes wat U gebring het. Dankie dat die saad wat in gebed gesaai is, ewige vrug opgelewer het. Vader, ons verheerlik U vir gesinne wat aangeraak is, getuienisse wat vermeerder en gemeenskappe wat geroer is. Heilige Gees, ons dank U dat U nuwe gelowiges onderhou en vestig en vrugte veroorsaak wat blywend is tot eer van die Here Jesus Christus, Amen

                                                                                                            * Name verander weens veiligheidsredes.

Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure,

         









Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.

For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


 You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page