top of page

16 Januarie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsvbersoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jan 12, 2023
  • 5 min read

Gebednet.


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


16 Januarie 2023.


Liewe Vriende


“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete” (Matt 7:12).


Selfsug bly maar een van ons grootste probleme. Ons dink en droom ure lank oor ons eie ideale, behoeftes en probleme. En wanneer ons aan ander mense dink, gaan dit ook maar hoofsaaklik oor mense wat vir ons van waarde kan wees. Wat kan hulle vir ons beteken? Wat het hulle wat ons nie het nie? In die proses van selfverryking en selfhandhawing gee ons ook nie om om op ander mense te trap nie, solank óns net bo uitkom. Dit klink dalk kras en miskien pas jy glad nie in by hierdie prentjie van selfsug nie. Maar is daar nie dalk so iets daarvan in jou eie lewe waar nie? Het jy jou naaste lief soos jy jouself liefhet? Is jy bereid om onselfsugtig na jou naaste se belange om te sien, om in hulle behoeftes te voorsien?


Indien jy ja antwoord op hierdie vrae, lees gerus weer vandag se vers. Gaan doen nou in die praktyk wat jy bely. Wees in-der-daad 'n naaste vir jou naaste. Stel belang en bied jouself aan en wees só gehoorsaam aan die wet van liefde.


Wees ingestel op iemand vir wie jy in-der-daad 'n naaste kan wees.

Gebed: Here, help my om my naaste raak te sien soos ek wil hê hulle my moet raaksien, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Iran. Bid vir die Iranse Christene wat tot 22 jaar tronkstraf opgelê is vir die stigting van huiskerke in Junie verlede jaar. Bid vir standvastigheid in hul geloof en dat God vir hul gesinne sal voorsien.

  2. Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.

  3. Viëtnam. Bid vir Christengesinne wat uit hul dorpe verban is terwyl die regering oorweeg om die land se godsdienswette te verskerp. Bid dat hierdie gesinne getrou sal bly aan die Here.

  4. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  5. Buitelandse Reise. Bid vir veiligheid en genade vir dié wat na lande reis waar gelowiges vervolg word. Bid dat hulle teenwoordigheid as bakens van hoop vir vervolgde gelowiges sal dien. Bid dat hulle ook in geloof bemoedig sal word

  6. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  7. Soedan. Terwyl die algemene verkiesing vanjaar plaasvind, bid dat die nuwe regering met grasie sal lei en leiers die vervolging van Christene sal teëstaan.

  8. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  9. Vergifnis aan vervolgers. Bid dat gelowiges wat vervolging in die gesig staar, hul vervolgers sal vergewe en genesing in Christus sal vind. Bid dat hulle bitterheid teenoor hul vervolgers sal laat vaar en die genade wat God aan sondaars bewys, sal onthou.

  10. Bediening 2023. Ons beplan ‘n paar groot projekte asook “Road Trip” na ander provinsies en drie buitelandse uitreike. Bid asseblief saam vir die logistiek en finansiële voorsiening.


Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Sending Terugvoer. Desember 2022.


Beste Geestelike familie en vriende


Psalms 91:1 "Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige."


*Plaaslik*

Sosiale Media groepe groei en blom. Bedien op 30 Telegram Groepe waar 4801 leiers bereik word en 20 Whatsapp Groepe waar 2849 leiers bereik word en 2 Gebedsgroepe met 958 bidders. Dan is daar nog die e-pos en webwerf versoeke en weekliks manna wat uitgestuur word.


Intussen word hulp verlening aan behoeftiges gedoen en word bystand aan ander plaaslike bedienings verleen.


Die Kers Hamper projek was nie so suksesvol.soos wat beplan is nie a.g.v. finansies maar 16 hampers is uitgedeel. Ons het beplan om meer as 50 uit te deel, maar dit was nie moontlik nie.


Never a dull moment.


*Malawi*.


Geoffrey is tans in Windhoek. Baie Dankie vir almal wat gebid het vir die hernuwing van sy paspoort wat op nommer 99 hernu is. Precious rapporteer dat dit goed gaan en hy is besig met uitreike. Raphael en Sophie ook besig met kinder bediening.


*Mosambiek*


Xavier en Mariana met leierskap opleiding en ook 'n voedselskema in die gemeenskap. Anastancio en Betty ook besig met voedselskema van die groente en vrugte wat hulle self verbou op Guija Sending Stasie. Sy sending kar nog stukkend en is ongeveer R8500 nodig.


*Zambia*


Gaan goed met Fred en Mavis. Fred was op 'n uitreik in Tanzania.


Gebedsversoeke.

1) Bid asseblief vir my gesondheid. Geruime tyd al siek met 'n seer keel en hoes.

2) Ons versekering is verhoog met R138. Ons sal moet kanseleer as daar nie ekstra fondse inkom maandeliks nie.

3) Daar word 'n paar groot projekte beplan asook twee buitelandse besoeke, bid asseblief.

Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


Groete in Christus.

.

(Saai Rekeninge: Capitec- Sending:153-718-3077 en Persoonlik. Capitec: 124 344 5945)


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.



Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comentários


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page