top of page

15 September 2025. Getuienis en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • 16 hours ago
  • 7 min read
Deo Volente Sendin Sending
Deo Volente Sendin Sending

15 September 2025


Liewe Vriende.


"Wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?"”. Jesaja 53:1.


Ek wil vandag met 'n dankbare hart terugvoer gee oor my gesondheid en die pad van genesing waarop die Here my geplaas het.


Na ‘n reeks besoeke aan dokters, waarvan een voorgestel het dat my vinger geamputeer moet word as gevolg van bloedvergiftiging, het ek nie vrede daaroor gehad nie. In my stiltetyd het ek duidelik beleef dat dit nie Vader se wil is nie. Ek het toe op 10 September ‘n tweede opinie gaan kry. Die dokter se bevinding was anders: Geen amputasie is nodig nie. Hy het bevestig dat daar ernstige inflammasie is, maar dat die antibiotika, alhoewel stadig werkend, steeds effektief is en ek moet daarmee voortgaan.

Hy het ook bevestig dat die sorg wat ek self daagliks toegepas het – om my hand in warm Engelse soutwater te week en jodium toe te dien – baie goed was. Hierdie eenvoudige stappe het ‘n groot verskil gemaak.

Terwyl ek hierdie getuienis tik, het die swelling in my hand afgeneem, die rooiheid is besig om te verdwyn en die kleur van my hand en vinger is amper terug na normaal. Wat vir my besonders is, is dat die gevoel teruggekeer het in my vinger – iets wat vir twee weke afwesig was. Ek kan selfs weer pyn voel – en dít is vir my ‘n wonderwerk!

Ek loof en prys die Here vir Sy guns en getrouheid. Ek weet dat volkome genesing aan die kom is. Dankie vir elkeen se gebede, aanmoediging en liefde.


🙏 Gebedsversoek

Ek vra julle om asseblief saam met my te bly bid vir die volgende:

  1. Dat die laaste swelling in die vinger sal sak.

  2. Dat die rooi kol heeltemal sal verdwyn.

  3. Dat daar geen infeksie of inflammasie in die been sal oorbly nie.

  4. Dat geen hospitalisasie of amputasie ooit nodig sal wees nie.

  5. Vir volkome en spoedige herstel – tot eer van God.


"Die woord wat jy glo, is die woord wat jy sal ontvang." Daar was twee verslae: een van mens, een van God. Ek het gekies om God se verslag te glo – en Hy het begin beweeg! Ons geloof is nie in mense se vermoë nie, maar in God se bonatuurlike vermoë om te genees, te herstel en te red. Hou aan glo – nie net vir my nie, maar vir jouself ook.


Gebed: Vader God, Dankie vir U troue versorging en vir U genade, en vir U genesende hand wat reeds besig is om my vinger en liggaam aan te raak. U is die Groot Geneesheer en ek plaas my volle vertroue in U. Ek verklaar in Jesus se Naam dat die swelling verdwyn, dat die infeksie opdroog, en dat geen verdere mediese ingryping nodig sal wees nie. Dankie vir die herstel wat reeds begin het – U Naam alleen kom al die eer toe!

Ek vra ook dat U elkeen wat gebid het, sal seën en versterk. En verklaar: “Deur U wonde is ek genees.” (Jesaja 53:5)


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Vinger. Bid asseblief saam vir Johan se vinger dat die laaste swelling in die vinger sal sak, die rooi kol heeltemal sal verdwyn, daar geen infeksie of inflammasie in die been sal oorbly nie, dat geen hospitalisasie of amputasie ooit nodig sal wees nie, en vir volkome en spoedige herstel – tot eer van God.

  2. Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.

  3. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  4. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  5. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  6. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  7. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  8. MANS IN SUB-SAHARA AFRIKA. Bid vir vaders in Gwer-Wes in Benue-staat, waar ʼn reeks gewapende aanvalle meer as 40 mense dood gelaat het. “God, ons bid nou vir die vaders wat ly en ontman voel. Versterk hulle asseblief met U krag en vrede wat alle verstand te bowe gaan”(Fil. 4:7).

  9. VROUE IN SUB-SAHARA AFRIKA. Ontvoerde vroue wat uit gevangenskap ontsnap, kom dikwels huis toe met kinders wat in gevangenskap gebore is. Sommige keer swanger terug. Bid vir die mans wat sukkel om hierdie kinders of swangerskappe te aanvaar. Ekstremiste gebruik verkragting as ʼn wapen teen beide vroue en mans. Rifkatu* is vier weke ná haar troue ontvoer. Sy het ondenkbare geweld deur haar ontvoerders verduur. Prys God vir haar vrylating en bid vir volgehoue genesing.Rifkatu word voortdurend geteister deur verskriklike nagmerries oor Fulani-militante wat haar agtervolg. Bid dat die Prins van Vrede hierdie nagmerries sal wegneem en haar broodnodige rus sal gee. Rifkatu is desperaat om te verhuis ter wille van haar gesin se veiligheid. “Bid dat God die gebied waar ek woon, sal verander,” vra sy. “Ek het ʼn sterk begeerte dat God dit sal verander.” Bid vandag saam met Hakuri*,ʼn weduwee in Niger. “Bid vir vrede in ons streek en teen onsekerheid,” vra sy. “Ons is bang vir wat gebeur. Ons hoor elke dag geweerskote.”Bid saam met weduwees wat dikwels vra vir getroue veerkragtigheid. Hakuri sê:“Ek smeek Christene regoor die wêreld om vir ons te bid – ons het vrede nodig. Bid dat God ons geloof in Christus sal sterk sal maak om vervolging te verduur.” Bid dat weduwees ekonomies veerkragtig sal wees en nie vatbaar vir lokmiddels en skemas sal wees nie. Armoede kan dikwels tot desperaatheid en oorgawe lei.

  10. 24-7 Gebed vir Herlewing (15-21 September 2025). Wêreldwyd het mense van God se oorspronklike ontwerp vir huwelik en intimiteit afgewyk, en die wêreld het dit vervorm. Huweliksintimiteit, geskape as 'n heilige verbond, word dikwels as terloops beskou of deur die samelewing verdraai. Ons bid dat ons harte weer in lyn sal kom met God se plan vir heiligheid, en dat gesinne regdeur die wêreld die heerlikheid van Christus sal weerspieël.

Bid vir huwelike wat in lyn sal kom met God se oorspronklike ontwerp vir reinheid, eenheid en vrugbaarheid.

Vra dat paartjies hul liggame sal eer en hul huwelike sal beskerm teen versoekings en sonde.

Bid vir diep bekering en herstel in diegene wat in sonde geval het, en dat daar genesing en versoening sal wees.

Vra vir God se verlossende liefde om gebroke huwelike te genees en herstel na verraad.

Bid vir huwelike om beskerm te word teen pornografie, ontrouheid en sonde, en dat die huwelik sal wees 'n getuienis van Sy liefde.

Vra vir huwelike wat gevul sal wees met diensbaarheid en nederigheid, wat Christus se liefde weerspieël.

Bid vir Christelike huwelike wat die liefde van Christus vir Sy kerk weerspieël, wat as getuienisse van Sy Evangelie in die wêreld staan.


ree






Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens

 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry and Ministry Team:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page