top of page

15 November 2021. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Nov 12, 2021
  • 5 min read


Gebednet.

2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.



15 November 2021.


Liewe Vriende.


En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade 'n blywende troos en goeie hoop gegee (2 Tess 2:16-17).


Waaraan dink jy wanneer daar van bemoediging gepraat word? Aan iemand wat 'n ernstige krisis beleef en nou vertroosting nodig het? Luister dan wat die doel van hierdie bemoediging is: Mag julle in al die goeie wat julle doen, bemoedig word. Hierdie bemoediging moet dien as 'n aanmoediging om in goeie werke toe te neem, om dit met nog groter geesdrif en deursettingsvermoë te doen.


“Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.” (Spreuke 21:13) Ten spyte van geweldige terugslae gedurende die covid pandemie mag ons nie toelaat dat ons moedeloos word nie, maar ons eerder toegespits op die doen van goeie werke en ander help.


Nou sal u sê dat ons nie deur werke gered word nie maar deur genade. Dit is korrek so, maar die Woord sê dat ons, ons naaste moet liefhê soos ons self.(Matteus 22:37-39.) As jy jou naaste lief het soos jouself dan kan jy nie toesien dat hy of sy honger ly of swaarkry nie!


En dan kry hulle 'n trooswoord. God het sy liefde aan hulle bewys en aan hulle 'n blywende troos en goeie hoop gegee. 'n Blywende troos? Ja, dit gaan hier oor die inwoning van die groot Trooster, die Heilige Gees wat nooit God se kinders verlaat nie. En benewens die troos is daar ook die hoop - nie 'n ydele verwagting nie, maar die hoop wat reeds deur Jesus se kruisverdienste vir ons 'n realiteit geword het. Hou aan met goeie werke, help iemand wat minder as jy het en geniet die blywende troos en verbly jou in die hoop vir altyd.


“En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. (Handelinge.2:44-45.)


Gebed: Here, dankie dat ek deel het aan 'n blywende troos en dat ek ander kan help. Amen.

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Road Trip-Pretoria. Esther se moeder is nie wel nie na ‘n ligte beroerte aanval. Die beplanning was om as gesin per voertuig re reis na Pretoria. Tans is dit egter nie moontlik nie a.g.v. finansies en is besluit dat Esther alleen sal reis per vliegtuig en ons as gesin sal teenwoordig. Daar is tans fondse vir ‘n enkel kaartjie maar nie vir ‘n retoer kaartjie nie. Bid asseblief saam vir fondse.

  2. Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.

  3. Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders in Malawi, Mosambiek en Kenya, Zimbabwe, Uganda en Zambia.

  4. Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en moet dringend vervang word. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.

  5. Suid-Filippyne.Islam is die meerderheidsgeloof in die Suid-Filippyne, veral in plekke soos 6(Suid-Filippyne vervolg) Mindanao. Daarom het ons plaaslike vennote met navorsing begin om te bepaal of burgers van Mindanao wat in ander

  6. dele van die Filippyne bly, ook vervolging weens hul geloof ervaar. Bid vir God se leiding oor waarheen om te gaan en met wie om onderhoude te voer.

  7. Maledive. Baie Malediviërs reis na Indië en Sri-Lanka vir mediese redes en hul kinders se opvoeding. Bid dat Christene in hierdie lande ʼn seën sal wees vir Malediviese Christene wat in nood is. Bid ook dat hulle ʼn lig vir die buitelanders in hul lande sal wees.

  8. Broenei.Daar is slegs ʼn handvol kerke in Broenei. Bid dat die leiers en kerke ʼn manier sal vind om gelowiges in Broenei te verenig sodat die Kerk versterk kan word. Bid dat die Gees van God gelowiges se harte sal vul en kragtige en wonderbaarlike werk in die nasie sal doen.

  9. Sri Lanka. ʼn Pastoor in die noordelike provinsie van Sri Lanka is vanjaar op die aand van Goeie Vrydag aangerand en beseer. Hy is in die hospitaal opgeneem vir behandeling, en het dowwe visie en ʼn gelui in sy ore ervaar. Bid vir hom terwyl hy die trauma van die gebeure verwerk.

  10. Sentraal-Asië. Oram* is ʼn sekuriteitswag. Sy werkgewer het alles in sy vermoë gedoen om hom te oorreed om van sy geloof afstand te doen. Hy kry sy salaris laat, word net gedeeltelik betaal en daarvan beskuldig dat hy van die maatskappy steel. Hy worstel met die vervolging. Bid vir sy emosionele welstand en geloofsgroei.

  11. Saoedi-Arabië. In Saoedi-Arabië is die aantal depressielyers tot drie keer soveel as die wêreldwye gemiddeld. Baie van hulle sukkel en roep tot God vanuit hul alleenheid, isolasie en diep hartseer. Bid vir Saoedi-Arabiere om hiervan genees te word en om toegang tot hulpbronne te kry om hul depressie te behandel.

  12. Marokko. Tydens die skryf hiervan het Weam* se familie hom in ʼn psigiatriese hospitaal laat opneem omdat hy ʼn gelowige geword het. Bid vir sy vrylating en dat die Heilige Gees hom sal bedien terwyl hy vervolging van sy familie ervaar.


*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 078 674 6125.

For quick support of the ministry for as little as R10 please click on the following link for an online donation. Just R10.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.

You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.


The Lord provide and keep the ministry going through donations of friends & family. If you want to give in peace and joy a part of your mission budget – welcome!! Thank you for your obedience. Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38;


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit:

https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page