top of page

15 Mei 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • May 15, 2023
  • 4 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

15 Mei 2023.


Beste Vriende.


“Wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.(2 Kor 1:4).


Ons word geroep om na mekaar uit te reik, om mekaar in die geloof te bemoedig. In sy brief aan die Korintiërs voeg Paulus iets belangriks by: Ons bemoedig mekaar omdat God ons bemoedig, en op dieselfde manier as wat God ons bemoedig. Ons bemoediging van mekaar is dus ’n verlengstuk van God se bemoediging van ons. Ons as gemeentelede het ons bestaan en ons voortbestaan te danke aan ons Hoof en Here. En hoe ervaar ons nie telkens dat ons Here ons deur sy Woord en Gees versterk en bemoedig nie!


Maar hiermee is die proses van geestelike opbou nie afgehandel nie. Ons moet nou hierdie geestelike voedsel met mekaar deel. Soos die Here ons bemoedig. Het jy al daaraan gedink dat jy God se persoonlike verteenwoordiger in ander se lewe kan wees? Bied maar net jou opregte omgee en ondersteuning aan. Getuig van wat die Here vir jou doen. Dit is genoeg. Die Here self sal sy werk verder voortsit.


Ons bemoediging van mekaar is ’n verlengstuk van God se bemoediging van ons.


Gebed: Here, maak van my u instrument van bemoediging. Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Nepal. Suman Bhandari* en sy gesin is weens hul geloof gedwing om hul huis te verlaat, met slegs ʼn snoepie as inkomste. Bid dat God hul winkel sal seën en uitbrei om in hul basiese behoeftes te voorsien.

  2. Colombië. Onder die nuwe regering sal baie veranderings waarskynlik in die land plaasvind. Bid vir God se beskerming, genade en wysheid vir die nuwe regering.

  3. Libanon. Baie Libanese wonder op watter wyse korrupte politici aan bewind kan bly. Talle het hul spaargeld verloor en sukkel weens korrupsie om hul gesinne te voed. Bid vir voorsiening vir gelowiges en ʼn lig aan die einde van die tonnel vir Libanon.

  4. Viëtnam. Die owerhede het verlede jaar twee godsdienstige konsepbevele uitgereik. Kenners en kerke is bekommerd dat dié bevele Viëtnamese godsdiensvryheid verder sal beperk. Bid dat gelowiges in dié tyd aangemoedig sal word om God te soek en nader aan Hom sal beweeg.

  5. Noord-Korea. Lady Da Hyeon is ʼn geheime gelowige wat by ons skuilhuis opgelei is. Die pandemie het haar verhinder om huis toe te gaan. Bid vir haar veiligheid en leiding wanneer sy na Noord-Korea terugkeer om die Evangelie met haar familie en goeie vriende te deel.

  6. Bangladesj. Christen-studente van bekeerde gesinne kry swaar op skool. Bid dat dié jong Christene Jesus se liefde en wysheid ten spyte van vervolging met ander kan deel. Mag hulle dade Christus verheerlik.

  7. Tunisië. Tunisië ervaar politieke onrus. Bid vir stabiliteit in die land en vir die Kerk om te midde van die onrus te groei en ʼn lig te wees.

  8. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  9. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  10. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  11. Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R1125 per sessie kos en moet tien oor tien weke gedoen word. Bid asseblief saam vir voorsiening want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.

  12. Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.

  13. Vierfontein. Dankie vir almal wat vir ons gebid het vir ons suksesvolle Noord Wes/Vierfontein besoek en alle eer aan Vader daarvoor vir die geleentheid om te kon gaan.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.

Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.

You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comentários


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page