15 Januarie 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jan 12, 2024
- 5 min read

Deo Volente Sending
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
15 Januarie 2024
Beste Vriende.
“Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in 'n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. “ Hebreeërs 11:8-9.
Gehoorsaamheid aan God is dikwels 'n reis deur onbekende gebiede, soos in ons geval: "As God se trek, dan trek jy, al is dit die Vrystaat waar jy nie wil wees nie." Hierdie metafoor mag dalk 'n bietjie humoristies klink, maar dis 'n ernstige herinnering dat gehoorsaamheid nie altyd maklik of gemaklik is nie.
In die Bybel sien ons herhaaldelik die tema van gehoorsaamheid na vore kom. Een van die mees duidelike voorbeelde is Abraham, wat op God se bevel sy huis verlaat het sonder om te weet waar hy heen gaan. Hierdie blinde gehoorsaamheid is 'n inspirasie vir ons eie geloofsreis.
'n Ander voorbeeld is die gehoorsaamheid van Jesus self. In Filipense 2:8 lees ons: "En in gestalte gevind as 'n mens, het Hy Homself verlaag deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood aan die kruis." Jesus se gehoorsaamheid het 'n reddingsplan vir die mensdom in beweging gesit.
Wanneer ons God gehoorsaam is, mag ons dalk nie altyd die pad voor ons sien nie, maar ons kan verseker wees van God se leiding. In Spreuke 3:5-6 lees ons: "Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak."
Laat ons dus in elke stap van ons lewe strewe na gehoorsaamheid aan God, selfs al is die pad onseker. Laat ons nie ons eie beperkte insig vertrou nie, maar eerder ons geloof vestig op God, wat altyd die volmaakte plan vir ons het.
GEBED: Here God, dankie vir die voorbeelde van gehoorsaamheid wat U ons in die Bybel gegee het. Help ons om u leiding te volg, selfs wanneer die pad onduidelik is. Gee ons die geloof en moed om te gehoorsaam, wetende dat U altyd 'n volmaakte plan het vir ons lewe. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Colombië. Vrywilligers wat die Kindersentrum in Colombië besoek, vorm spesiale bande met die kinders. Bid dat meer mense die sentrum sal kan besoek om die kinders te bemoedig.
Jemen. Dank God dat só baie mense in Jemen Christus soek op aanlyn platforms wat dissipelskapklasse aanbied. Bid dat hulle Christus hierdeur sal leer ken.
Wêreldwaarnemings-lys-vrystelling. Bid vir al die aanbiedings en geleenthede regoor die wêreld vir Geopende Deure se 2024-Wêreld-waarnemingslys. Mag meer oë oopgaan vir die lot van ons vervolgde familie en talle geroep word om saam met hulle te staan.
Noord-Korea. Geopende Deure-veldwerkers verskaf elke jaar ondersteuning en opleiding aan 150 tot 200 Noord-Koreaanse vroue wat die slagoers van mensehandel na China is. Bid vir die beskerming van diegene wat dié geheime vergaderings bywoon.
Nepal. Die een na die ander voorval van gewelddadige vervolging vind in Nepal plaas. Dié toename in haat teenoor Christenskap dryf gelowiges na ʼn meer kwesbare situasie,” deel Geopende Deure se plaaslike vennoot, Anita Magar*.Bid vir die beskerming van gelowiges in Nepal.
Midde-Ooste. Bid dat Jesus se liefde by Moslems in Egipte, Sirië, Irak en die res van dié streek weerspieël sal word deur die lewens van Christene wat hier woon.
Sirië en Irak. Bid dat Geopende Deure-vennote se leierskap-opleiding deelnemers sal aanmoedig om in hul lande aan te bly en dit wat hulle geleer het, te gebruik om tot die herbou van hul gemeenskappe by te dra.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Verhuising. Einde Maart 2024 verhuis ons vanaf Somerset Wes na Winburg. Bid asseblief saam vir die totale verhuising aangesien om te verhuis traumaties kan wees. Ons het in 2012 laas verhuis na ‘n ander huis en bly al die afgelope 12 jaar in dieselfde huis hier op Somerset Wes.
Nuwe Woning. Ons nuwe woning op Winburg benodig reperasies en verfwerk, bid asseblief hiervoor.
Water op Winburg. Die dorp het uitdagings met water voorsiening vanaf die munisipaliteit maar God het vir ons ‘n huis met ‘n boorgat voorsien. Bid asseblief vir die voorsiening van ‘n 5000liter water tenk, tenk staander en toerusting van die boorgat.
Ondersteuners. Bid asseblief dat Vader vir ons meerondersteuners sal oprig wat maandeliks per debietorder ondersteun.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Nuwe Jaar en Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
Spesiale Fondsinsameling. https://www.backabuddy.co.za/change-a-nation-christmas-appeal
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments