15 Augustus 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Aug 11, 2022
- 4 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
15 Augustus 2022
Liewe Vriende
Sê Naómi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag die HERE aan julle guns bewys soos julle aan die dode en aan my bewys het.“ Rut 1:8
Die boek Rut bestaan uit vier episodes. In Rut 1:1-22 lees ons van Naomi en haar man wat na Moab toe trek. Toe sterf haar man en seuns daar in die vreemde. Sy keer hierna as 'n arm weduwee na Betlehem toe terug. Haar Moabitiese skoondogter, Rut, besluit om saam met haar terug te gaan na Israel toe. Rut 2:1-23 vertel van Rut wat koringare gaan optel op die landerye van 'n ryk man, Boas. Op 'n dag loop Rut vir Boas raak. Sy vertel vir Naomi van die ontmoeting. In Rut 3:1-18 lees ons hoe Naomi vir Rut terugstuur na Boas toe om hom as haar nuwe man te probeer wen. Boas is immers ook familie van Naomi. Rut 4:1-17 vertel hoedat 'n ander familielid eers van sy wetlike reg om met Rut te trou afstand doen voordat Boas met haar trou. Hulle het later 'n seuntjie, Obed. Die boek sluit af met 'n kort geslagsregister van koning Dawid omdat Obed die oupagrootjie van hierdie groot koning van Israel is. In dié boek ontdek ons dat die Here doodgewone mense soos Naomi en Rut gebruik om sy planne uit te voer. Net so gebruik Hy ons wat in 2022 op sy pad stap.
GEBED: Lei my vandag in u volle waarheid, Here, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Noord-Afrika. Sarah* is deur ʼn Christelike gesin onderhou en deur Geopende Deure bygestaan nadatm haar familie haar verstoot het. Bid vir Sarah se nuwe gesin en deursettingsvermoë om ʼn lig vir diegene rondom haar te wees. Latifah* is meer as 15 jaar gelede verstoot omdat sy tot bekering gekom het. Sy verduur steeds vervolging deur haar familie. Bid dat sy, haar man en dogter standvastig in die Here sal bly en dat Hy in alles vir hulle sal voorsien.
Indië. Bid vir Christene wat die slagoffers is van anti-Christelike bewakers wat bekering wil voorkom. Bid dat hulle in geloof, lofprysing en aanbidding standvastig sal bly.
Algerië. Bid vir vervolgde kerkleiers in Tizi Ouzou, wat gedwing word om kerke te sluit. Bid vir die vestiging van selgroepe waar gelowiges sonder vervolging kan aanbid. Bid vir vrede en wysheid vir hul kudde.
Sirië. Bid vir gelowiges soos Anwar*, wat weens vervolging en onsekerheid oorweeg om weg te gaan uit Sirië. Bid dat hulle veiligheid sal vind en hul geloof in Christus sal behou. Bid vir Goddelike seën op hul reise.
Viëtnam. Bid vir vervolgde Viëtnamese Christene wat teistering ervaar. Bid dat hulle in die skadu van God se vleuels vertroosting sal vind.
Maledive. Bid vir diegene wat met Christus in die Maledive kennis gemaak het en weens vervolging nie dié vreugde met ander kan deel nie. Bid dat hulle standvastig in hul geloof sal bly.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërder Kuda en sy span.
Finansies. Graag vra ons spesiale gebede vir ons finansies en dat Vader nuwe ondersteuners wil ons sal opwek asook bronne van inkomste. Nie ek of Esther kry enige salaris of toelaag nie en ons enigste inkomste is donasies.
*Name verander vir sekuriteits doeleindes.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments