14 Oktober 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Oct 9, 2024
- 6 min read

Deo Volente Sending
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
14 Oktober 2024.
Liewe Vriende.
"En Hy het aan hulle gesê: Die oes is groot, maar die arbeiders is min. Bid daarom die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes sal stuur." Lukas 10:2
Hierdie woorde herinner ons aan die dringende behoefte aan arbeiders in die Koninkryk van God. Op Winburg ervaar ons die werklikheid van hierdie vers elke dag, waar die behoefte aan geestelike leiding en ondersteuning net groter word. Ons sien mense rondom ons wat hunker na hoop en leiding, en dit laat ons besef dat ons 'n taak het wat groter is as onsself.
In ons sending op Winburg is die oes werklik groot. Ons kom in aanraking met verskillende mense en gemeenskappe wat honger is vir die Woord van God. Hulle verlang na liefde, gebed, ondersteuning en geestelike groei. Hierdie situasie herinner ons dat die werk wat voor ons lê, nie net 'n verantwoordelikheid is nie, maar ook 'n voorreg. Dit is 'n geleentheid om God se liefde en genade aan ander te bring, om hulle te ondersteun en te lei in hul geloofsreis.
Maar terwyl ons die grootheid van die oes sien, besef ons ook dat die arbeiders min is. Dit is 'n uitdagende werklikheid wat ons aanmoedig om nie net te bid nie, maar ook om aksie te neem. Elke lid van ons sending moet besef dat hulle 'n rol het om te speel in die uitbreiding van God se Koninkryk. Dit is 'n tyd om ons hande vuil te maak, ons talente en gawes te benut, en saam te werk in die sending van ons Heer.
Laat ons daarom, met opregte harte, bid dat God arbeiders sal stuur in die sending akker. Mag ons nie net toeskouers wees nie, maar aktief deelneem aan die arbeid. Ons weet dat as ons vra, God ons sal lei en ons sal bemagtig om die leë plekke in ons gemeenskap te vul en evaneliste en sendelinge sal stuur. Ons staan op vir Jesus om die roeping wat God vir ons het, met liefde en toewyding na te kom.
Gebed: Vader, ons kom na U en dra Winburg met al die uitdagings aan U op en vra dat U wil geskied. Vader breek asseblief die vestings van jaloesie en verdeeldheid wat ons gemeenskap verdeel en verenig mense met U liefde en begrip, sodat ons saam kan werk aan 'n toekoms vol hoop en herstel. Laat die inwoners mekaar ondersteun, aanvaar en waardeer en laat U wil geskied. Dit bid ons in die Naam van Jesus, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
NOORD-KOREA.Noord-Korea gebruik onmenslike strafkampe om mense in vrees te laat lewe. Ongeveer 250 000 Christene is in die tronk weens hul geloof. Vra God om hulle te vul met hoop en vrede wat alle verstand te bowe gaan.Bid vir ten minste tien Noord-Koreaanse Christene wat onlangs na politieke strafkampe gestuur is. Bid dat hulle God se hart vir hulle sal ken. Here, laat U Gees op hulle neerdaal.Vra God om hierdie moedige gelowiges met sy weermag van engele te omring. Ons bid dat hulle Sy vrede wat oor hulle harte en gedagtes wag hou, sal ervaar (Fil. 4:7).Bid vir die dapper, maar desperate, Noord-Koreaanse vlugtelinge wat hulle lewens waag om die grens na China oor te steek om geld te verdien vir hulle families. Bid dat hulle Jesus in China sal leer ken.
HAITI. Bid teen die vlaag van geweld wat die land tref. Bendes het die hoofstad, Port-au-Prince, oorgeneem. Bid vir bonatuurlike vrede. Bid vir die geliefdes van drie toegewyde sendelinge, Jude Montis en Natalie en Davy Lloyd. Hulle is een aand na kerk in Port-au-Prince ontvoer ene doodgemaak. Vra God om die strate vanPort-au-Prince en ander dele van Haiti te bevry van die invloed van bendes en geweld wat die land teister. Bid vir die kerke, pastore en sendelinge wat in Haiti werk en daagliks hul lewens in gevaar stel. Bid vir wysheid en vrede.
Winburg-Jeug.Simeon en Joshua se jeug bediening vergader twee maal per maand om te “kuier” en speeletjies te speel en om Jesus vir die jeug te wys, Bid dat Vader self die regte jeug sal stuur en dat dit sal groei.
Winburg-Vroue Bediening.Esther se vroue bediening kom twee maal per maand bymakaar om mekaar te bemoedig en vir mekaar te bid.
Winburg-Bybel Studie Groep.Daar is ‘n geweldig behoefte aan Bybel kennis en hierdie studie groep is begin waar enige een kan inskakel een maal per maand en sodoende meer uit die Woord te leer.
Winburg Manne Groep.Bid vir die manne groep wat een maal per maand bymekaar kom om mekaar te bemoedig, getuig en vir mekaar te bid.
Winburg-Leiers Groep. Bid vir die leiers groep wat een maal per maand bymekaar kom om mekaar te bemoedig en vir mekaar te bid.
Winburg-Hoender Projek.Simeon & Joshua is in proses om ‘n hoender projek te begin waar hulle hoenders en eiers aan die gemeenskap wil verkoop en so daardeur hulle bediening wil finansier.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid spesiaal vir Pastoor Alex en Richard in Kenya wat geweldige uitdagings met hulle voertuie ervaar asook Anastancio in Mosambiek met sy voertuig.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
De Villiers Street, Winburg. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Account:
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
Comments