top of page

14 November 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Nov 12, 2022
  • 4 min read

Gebednet.

14 November 2022


Beste Geestelike familie en vriende.


“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word” (Matt 5:3-4).

Geseënd wanneer jy treur? Nee, ons wíl nie treur nie, want dit beteken dat 'n ramp ons getref het, dat ons 'n verlies gely het. Waarom dan geseënd?


In die saligsprekings keer Jesus juis die orde om, om ons te leer dat alles wat na ons mening sleg is deur God se genade vir ons goeie gevolge kan hê. Daarom is die heel eerste saligspreking die spil waarom alles draai: Besef eers jou volkome afhanklikheid van God en ontdek dan dat mense wat uit God se hand lewe, aan die wenkant uitkom.


Die diepste hartseer wat ons ervaar, het meestal te doen met die verlies van lewe - 'n dierbare wat ons ontval het of ons eie lewe wat ernstig bedreig word. Ons treur oor die verlies van die goeie lewe wat God vir ons gegee het. Wanneer jy só treur, kan jy weet dat God jou sal vertroos. Hy sal jou trane afvee en vir jou die vreugde van die lewe teruggee. Solank jy in diepe afhanklikheid van Hom lewe, sal jy die lewe by Hom vind. Leef in diep afhanklikheid van God en Hy sal vir jou die lewe gee.


Gebed: Here, dankie dat ek een van die gelukkiges is wat by U kan treur en deur U vertroos kan word, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Sirië.Bid dat God vrywilligers by die Sentrums van Hoop, wat dikwels verwaarloosde armes en bejaardes bystaan, sal seën. Bid dat hulle ʼn hart sal hê vir diens aan medeburgers en vir voortgesette voorsiening vir hierdie sentrums.

  2. Suidoos-Asië. Prys God vir die wonderbaarlike getuienisse van vroue soos Lisa*. Bid dat meer harte vatbaar sal wees om die Evangelie te ontvang en daardeur Jesus as Verlosser aan te neem.

  3. Wêreldvredesdag. Bid dat talle mense regoor die wêreld die Here se vrede sal leer ken. Bid vir die vrede van Jesus, wat alle verstand te bowe gaan, om in gelowiges se lewens te heers. Bid dat hulle met genade en kalmte teenoor mekaar en nie-gelowiges sal optree

  4. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  5. Nigerië. Bid vir Nathan en Rebecca terwyl hulle op die Here wag vir die terugkeer van hul dogter, Leah, wat in Februarie 2018 deur die Islamitiese Staat ontvoer is. Bid dat hulle bemoedig sal word deur hul dogter se geloof terwyl hulle in gebed hoopvol bly.

  6. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  7. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  8. Midde-Ooste. Prys God vir bekeerde ongelowiges en die saadjies van hoop wat deur Geopende Deure se sewe jaar lange “Hoop vir die Midde-Ooste”-veldtog in die harte van baie mense geplant is. Terwyl die jaar tot ʼn einde kom, bid dat God sal voortgaan om kragdadig in die Midde-Ooste te werk.

  9. Sosiale media. Hierdie bediening groei en brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.

  10. Kuba. Bid dat vervolgde gelowiges sal besef dat geboue nie ʼn kerk vorm nie. Aangesien kerke voortdurend in Kuba gemonitor word, is dit belangrik dat hulle weet: Waar twee of meer bymekaar kom, is God se gees teenwoordig. Bid vir wysheid vir die verskillende gemeenskapskerkleiers.

  11. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  12. Bediening. Ons staan aan die vooraand van GROOT veranderinge in die bediening. Bid asseblief saam vir wysheid, kennis en ‘n gladde oorgang.


*Name is vir sekuriteitsredes verander.


Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.



Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page