top of page

14 Maart 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Mar 10, 2022
  • 5 min read

Gebednet.



Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


14 Maart 2022.


Liewe Vriende.


“Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink — en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap — oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe, omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus.” {Fillipense.1:3-6}


“En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek 'n deelgenoot daarvan kan word. Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal.” {1 Kor.9:23-24}


Terwyl ek voorberei dink ek terug aan November 2003 in Pretoria toe daar ‘n groep van 21 gegradueerdes voor die poduim gestaan het waarvan ek en Esther deel was. Almal het sterre in hulle oë gehad en vlinders in die maag. Vandag amper 20 jaar later wonder mens wie is nog in die bediening en wie arbei nog voltyds in God se Koninkryk. Die lektor het die betrokke dag nog gesê dat 10% van alle sendelinge binne die eerste drie jaar uitval en die bediening verlaat en 25% na sewe jaar en dat net 5% na twintig jaar nog vas staan en aanhou. Ek wonder hoeveel van die 21 wat die dag voor die poduim gestaan het is nog in die sendingveld?


Ons loof en prys die Here vir Sy Goedheid en Guns dat ons na amper twintig jaar nog steeds op die baan hardloop en ons uitstrek om die prys te behaal. Soos Barnabas en Saulus afgesonder is, weet ons dat God ons afgesonder het vir die voltydse bediening en is ons hierdie jaar al 22 jaar in die bediening.


“En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.” {Handelinge 13:2}


Dit was nie altyd maklik nie, maar God dra mens deur in elke beproewing en uitdaging. Al is dit net ter wille van een siel wat gered is van die helse vuur dan was al die swaarkry en uithou die moeite werd.


God speel nie wegkruipertjie met sy wil vir jou lewe nie. God het Saulus en Barnabas op die naam geroep. Ja, Hy ken jou naam, waar jy woon en die omstandighede waarin jy jouself bevind. Gideon was besig om koring in 'n parskuip te dors (om dit vir die Midianiete weg te steek) en Petrus was besig om vis te vang, toe God hulle geroep het.


Dit is wonderlik om te getuig as ons die vrug op ons arbeid sien. Dit het klein begin deur dagstukkies uit te stuur, toe na voedselskemas, gemeenskaps projekte, groente tuine en gebed tot God die deure oor landsgrense begin oopmaak het en ons in 1998 in Mosambiek begin het, daarna Malawi waar die Leierskap Opleiding begin het in 2012, Zambia het gevolg, toe Kenya, Zimbabwe en nou onlangs Tanzania en Uganda


Die bediening groei en loof en prys ons die Here vir bekwame manne en vroue wat HY rondom ons oprig. Sonder hulp is die taak onmoontlik en sê ons DANKIE vir elke koordineërder in elke land wat deel is van God se Koninkrykswerk!


Jou gebrek aan ervaring beperk God nie, omdat Hy nie gekwalifiseerdes roep nie, maar die geroeptes kwalifiseer. Wag dus op God en wanneer die tyd reg is, sal Hy jou roep.


Gebed: Baie dankie Vader dat U ons geroep het en tot hiertoe deurgedra het, ons Loof en Prys U grote Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Turkye. Godsdienstige nasionalisme groei in Turkye, wat ʼn toenemende versmorende atmosfeer skep en Christene onder enorme druk plaas. Bid dat dié wat weens hul geloof in Jesus onder druk is, sterk sal staan en dat hul liefde vir Hom sal groei.

  2. Mexiko. Kriminele netwerke het regdeur Mexiko versprei, en Christene ervaar die volgehoue risiko dat hulle geteiken kan word omdat hulle teen korrupsie en dwelmmisbruik gekant is. Bid dat God gelowiges met vrymoedigheid sal vul om die Evangelie aan te hou verkondig te midde van gevaarlike omstandighede.

  3. Kameroen. Die Islamitiese ekstremistiese groep, Boko-Haram, is aktief in die noorde van Kameroen, en het Christene ontvoer en doodgemaak. Bid vir vrede regoor Kameroen – vra God om die planne van dié wat geweld en haat aanmoedig, te stuit.

  4. Tadjikistan. Dis algemeen vir kerke om deur Tadjikistanse owerhede aangeval te word, en vir kerkgangers om ondervra en selfs gemartel te word. Bid vir krag en uithouvermoë vir pastore en kerkleiers, veral dié wat deur die regering gemonitor en aangehou word.

  5. Broenei. Dit is onwettig in Broenei om Islam vir ʼn ander godsdiens te verlaat. Bid vir die sultan van Broenei, dat God sy hart sal verander en Sy liefde en genade aan Hom sal openbaar. Bid ook dat God gelowiges sal beskerm wat vervolging vanaf hul families ervaar.

  6. Kasakstan. Die regering se beheer oor godsdienstige uitdrukking neem geleidelik toe, wat lei tot toenemende waarneming, aanvalle op kerkbyeenkomste en arrestasies. Bid dat God in die harte van die land se leiers sal werk sodat meer godsdiensvryheid toegelaat sal word.

  7. Nepal. Christene vanuit ʼn Hindoe-agtergrond ervaar die meeste druk in Nepal. Wanneer hulle Christene word, word hulle daarvan beskuldig dat hulle hul kulturele identiteit verraai. Bid vir beskerming en ondersteuning vir geïsoleerde en kwesbare gelowiges in afgeleë dorpe.

  8. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.

  9. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  10. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.

*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.




 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page