top of page

14 Julie 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • 2 days ago
  • 8 min read

Deo Volente Sending

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


14 Julie 2025


Liewe Vriende.


“Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.” {1 Korintiers 10:23}


Hierdie woorde van Paulus herinner ons aan die groot vryheid wat ons in Christus het. As gelowiges is ons nie meer onder die wet van veroordeling nie, maar onder die genade van God. Dit beteken egter nie dat alles wat ons mag doen, ook goed of reg is nie.


Die vryheid wat ons in Christus het, is 'n skat. Dit gee ons ruimte om met vreugde, hoop en liefde te leef. God het nie kinders gemaak om in kettings van skuldgevoel of wettisisme te leef nie. Ons is geroep tot 'n lewe van volheid en betekenis. Hierdie teks moedig ons aan om na te dink oor ons keuses: is dit wat ek doen werklik nuttig? Bou dit my op? Bou dit ander op? Ons het die geleentheid om doelbewus te kies vir dinge wat waarde toevoeg — aan ons geloof, aan ons karakter, aan ons verhoudings, en aan die wêreld rondom ons.


Tog dra vryheid 'n verantwoordelikheid. Alles is dalk “geoorloof”, maar nie alles bring lewe nie. Nie alles bring vrede nie. Nie alles bring eer aan God nie. Dis maklik om dinge te doen net omdat ons kan, sonder om die gevolge te oorweeg. Ons moet waaksaam wees teen selfgesentreerde vryheid — dít wat net op ons eie gemak en begeertes fokus. Só ‘n vryheid kan uiteindelik tot die dood lei — vir onsself en vir ander. As ons keuses nie stig nie, breek dit af. En wanneer iets afbreek in die liggaam van Christus, ly almal daaronder.


Daarom is hierdie vers nie net ‘n grens nie, maar ook ‘n gids: vra jouself af, “Is dit nuttig?” en “Is dit stigting vir my en vir ander?” Dít is die pad van ware vryheid – nie net om te kan kies nie, maar om reg te kies.


Gebed: Hemelse Vader, Dankie vir die vryheid wat U ons gee in Christus Jesus. Help my om daardie vryheid nie as 'n verskoning te gebruik vir selfsugtige keuses nie, maar as 'n uitnodiging om met wysheid en liefde te leef. Leer my om onderskeid te tref tussen wat geoorloof is en wat werklik nuttig is. Help my om keuses te maak wat opbou, wat stig, en wat U eer bring. Lei my elke dag deur U Gees, sodat ek nie net in vryheid leef nie, maar ook in waarheid en liefde. In Jesus se Naam bid ek,Amen.

 

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”



Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. JEMEN. Bid saam met die Kerk in Jemen wat swaarkry te midde van bomaanvalle, honger en die ernstige gebrek aan mediese sorg en opvoedkundige geleenthede. Bid dat hulle sal “hardloop en nie moeg word nie, loop en nie afgemat word nie” (Jesaja 40:31).ʼn Jemenitiese Christen het sy gebedsversoek gedeel: “Bid dat God sal voorsien sodat ons in die komende jaar sal kan voortgaan om saam met die Kerk te staan.” Christene in Jemen is dapper. Bid vir diegene wat moedig genoeg is om mense na hul huise te bring om te aanbid. Bid vir hulle beskerming en onderskeidingsvermoë.

  2. BANGLADESJ.Vra God om vir ons broer, Raju, en sy gesin te voorsien.Toe Raju Jesus gekies het,het sy werkgewer gesê hy moet ʼn keuse tussen sy geloof en sy werk maak. Vra God om Raju te help om alternatiewe maniere te vind om ʼn inkomste te verdien. Bid dat God Raju en sy gesin deur sy situasie sal versterk, en dat hulle hoop in Hom sal vind.

  3. SIRIË. Sedert die val van die Assad-regime laat in 2024,weet Christene nie wat om van die nuwe owerhede te verwag nie. Bid dat die Here gelowiges sal help om tot Sy getuies te groei. Bid vir kerke wat die afgelope paar jaar hul deure oopgemaak het vir bekeerlinge vanuit ʼn Moslem-of Druze-agtergrond. Bid vir kerkleiers en insig in hierdie nuwe politieke situasie. Dank God dat baie Koerdiese Moslems in die noordooste van Sirië in die laaste paar jaar volgelinge van Jesus geword het. Bid dat die Here hulle sal toerus en bemagtig met alles wat hulle benodig om sterk en magtig in hulle geloof te word

  4. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  5. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  6. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  7. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  8. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie bakkie.

  9. MORELE RELATIVISME VS. GODDELIKE GEDRAG. weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.. (Daniël 3:18).Morele relativisme is die oortuiging dat morele oordeel afhang van kulturele, maatskaplike of individuele perspektiewe. In teenstelling hiermee spruit goddelike vrug voort uit 'n Christus-gesentreerde lewe gebaseer op die Woord van God. Geïnspireer deur die lewenstyl van Daniël, bid vir: Jeug om standvastig te bly in hul geloof (Daniël 1:8-20). 'n Standvastige gees in moeilike tye (Daniël 3:17). Volgehoue gebedslewens (Daniël 6:11)

  10. LEIDING VAN OUER GESLAGTE. Opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. (2 Timoteus 1:5).Die geestelike insette van ouer geslagte ondersteun die oordrag van geloof en waardes aan by jonger geslagte. Hulle leiding, onderrig en ondersteuning aan die jeug in hul geestelike wandel help hulle om volwasse te word in hul verhouding met God en hul Christelike roeping effektief uit te leef. Geïnspireer deur die advies wat aan Timoteus gegee is, bid vir: Geestelike vaders om intens vir jong dissipels te bid (2 Timoteus 1:2-9).Die jeug om God se Woord te bestudeer en te bepeins (1 Timoteus 4:12)'n Lewenstyl wat deur onverganklike waardes gekenmerk word (1 Timoteus 6:11)

  11. ABSOLUTE WAARHEID VS. RELATIEWE WAARHEID. Op u woord kan 'n mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas. (Psalm 119:160). Die absolute waarheid is betroubaar, ongeag hoe 'n persoon daaroor dink of voel. Relatiewe waarheid is die oortuiging dat waarheid verander op grond van die individu se begrip daarvan. God se Woord en wat God oor Homself sê, is waar. Bid vir die jeug uit God se Woord, vir: 'n Begeerte om hul lewens te rig volgens God se Woord (Psalm 119:9). Persoonlike herlewing deur God se Woord, Gees en liefde (Psalm 119:25,37,107,154).• God se Woord om die hoogste agting in hul lewens te hê.(2 Timoteus 3:16-17)

  12. HARTSAKE.Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. (Spreuke 4:23).Die hart verwys na 'n persoon se gedagtes, emosies en invloede wat ons motiveer en vorm. Ons gedagtes – hetsy goed of sleg – beheer of beïnvloed ons ingesteldheid. Kultuur,opvoeding en die samelewing beïnvloed oortuigings,vooroordele, sienswyses en selfs hoe ons die waarheid interpreteer. Gebede vir die jeug uit die boek Spreuke, oor: Gebrek aan respek vir gesag en maklike toegang tot rykdom (Spreuke 1:8-19).Wysheid deur God te vertrou (Spreuke 3:1-12) Sewe dinge wat God haat (Spreuke 6:16-19

  13. GODGEGEWE DOEL. Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken… (Jeremia 1:5).Elke persoon is uniek geskape deur die Almagtige God,Skepper van hemel en aarde. Dit is te groot vir enigiemand om te begryp. Elkeen is uniek.Gebede vir die jeug van Jeremia se roeping, om: God te ken as ons hemelse Vader (Jeremia 1:5).Te verstaan dat God selfs die jongmense roep en toerus (Jeremia 1:6-7). God te vertrou vir Sy beskerming en belofte in die aangesig van teëspoed (Jeremia 1:8-12).

  14. GOD SE DOEL IS SEKER. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het. (Genesis 50:20).Uitdagende gebeure of seisoene in mense se lewens het die potensiaal om hulle van God se visie vir hul lewe te ontspoor.Wanneer hulle getrou bly aan God en met integriteit wandel,sal Hy alles ten goede laat meëwerk vir hulle (Romeine 8:28).Gebede vir die jeug uit die lewe van Josef:Koester die visie wat God jou gee (Genesis 37:3-11). Wandel in integriteit (Genesis 39:6-21). Beoefen jou godgegewe gawe in uitdagende omstandighede (Genesis 40)

  15. HUIS VAN MY VADER. Maar Hy antwoord hulle: "Waarom het u na My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die huis van my Vader moet wees nie?" (Lukas 2:49).Besprekings rondom God se Woord raak harte aan om Hom beter te leer ken en begrip te kry oor die liefde en vrees van God. Dit verbly ook ons harte om te weet dat ons deel kan wees van die uitbreiding van God se koninkryk.Gebede vir die jeug om by Jesus te leer: Voer oop gesprekke met geestelike leiers oor die Skrif.(Lukas 2:46).Soek die Vader in gebed (Markus 1:35, Lukas 5:16) Wandel in die gesag van God (Johannes 5:19)

  16. MAAND-EINDE VERPLIGTINGE. Bid asseblief saam dat God vir ons permanente ondersteuners sal opwek om die bediening te ondersteun. Sedert die 2020 Covit Epidemie het ons ondersteuning geval met 60% en is dit ‘n groot uitdaging om al die maandeliks verpligtinge na te kom. Maar God is getrou in hierdie geloof pad wat ons stap









Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077. Accounmtholder: Sending.


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



 
 
 

Comentários


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page