top of page

14 Februarie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Feb 11, 2022
  • 5 min read

Gebednet.




Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


14 Februarie 2022.


Liewe Vriende.


Die is die maand van die Liefde. Kom ons leer mekaar van God se Liefde I.p.v. wêreldse Liefde. Laat ons anders wees in ons Liefde en God se Liefde Wys.


“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” Joh. 3:16.


Dis 'n bekende teks. Dis 'n eenvoudige teks. Dis 'n ingewikkelde teks. Dis 'n omvattende teks. En dis persoonlik, bekend, want feitlik almal het dit een of ander tyd van buite geleer. Eenvoudig, want dit vat die groot waarheid van die Nuwe Testament in een sin saam. Ingewikkeld, want dit sê God het 'n Seun wat Hy "gee" om te sterf sodat die "ewige lewe" daaruit gebore kan word. Omvattend, want dit dek God se herskeppingsplan. Persoonlik, want dit vra van elkeen geloof om die belofte syne te maak.


Daar staan God het "die wêreld liefgehad" - maar "die wêreld" kan 'n verlate en/of benouende plek wees, 'n woestyn wyer as die Sahara, 'n toegesneeude bergpas, 'n verskriklike, gapende afgrond, sonder betekenis, sonder sin, sonder lig. Maar God sê: Laat daar lig wees. Dis die lig van sy liefde. En liefde is altyd 'n daad. Liefde is soms pyn, soos Sheila Cussons sou skryf, lank nadat sy in 'n ongeluk met 'n gasstoof verskriklike brandletsels oorgehou het: "o my kosmiese Christus: / drie-en-dertig jaar verdoesel in die klein donker vlees / wat jy in een nag oopgevlek het om jóú vir my te bevry / . nog wag jy / dat ek moet sê, heeluit moet sê: grýp my hande dan . (uit: Christ of the burnt men).


Liefde is altyd om te gee (en ook met grasie te ontvang), liefde is altyd om te red en te help, liefde is altyd om te lei uit die woestyn na die veilige woning van die geliefde.


Ons voel soms dat die woestyn en die afgrond en die rukwind ons tegelyk tref. Ons voel soms soos ek eenmaal gevoel het toe ek in Kenya op 'n vliegtuig gewag het en nie die taal kon verstaan of die skrif kon lees of geweet het waar my hotel is nie. In so 'n situasie het God sy liefde bewys: Jesus het gekom. En elkeen wat, hoe swak ook al en hoe vol skuld, sy hand vat, bring Hy veilig by sy bestemming in die ewigheid by die Vader.


Gebed: Here, maak dit elke dag vir my meer duidelik dat U my én die wêreld liefhet. Ons weet dit, maar ons vergeet dit, Amen.

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com

Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Irak.Irak het die afgelope paar jaar herhalende gewelddadige betogings ervaar, en die onstabiliteit is ʼn katalisator vir ʼn toename in die vervolging van Christene. Bid dat die geweld sal eindig en dat God se vrede Christene se harte sal vul – asook dié wat hulle vervolg.

  2. Sirië. ʼn Dekade van burgeroorlog het Sirië ʼn broeiplek vir die vervolging van Christene gemaak. Bid dat Siriese gelowiges te midde van oorlog en vervolging die lig van hoop in hul gemeenskappe sal laat skyn.

  3. Maledive. Agter die luukse vakansiebestemming skuil ʼn onderdrukkende regime wat onverbiddelik probeer om die eilande 100% Moslem te hou. Bid dat die regering se houding teen Christene en ander godsdienstige minderhede sal versag.

  4. China. Die Kerk in China hou aan om buitengewone groei te sien. ʼn Toename in vervolging word egter die afgelope jare ervaar. Bid vir wysheid vir kerkleiers terwyl hulle hul gemeentes lei te midde van toenemende beperking.

  5. Katar. Katarese Christene vanuit ʼn Moslem-agtergrond ervaar aansienlike vervolging, veral vanaf hul families. Bid dat geheime gelowiges se families en gemeenskappe hulle sal toelaat om vrylik te aanbid.

  6. Viëtnam. Met sy Boeddhistiese meerderheid vind die mees intense vervolging in Viëtnam plaas teen nie-tradisionele Protestante en bekeerlinge vanaf inheemse godsdienste. Bid dat die agterdog teen Christene vervang sal word met ʼn waardering vir hul waarde in die samelewing.

  7. Egipte. Die vervolging van Christene vind meestal op gemeenskapsvlak plaas. Bid dat Christene ondanks vervolging die moed sal hê om die lig van Christus in hul gemeenskappe te laat skyn.

  8. Bid vir die onbereiktes. 65 000 Tatare in die Oekraïne (Moslems – slegs 1,5% Christene), 65 000 Andalaans in Rusland (Moslems – 0% Christene), 62 000 Meshketian Turke in Rusland (Moslems – 0% Christene), 52 000 Antushk in Rusland (Moslems – 0% Christene), 65 000 Pomak in Bulgarye (Moslems – slegs 1,2% Christene), 76 000 Altai-Kizhi in Rusland (Etnies – slegs 2% Christene),80 000 Turke in Noord-Masedonië (Moslems – 0% Christene), 88 000 Bosniaks in Slovenia (Muslims – only 0,3% Christians).

  9. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 29% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.

  10. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  11. Sending Koordineërders. Bid asseblief vir die onderskeie koordineers in die onderskeie Afrika lande. Weens die pandemie ervaar elkeen maar sy eie persoonlike uitdagings.

  12. House of Peace-2 Sendingstasie Malawi. Op Maandag/Dinsdag 24 en 25 Januarie het ‘n verwoestende wind storm en swaar reën die sending stasie getref. Precious en Annie se nuwe huis het geweldige skade en die kerk is heeltemal verwoes. Van die mense in die omgewing en ander dele van Malawi het ook groot skade gelei. Kom ons bid vir die sending koordineërders en die mense van Malawi in hierdie tyd. As iemand gelei voel om te help om die infra struktuur te herstel sal dit opreg waardeer word. Enige bedrag kan inbetaal word in die Deo Volente Sending se Absa Rekening: 90-7317-9493 met verwysing: U sel nommer en “MALAWI VLOEDE.”

*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.


Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens

N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page