14 Augustus 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Aug 12, 2023
- 5 min read

Gebednet
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
14 Augustus 2023.
Beste Vriende.
"Moenie oor enige iets besorg wees nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus."( Filipense 4:6-7)
Vandag wil ek met U deel uit ons kern vers Filipense 4:6-7 wat ons help om nie bekommerd te wees te midde van die swaar tye waarin ons leef nie. Ons staar daagliks konfrontasies en uitdagings in die gesig wat ons innerlike vrede en vreugde bedreig. Maar as gelowiges het ons die voorreg om op die Woord van God te steun, om ons harte te vul met die versekering van Sy teenwoordigheid en Sy liefde vir ons.
1. Nie Bekommerd Wees nie.
Ons word dikwels deur die lewe se onsekerhede oorweldig – gesondheidskrisisse, finansiële druk, verhoudingsprobleme, en soveel meer. Maar God herinner ons daaraan dat Hy die beheer het en dat ons nie in ons eie krag hoef te veg nie. Jesus self het in Matteus 6:25-27 gesê: "Daarom sê Ek vir julle, moenie besorg wees oor julle lewe, wat julle eet en wat julle drink, of oor julle liggaam, wat julle aan trek nie... Kyk na die voëls in die lug: hulle saai nie en oes nie en vergaar nie in skure nie, en julle hemelse Vader voed hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?"
2. Gebed en Danksegging.
Ons moet ten alle tye ons harte en gedagtes tot God rig. In plaas van ons sorge te dra, moedig die Skrif ons aan om alles deur gebed en smeking aan God bekend te maak. Dit is 'n daad van vertroue en oorgawe. In dieselfde gees moet ons nie vergeet om dankbaarheid teenoor God uit te spreek vir alles wat Hy reeds vir ons gedoen het.
3. Die Vrede van God.
As ons ons begeertes en sorge aan God oorgee, beloof Hy dat Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan, ons harte en sinne in Christus Jesus sal bewaar. Hierdie vrede is 'n gawe van God, en dit oorskry al ons vermoë om dit te verstaan. Dit is 'n vrede wat ons dra deur die moeilikste tye en ons herinner aan die waarheid dat Hy altyd by ons is.
Mag hierdie boodskap ons herinner dat ons nie alleen is nie en dat ons 'n God het wat ons bekommernisse dra en ons vrede gee wat deur niks in hierdie wêreld oortref kan word nie. Laat ons in vertroue en dankbaarheid voortgaan, wetende dat ons geloof ons deur enige storm kan lei.
Gebed: Hemelse Vader, ons dank U vir u Woord wat ons herinner aan u liefde en sorg in alle omstandighede. Hierdie week bring ons, ons begeertes en sorge voor U troon, en vra ons dat U ons harte mag vul met u vrede wat alle verstand te bowe gaan. Help ons om nie deur bekommernis oorweldig te word nie, maar om te vertrou dat U ons nooit sal verlaat nie. Mag ons lewens 'n getuienis wees van u vrede en vreugde, selfs in die donkerste tye. In die Naam van Jesus Christus, onse Here, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Hande. Bid asseblief vir my hande waarin ek Kardio Tonnel Sindroom het. Die regte hand is die ergste en is rekenaar tik en skryf ‘n geweldige uitdaging vir my. Bid asseblief vir volkome genesing, maar as Vader die dokters wil gebruik dat daar voorsiening sal wees ook daarvoor.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Malawi. Die 18de Augustus is die begin van Malawi-19 uitreik tot 30 Augustus. Ek moet ongelukkig terugstaan a.g.v. tekort aan fondse maar JB my kollega gaan wel. JB en Geoffrey sal hierdie uitreik behartig sonder my. Bid asseblief vir hierdie uitreik.
Turkmenistan. Namate Turkmenistan se ekonomiese situasie vererger, kan talle mense nie kos en mediese sorg bekostig nie. Bid dat president Berdimuhamedow ʼn beleid sal implementeer wat tot voordeel van dié mense sal strek.
Bangladesj. Bid teen korrupsie en die blatante miskenning van mense se regte in die land, insluitende dié van werkers. Bid dat God leiers sal oproep wat opreg vir die mense omgee. Bid vir ʼn verandering in die harte en gemoedere van nie-Christelike onderwysers en studente sodat hulle gelowige studente sal aanvaar. Sodoende sal alle kinders gelyke regte en fasiliteite by die skool kan geniet.
Broenei. Jongmense ervaar op skool en universiteit aggressie van beide hul maats en professore weens hul geloof. Bid dat die Christen-jeug in Broenei sterk sal staan in hul geloof en ʼn lig vir ander sal wees. Volgens ʼn Borneo Bulletin-artikel is daar ʼn toename in die seksuele misbruik van jong vroue deur familielede. Bid vir getraumatiseerde slagoffers wat weens die trauma sielkundig en fisies ly.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments