13 Maart 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Mar 9, 2023
- 4 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
13 Maart 2023.
Beste Vriende.
“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos.” (Jes 61:1-2).
In hierdie profetiese vergesig hoor die Israeliete in ballingskap hoe die Messiaskoning hulle lot gaan verander. Daar kom 'n dag. Aan hierdie belofte het hulle met alle mag vasgeklou. Maar wat hou hierdie blye boodskap wat Hy bring vir die Israeliete in? Hulle word verseker dat God in sy genade die vyand sal straf en almal wat treur, sal vertroos. En, treur en trane het hulle goed geken. Lees maar Psalm 137:1.”By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.”
Maar dis nie al nie. God gaan meer doen as net troos. Hy gaan iets positiefs in die plek van die trane gee. Luister net: die dag waarop Hy gee vir dié in Sion wat treur, “Om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking.” Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.God wil graag sien dat elkeen van sy kinders 'n vreugdelewe ervaar. Ons lewe moet 'n getuienis wees tot eer van God, om sy roem te vermeerder. So wil God ook hê moet my en jou lewe wees.
Glimlag en leef tot eer van God.
Gebed. Here, dankie dat U ook vir my 'n vreugdelewe begeer en dat ek weet U is in beheer van my lewe, Amen.
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Tunisië. Gelowiges ervaar groot druk op elke terrein van die samelewing. Dit is veral van toepassing op gelowiges wat vanaf Islam tot bekering kom, aangesien dit verbied is. Bid dat bekeerlinge beskerm sal word en dat God die harte van die owerhede sal versag.
Demokratiese Republiek van die Kongo. Vervolging in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) neem meestal die vorm van gewelddadige aanvalle aan. Christenleiers wat hier teen korrupsie pleit, staar teistering en regeringsinmenging in die gesig. Bid dat Christenleiers moed, wysheid en deernis sal hê terwyl hulle bedien.
Mexiko. Christene word beskou as mense wat gekant is teen kriminele aktiwiteite en geweld, en dit plaas hulle voortdurend in gevaar. Bid vir Christene wat moeilike keuses moet maak wanneer hulle met georganiseerde geweld gekonfronteer word.
Ethiopië. Bekeerlinge vanaf Islam en diegene wat by die Ethiopiese Ortodokse Kerk (EOK) aansluit, is beide onderhewig aan hul gesinne en gemeenskappe se mishandeling. Bid vir krag vir Christene wat gedwing word om hul geloof te verwerp.
Bhoetan. Plaaslike owerhede weier dikwels om ʼn “nie-beswaarsertifikaat” vir Christene uit te reik. Dié dokument word benodig vir dinge soos die registrasie van eiendom en aansoeke vir werk. Bid vir voorsiening, leiding en onderskeidingsvermoë vir gelowiges in Bhoetan.
Turkye. Christene in Turkye ervaar groot druk van toenemende godsdienstige nasionalisme. Die regering teiken alle Christene en selfs buitelandse gelowiges. Bid dat die regering sal erken dat Christene ʼn waardevolle deel van die land uitmaak.
Comore. Gelowiges word gedwing om as geheime gelowiges te leef. Hulle loop die gevaar van strafregtelike vervolging en selfs die dood vir die beoefening of bekendmaking van hul Christenskap. Bid dat hulle as volgelinge van Christus deur die Heilige Gees gelei sal word.
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Jordaan. Bid vir Piet Jordaan en die familie na die afsterwe van Lien.
Ondersteuning. Bid asseblief dat Vader nuwe ondersteuners sal opwek vir ons wat maandeliks of eenmalig ondersteun. Tans het ons geweldige uitdagings met ons finansies nadat drie groot ondersteuners oorlede is die afgelope jaar.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments