top of page

13 Junie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jun 10, 2022
  • 4 min read

Liewe Vriende.


“Die Gees staan ons ook in ons swakhede by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie” (Rom 8:26).


Die sug waarvan Paulus skryf, kom van die Heilige Gees – Hy dra óns sugte na God se genadetroon. Hy pleit vir die gelowiges met “versugtinge wat nie met woorde gesê word nie”. Die Heilige Gees vra dat God ons pyn sal raaksien. God hoor as sy kinders sug. Hy luister ook na die versugtinge van die Gees, want die Heilige Gees pleit volgens die wil van God.

God weet ook van al die verskillende dinge wat jóú laat sug. Hy weet wanneer jy Hom op ’n spesiale manier nodig het. Jy hoef dus nooit depressief of wanhopig te wees nie. God se krag wat in die wêreld werk is veel groter as wat ons besef. Dit is dieselfde krag wat Hy uitgeoefen het toe Jesus uit die dood opgewek is, skryf Paulus aan die gemeente in Efese. (Vgl Ef 1:19-20.)


Ons weet al so ’n bietjie van die hemel wat vir ons wag, omdat daar teksverse in die Bybel is waar die gordyn so effens weggetrek word, maar die Heilige Gees weet presies hoe dit gaan wees. En ek gee jou die versekering dat dit véél heerliker sal wees as wat jy dit ooit in jou wildste drome voorgestel het. Om hierdie rede mag jy saam met Habakuk getuig: alhoewel alles op die oomblik so sleg lyk, sal ons nógtans jubel, omdat God eendag alles vir ons sal nuut maak. (Vgl Hab 3:18.)


Gebed: Heilige Gees, ek loof U dat U by God vir my intree. Dankie vir die belofte dat ek ten spyte van al die dinge wat my laat sug,mag uitsien na ’n ewigheid saam met God, Amen


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Irak. Die misdade van die Islamitiese Staat eggo ná sewe jaar steeds deur die land. Bid dat, terwyl baie die trauma verwerk wat hulle aan die hand van die Islamitiese Staat verduur het, hulle sal vasklou aan die hoop wat hulle in Christus het en dat hulle van Sy goedheid sal kan getuig.

  2. Sirië. Baie gelowiges regoor die wêreld bid al vir elf jaar dat die oorlog en uitwerking daarvan tot ʼn einde sal kom. Hou asseblief aan om saam met ons familie in Sirië in gebed te volhard en bid vir die oorlog om beëindig te word.

  3. Libanon. Die mense in Libanon is in ʼn droewige situasie. Ekonomies gaan dit baie moeilik. Die oorloë in die streek (meestal Irak en Sirië) het tot ʼn groot aantal vlugtelinge in die land gelei. Bid vir ʼn goeie en betroubare regering te midde van hierdie moeilike omstandighede.

  4. Jeug wêreldwyd-16 Junie. Vandag herdenk ons land die Soweto-jeugopstand van 1976. Bid saam met ons vir die jeug in Suid-Afrika en regoor die wêreld, wat verskeie uitdagings in ʼn veranderende samelewing ervaar. Bid dat die Heilige Gees in hul lewens sal werk en hulle sal help om hierdie veranderings te bestuur.

  5. Nigerië. Dank die Here vir pastoor Andrew se liefde vir sy kudde en sy getroue bediening. Loof die Here dat Hy Sy Kerk in Nigerië onderhou, afgesien van die wreedaardige vervolging wat hulle verduur. Bid dat Hy die Kerk sal toerus met meer mense soos pastoor Andrew.

  6. Tunisië. Bid dat die Here vir Belhsen* sal bemoedig, wat na ʼn ander deel van die land verhuis het om die Evangelie te verkondig. Hy is erg vervolg in die nuwe gebied en moes na sy ou stad terugkeer. Hy is baie ontmoedig deur al die ontberings.

  7. Libië. Daar is nie baie gelowiges in Libië nie en dié wat tot geloof kom, tel dikwels probleme op – soos Maha*, wat weens haar geloof huweliksprobleme het. Bid vir haar vir ʼn oplossing.

  8. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  9. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  10. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.

*Name verander weens sekuriteits doeleindes.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page