13 Januarie 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jan 9
- 6 min read
Deo Volente Sending

13 Januarie 2025.
Liewe Vriende.
En God het hulle werk gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie. {Jona 3:10}
Die boek Jona herinner ons daaraan dat God ons wil red en nie een siel laat verlore gaan nie en aan die krag en die genade van bekering. Die mense van Nineve, wat eens vol van boosheid en onreg was, het hulle van hulle sonde bekeer. Hulle het nie net 'n verandering van aksies gemaak nie, maar 'n werklike ommekeer van hul harte. Hulle het hulself voor God verneder en erkenning van hul sonde gebring, en in antwoord op hul eerlike bekering, het God se genade oor hulle gekom. Hy het nie die oordeel wat Hy oor hulle verklaar het, uitgevoer nie, maar het dit weggeneem.
Hierdie verhaal herinner ons dat bekering nie net die omkeer van fisiese dade is nie, maar eerder 'n geestelike verandering. Bekering is 'n innerlike proses van die hart wat die uiterlike gedrag sal volg. God sien nie net die uiterlike nie, maar Hy kyk na die motiewe en die hart. Wanneer ons ons misdade erken, berou het en ons voor Hom neerbuig, is daar ruimte vir genade.
Bekering is nie 'n eenmalige gebeurtenis nie, maar eerder 'n lewenslange proses waarin ons ons harte deurlopend rig op God. Soms mag ons voel dat ons sonde te groot is, dat ons nie meer kan terugdraai nie, maar die verhaal van Nineve herinner ons dat geen sonde te groot is vir die genade van God nie. God is geduldig en bereid om ons te herstel, solank ons ons harte regmaak en in Hom vertrou.
Mag ons dus elke dag ons sondige paaie prysgee en 'n nuwe koers in 2025 vir ons lewens kies. Mag ons in nederigheid en geloof terugkeer na God, en weet dat wanneer ons ons bekeer, daar altyd ruimte is vir Sy genade en vergifnis. Die genade van God is nie beperk nie – dit is ewigdurend en onmeetbaar.
Gebed: Here, ons God, dankie dat U altyd gereed is om ons op te neem, selfs wanneer ons ons verkeerde paaie kies. Help ons om ons harte oop te stel vir bekering, om ons sondes te erken en terug te keer na U. Gee ons die krag om ons lewe te verander en U wil in alles na te volg. Mag ons elke dag in U genade wandel en die vrede ervaar wat net U kan gee.In Jesus se naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Tandarts Rekening. In Oktober en November 2024 het Johan 'n tandarts besoek waar hy 'n tand moes laat trek en ses tande moes laat stop. Die totale rekening beloop R3669.80, en is ons nou onder groter druk om dit binne 7 dae te betaal. Ongelukkig is daar nie genoeg fondse beskikbaar om hierdie betaling te kan doen nie, en ek bevind ons-self in 'n moeilike posisie.
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid spesiaal vir Anastancio en Xavier in Mosambiek. Bid ook of U die Afrika Koordineerders maandeliks moet ondersteun. Betaal alle ondersteuning in die SENDING rekening met die LAND as verwysing. {Verw: Malawi}
ERITREA. Daar was in 2024 weereens ʼn massa-arrestasie van Christene in Eritrea. Bid dat hierdie gelowiges en ander soos hulle beskerm sal word en uiteindelik bevry sal word. Bid vir gelowiges in Eritrea wat teen hulle sin in militêre diensplig ingedwing word. Vra God om hulle te beskerm en te help om hulle geloof uit te leef. Bid dat hulle sal besef dat God hul toevlug is. Bid vir Christen-families wie se geliefdes gearresteer of gevange geneem is. Daar is kinders wat grootword sonder om te weet wie hulle ouers is. Bid dat God in al hulle daaglikse behoeftes sal voorsien. Eritrea het een van die berugste gevangenisnetwerke in die wêreld. Bid vir gelowiges in gevangenisse dat hulle vrygelaat sal word en nie in hulle tye van beproewing hoop sal verloor nie.
JEMEN. Dit lyk asof die geweld in Jemen nooit tot ʼn einde gaan kom nie. Bid dat God vrede en geregtigheid in dié land sal bring en dat die noodkrete van sy mense nie vergeet sal word nie. Bid vir Zahra*, die leier van die vrouebediening in Jemen, wat gereeld met vroue gesels wat Christus nog nie ken nie. “Dit is die mees gewaagde deel van my bediening,” sê sy. “Dit is waarom dit absoluut ʼn wonderwerk is as vroue in Jemen tot geloof in Christus kom.” Zahra is besig met twee jaar lange opleiding in leierskap by Geopende Deure se opleidingskool. Vra dat God almal wat by hierdie bediening betrokke is, sal beskerm, veral dié wat in gebiede bly wat deur Islam-ekstremiste aangeval kan word.
NIGERIË. Nigerië is steeds een van die gewelddadigste plekke in die wêreld vir Christene. Bid vir die mense wie se geliefdes doodgemaak of ontvoer is. Bid dat God in die harte van Nigeriese regeringsleiers sal werk – dat hulle oortuig en uitgedaag sal word om werk te maak daarvan om Christen-burgers en -gemeenskappe te beskerm. Bid vir die miljoene Nigeriërs wat met geweld ontwortel is, soos pastoor Barnabas.(in die foto hieronder) Bid dat God hom sal lei in sy bediening van Christene in die kamp waar hy en sy familie die afgelope vier jaar bly. Bid vir eenheid tussen die Christene wat in Nigerië bly – dat daar nie verdeeldheid tussen die noorde en suide sal wees nie en dat gelowiges sal leer hoe om God saam te dien.

*Name verander weens sekuriteitsredes

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
Comments