13 Februarie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Feb 9, 2023
- 4 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
13 Februarie 2023.
Liewe Vriende.
“Toe het die hele vergadering uitgeroep — hulle het hul stem verhef, en die volk het dié nag geween. En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!” {Numeri 14:1-2} Lees ook self verder tot vers 24.
"Vergewe dan tog die sonde van hierdie volk in u groot liefde ." (19)
God bewys graag genade aan mense wat sy goedheid onder hulle voete vertrap. Hy steek keer op keer sy hand uit na sondaars en ongehoorsames. Dink maar aan die spul Israeliete wat op 'n dag met alle geweld wou terugdraai Egipte toe. Hulle was skielik doodbang vir die nasies wat in Kanaän op hulle gewag het. Moses en Aäron het voor hulle op die grond neergeval, terwyl Kaleb en Josua by hulle gepleit het om nie dwaas op te tree nie. Toe wou die volksvergadering hierdie manne doodmaak. Dit het die Here so ontstel dat Hy die Israeliete van die aardbol wou afvee.
Moses het by die Here gaan pleit om nie met sy mense af te reken nie. Dan sou al die ander nasies begin spot en sê dat God nie in staat was om sy beloftes te hou dat Hy Israel na die Beloofde Land toe sou lei nie. Moses het God gesmeek om Israel se sondes te vergewe en hulle nie te verdelg nie. Toe het God ingestem om hulle nie op die plek dood te maak nie. God vergeef wanneer sy mense berouvol voor Hom staan. Waag dit daarom vandag voor Hom met al jou foute. Hy sal jou om Christus ontwil genadig wees.
GEBED: Christus, dankie dat U my sondes vergewe en my nog ‘n tweede kans gee as ek berouvol en in belydenis tot U nader, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
“A Bible that’s falling apart usually belongs to someone who isn’t.” ― Charles Spurgeon
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Bediening 2023. Ons beplan ‘n paar groot projekte asook “Road Trip” na ander provinsies en drie buitelandse uitreike. Vanaf 19 tot 26 Februarie is ek in Namibia.Bid asseblief saam vir die logistiek en finansiële voorsiening, daar word werklik op ‘n baie lae “shoestring” begroting gereis.
Finansies. Ons enige ondersteuning is van individule ondersteuners. Twee van ons ondersteuners is in 2022 oorlede wat ons maandeliks met ‘n tekort van 50% {Die helfde} op ons begroting laat. Bid asseblief dat Vader ondersteuners en meer ondersteuners sal opwek vir die bediening. Daar is verskeie projekte wat moet oorstaan, afstaan of net op die wenslysies geplaas moet word a.g.v. finansies op die oomblik.
Saoedi-Arabië. Christene word gedwing om hul geloof in die geheim te beoefen. Vroulike Christen-bekeerlinge loop die gevaar om slagoffers van fisieke geweld te word, terwyl mans openbare vernedering, aanranding of tronkstraf in die gesig kan staar. Bid dat geheime gelowiges in Saoedi-Arabië van God se nabyheid en getrouheid bewus sal wees.
Mianmar. Bekeerlinge in Mianmar word steeds deur hul Boeddhistiese, Moslem- of stamfamilies en gemeenskappe vervolg. Bid vir die voorsiening van alle fisiese en geestelike behoeftes vir hierdie nuwe gelowiges en dat hulle geloof versterk sal word.
Maledive. Gelowiges in die Maledive word gedwing om hul geloof geheim te hou. Indien hul Christenskap ontdek word, kan hulle aan Moslem-leiers of die owerhede uitgelewer word. Bid dat God gelowiges sal onderhou wat in afsondering en geheimhouding leef.
China. Kerkbywoning word streng gemonitor en talle kerke word gesluit. Christenleiers word oor die algemeen deur die regering dopgehou en sommiges word selfs ontvoer. Bid dat Christene in China se geloof ondanks dié situasie sal floreer en vir die veilige terugkeer van ontvoerde leiers.
Mali. Gewelddadige ekstremistiese aanvalle duur onverpoosd voort in Mali en Christelike sendelinge leef in konstante vrees vir ontvoering. Bid vir stabiliteit in Mali en dat God se vrede in dié land sal heers. Bid dat God interne ontwortelde gelowiges sal vertroos en aan hulle sal voorsien.
Irak. Die onverdraagsaamheid en vervolging deur meestal militante Islamitiese groepe en nie-Christelike leiers raak baie Irakse Christene. Bid dat die regering Christene en ander godsdienstige minderhede se regte sal beskerm.
Algerië. Christene in dié land is kwesbaar vir vervolging indien hulle van godslastering en bekeringsywer aangekla word. Intussen gaan die owerhede voort om kerke stelselmatig te sluit. Bid dat wetgewing wat godsdiensvryheid beperk, herroep sal word en vir die heropening van geslote kerke.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments