13 Desember 2021. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Dec 11, 2021
- 4 min read

Gebednet.
2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
13 Desember 2021.
Liewe Vriende.
“Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou ... jy hoef nie meer te huil nie” (Jes 30:18, 19).
Moenie huil nie. Die Here is gretig om jou genadig te wees. Is dit nie aangrypend nie? God wag gretig om jou genadig te wees. Hy kan nie wag nie, Hy wil so graag sy liefde op jou uitstort. Al waarvoor Hy wag, is dat jy moet praat.
En hoe laat wag ons God nie! Ons is so besig om oor ons ellendes te kla en ons skade te bereken. Ons huil en kerm oor ons verliese. En intussen wil God ons help. Het jy al geleer om van harte op die Here te vertrou? Of vra jy maar elke keer dat die Here sake volgens jou eie voorskrifte moet laat verloop? Om op die Here te vertrou beteken om jou lewe geheel en al aan Hom toe te vertrou.
Die Israeliete het nie mooi na die profeet geluister nie. Hulle wou sélf hulle probleme oplos. Toe word hulle in ballingskap weggevoer en die probleme word al hoe erger. Wat van jou? Vertrou gerus op die Here. Hy sal jou troos met sy wonderlike genade. Hy wag om te hoor dat jy Hom vertrou.
Die Here wag gretig om jou genadig te wees.
Gebed: Here, ek roep om hulp. Ek vertrou volkome op U. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Nepal.Sitaram is valslik aangekla en gearresteer vir dwelmsmokkeling. Terwyl hy in aanhouding was, is hy gemartel en het hy verlam geword. Bid vir sy genesing en vir sy familie, wat emosioneel en geestelik gebreek is deur die voorval.
Bhoetan. In landelike gebiede ontmoedig die dorpsleiers mense om bymekaar te kom en te bid onder die voorwendsel van Covid-19, selfs al is daar geen regulasies van die regering nie. Bid dat gelowiges bymekaar sal kan kom en saam sal kan bid terwyl hulle alle Covid-19-protokols nakom.
Maleisië. Ons plaaslike vennote hou “Standing Strong Through the Storm” (SSTS)-opleidingsessies aanlyn. Bid dat die opleiding doeltreffend sal wees en dat die Covid-19-gevalle in Maleisië sal verminder sodat ons vennote gelowiges weer met opleiding en projekte kan ondersteun.
Noord-Korea.Bid vir die Bybelstudie-byeenkomste van Noord-Koreaanse vroue wat slagoffers van mensehandel is. Hulle vrees dat hulle uitgevang of gedeporteer sal word. Bid vir God se beskerming vir die groepe en hul lede.
Maledive.Deesdae is die lewe baie moeilik vir Maledivers. Isaac, ʼn Christen-leier, het gedeel: “Dit is tyd vir die Kerk om op te staan en ʼn seën te wees, om vir die Maledive en ekonomiese herstel te bid sodat dit ʼn getuienis van die goedheid van God kan wees.” Bid saam met ons en Isaac vir die Maledive.
Ivoorkus. Bouna, ʼn dissipelmaker, wie se kerk onlangs motorfietse van Geopende Deure ontvang het, sê: “Geopende Deure het na God geluister en op die regte tyd opgetree... mag julle ore al meer ingestel wees op die stem van God sodat julle kan optree!” Prys die Here vir beantwoorde gebede. Bid dat ons altyd sensitief sal wees vir die stem van God in ons bediening.
Colombië.Colombië het ʼn lewende God, wat magtig werk deur die Heilige Gees. Bid saam met ons dat Hy die Kerk as ʼn banier sal ophys om Sy lig in hierdie donker land te laat skyn.
Gesondheid. Bid asseblief vir Johan en Esther wat al twee uitdagings met hulle gesondheid het. My regterhand het geen gevoel en belemmer dit die werk op die rekenaar. Asseblief bly ook bid vir Esther se moeder wat geweldige uitdagings het met haar gesondheid en tans baie broos en kritiek is. Bid asseblief.
Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en kort dringend groot herstelwerk of moet vervang word. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 30% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.
Hulpfonds-Plaaslik. Graag vra ons hulp vir voorsiening in ons Hulpfonds Rekening by Absa Bank: 93-6104-5805. Hierdie rekening word NET gebruik vir plaaslike hulp verlening projekte. Met fondse beskikbaar help ons mense in nood met kos pakkies , Pre-Paid Elektrisiteit en Selfoon Lugtyd. Tans is daar geen fondse in die rekening nie en word ons oorval met navrae vir hulp en moet ongelukkig mense wegwys.Ons help ook op 'n een op een basis en verkry daardeur 'n aanknopingspunt vir die evangelie.
Familie. Esther se moeder is op Vrydag 10 Desember oorlede en word Vrydag 17 Desember begrawe. Bid asseblief vir ons en die familie in hierdie tyd.
Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 078 674 6125.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.
Comments