12 September 2022. Geloofsoffer en Gebedsversoeke.
- missions3
- Sep 7, 2022
- 5 min read

12 September 2022
Liewe Vriende
“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”(Matt. 28:19)
Wat Moet Ons Doen, Broeders?
Die Groot Opdrag is om die Evangelie na elke nasie, volk, taal en stam en nasie te neem. Dit is die primêre opdrag! Dit is nie ‘n addisionele of bykomstige funksie waarby ons betrokke kan wees op ‘n vrywillige basis nie! Dit staan op ‘n gelyke voet met plaaslike gemeentes!
Fondsinsameling vir Sending!
Waarom is dit dan nodig om fondse in te samel vir sending? Is dit nie tragies dat sendelinge en sendingorganisasies dikwels hulle eie fondse moet genereer om die werk van die Kerk te doen nie! Wat ‘n skande dat sendelinge en sending-organisasies wat geroep is om die werk van Sending te doen en die Evangelie na die onbereikte wêreld te neem, hulle tyd en energie moet bestee om finansiële ondersteuning te werf om hulle in staat te stel om hulle roeping te vervul.
Die Geloofsoffer!
Etlike jare gelede is die geloofsoffer konsep bekendgestel in baie kerke om sending te ondersteun. Die gedagte van ‘n geloofsoffer was om die Here te vertrou om my in staat te stel om iets vir sending te gee bo en behalwe my normale offergawe. Die Kerk is veronderstel om Minstens 50% van sy Inkomste op Wêreldsending Behoort te Bestee maar doen dit nie.
As twee vennote in een onderneming saamwerk om ‘n gemeenskaplike doelwit te bereik, die een werk hier plaaslik en die ander werk oorsee, watter deel van die inkomste behoort elkeen te kry? Die antwoord is maklik elkeen behoort dieselfde te kry, maar dit gebeur nie.
Wat ‘n skande dat sendelinge wat die hooftaak van die Groot Sending Opdrag vervul vir fondse moet bedel om die werk van Matt. 28:19 te doen!
Wat ‘n skande dat mense tevrede is om sy oorskietfondse vir sending te gee! Wat ‘n klap in die gesig van Jesus Christus dat ‘n sendelinge fondse moet insamel om Jesus se Groot Opdrag uit te voer, terwyl die plaaslike leraar ‘n volle salaris, pensioen en mediese voordele ontvang — terwyl sommige selfs in weelde leef!
Sal jy Gewillig wees om Geroep te word as Sendeling?
Dink net wat kan gebeur as 50% van ons leraars en pastore in Suid-Afrika uitgestuur kan word na die sendingvelde van die wêreld? Sal jy gewillig wees om deur God geroep te word na ‘n sendingveld? Of sal jy dalk te veel gerief en gemak moet opoffer? Wat as jy nog boonop jou eie finansiële ondersteuning moet werf om te kan gaan? Miskien roep die Here jou om die Evangelie te help stuur via die elektroniese media êrens in die midde-ooste; of miskien roep Hy jou om kerkleiers op te lei êrens in Afrika; of miskien roep Hy jou om Engels te leer aan Moslem studente in Frankryk; of miskien roep Hy jou om die vertaling van die Bybel te fasiliteer in die taal van ‘n onbereikte stam in Asië.
Ons Bediening.
Die elektroniese media is besig om teen so ‘n geweldige tempo te ontwikkel dat dit reeds moontlik is om verskeie leiers vanuit een sentrale punt te bedien met die Woord. Tans bereik ons daagliks 3500+ leiers regoor Afrika en is daagliks via Whatsapp/Telegram of E-Pos in kontak met die Afrika Koordineerders om die sending aksies te koordineer. Daar word maandeliks ‘n minumum van 120 Gig Data verbruik. Geoffrey ons Span Leier in Malawi het hierdie jaar al uitgereik na Tanzania, Botswana, Zambia en was in Suid Afrika ook! Xavier in Mosambiek reis gedurig na die afgele Dit is bo en behalwe die gebed-bediening, huweliks bevestiging, hulp verskaffing en ander aksies.
Gebed: Here, wat wil U hê moet ek opoffer vir sending en hoeveel moet ek gee/ Wat is U doel vir my in die sending wêreld, Amen.
Wat om NOU te doen.

Dankie vir jou ondersteuning van die Geloofsoffer 2022/23.
U kan op Drie maniere ondersteung.
Gebeds Ondersteuning deur onderneem om daagliks vir ons te bid.
‘n Eenmalige Offergawe in ons Capitec Sending Rekening.
‘n Maandelikse DEBIET ORDER van R100 of soos u gelei word in ons Capitec Sending Rekening.
Die Weeklikse Manna en GebeKameroendsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Kameroen. Bid dat gelowiges in Kameroen ondanks aanvalle op kerke sal aanhou om in geloof te verenig. Bid dat God Christene sal versterk wat die Evangelie verkondig en deur militêre konflik bedreig word.
Eritrea.Bid vir vervolgde gelowiges wat reeds etlike jare tronkstraf uitdien en van hul gesinne geskei is. Bid dat God se liefde hulle tydens die skeiding sal vertroos.
Algerië. Bid vir die vervolgde gelowiges in Algerië. Weens wetgewing om kerke te sluit,het verskeie gelowiges reeds plekke van aanbidding verloor. Bid dat hulle te midde van vervolging getrou en biddend sal bly.
Kenia. Bid vir vroue wat weens hul geloof in Christus slagoffers van mishandeling word. Bid dat hulle God se liefde en omhelsing van die Heilige Gees sal ervaar. Bid dat hulle Sy vrede beleef.
Kuba. Bid vir vervolgde Christene wat ondervraging en moontlike tronkstraf in die gesig staar. Bid vir gelowiges wat saamkom in geboue wat nie geregistreer is nie. Weens wetgewing word van die plekke as onwettig beskou, wat tot sloping of die sluiting van kerke lei.
Mexiko. Bid vir die beskerming van gelowiges wat nie by nie-Christelike tradisionele oortuigings betrokke wil raak nie. Bid vir kerkleiers wat hulle teen georganiseerde korrupsie en misdaad uitspreek.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Finansies. Graag vra ons spesiale gebede vir ons finansies en dat Vader nuwe ondersteuners wil ons sal opwek asook bronne van inkomste. Nie ek of Esther kry enige salaris of toelaag nie en ons enigste inkomste is donasies. Tans ervaar ons geweldige uitdagings op finansiële gebied en het ‘n wonderwerk nodig!
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Comments