top of page

12 Junie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jun 10, 2023
  • 5 min read

Gebednet


12 Junie 2023.


Beste Vriende.


“As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word?” (Pred 4:10-11)


Twee is beter as een, sê die Prediker. Natuurlik is hy reg. God het dit immers al by die skepping so gewil dat sy skepsele mekaar moet aanvul en ondersteun. Hy het die mense as pasmaats geskep. En dit geld nie net die huwelik nie, maar alle verhoudings waarin ons staan. Ons is gemaak om mekaar op te help wanneer die een val en om mekaar iets van die warmte van die lewe te laat ervaar wanneer dit so ontsettend koud raak.


Die Prediker laat my wonder of ons daarop ingestem is om mekaar se eensaamheid te verbreek. Mense leef so onafhanklik van mekaar. Ons aanvaar so maklik dat mense wat in mooi huise bly en 'n goeie salaris verdien alles het wat hulle hart begeer. So baiekeer woon daar iemand oorkant ons wat hard en seer geval het. Ons sien mekaar se skynbare voorspoed raak en kyk mekaar se verborge bankrotskap mis. En daar bly mense langs die pad lê wat koud kry terwyl ons dink dit gaan goed met hulle.

Die wenresep teen eensaamheid: Twee is beter as een.


Gebed. Here, help my om ander se nood raak te sien en hulle in hulle eensaamheid by te staan, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Gebedsversoek. Nuwe Voertuig vir Bediening. Hiermee wil ons julle nader met ‘n spesiale versoek wat wel klink of dit bietjie buitensporig is, maar nie is as mens al die faktore in ag neem nie. Ons is al 23 jaar in voltydse bediening en ons huidige sending voertuig 25 jaar oud en word laasgenoemde duur om te onderhou. Sedert die inperking in 2020 het reis kostes verdubbel veral vliegtuig kaartjies. ‘n Kaartjie na Malawi het in 2020 R7000 retoer gekos en kos nou R13 000 retoer. Sedert 2020 het die publieke vervoer senario ook drasties verander in Afrika. Al die faktore is in ag geneem en het ons duidelike bevestiging ontvang dat die weg vorentoe sal wees om per voertuig te reis in Afrika. Ons het gekyk na verskeie opsies en is die Isuzu bakkies die beste opsie wat betref versekerings en sekuriteit. Die Isuzu is byvoorbeeld ‘n laer risiko vir Hi-Jacking as die Toyota en ook meer betroubaar. Dit is ook nie goeie rentmeesterskap om weer ‘n ou bakkie te koop nie maar beter om so nuut as moontlik te koop. Die bakkie wat geidentifiseer is is ‘n 2020 model met lae kilometers van 12500 en ‘n koste van R459 000 dit is ook die prys van soortgelyke bakkies waarna ons gekyk het. Sien besonderhede hieronder. Graag wil ons julle almal vra om saam te bid vir voorsiening vir hierdie bakkie. Dit sal wonderlik wees as ons al in Agustus 2023 met die bakkie kan ry na die volgende uitreik in Malawi i.p.v. vlieg. Terloops die Augustus uitreik is Malawi As u gelei voel om te help om hierdie bakkie te koop sal ons dit opreg waardeer. U kan enige bedrag inbetaal in die volgende rekening: Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077. Sending/Mission.

  2. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  3. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  4. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  5. Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R1125 per sessie kos en moet tien oor tien weke gedoen word. Bid asseblief saam vir voorsiening want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.

  6. Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.

  7. Fokus vir die maand. Ons fokus vir die maand van Junie is die Jeug. God het 'n spesiale plek in Sy hart vir die kleintjies – veral die weeskinders. Ons moet jongmense van Sy liefde en spesiale sorg voorsien – hetsy in ons gesinne of die breër samelewing. Gelukkig, geseënd en gelukkig is die man wie se koker vol van hulle is! Hulle sal nie beskaamd staan ​​wanneer hulle met hulle teëstanders [in samekomste] by die [stad] se poort praat nie. (Psalm 127:5 AMP)

  8. Niger. Bid dat die regering die regstelsel regverdig vir almal sal maak en die bose praktyke van ontvoering en gedwonge huwelike sal staak. Bid vir veilige ruimtes vir Christelike byeenkomste, aanbidding en bemoediging

  9. Mali. Bid vir die verbreking van mag van gewelddadige ekstremistiese groepe wat Mali vernietig en dat Christene na hul huise kan terugkeer en in vrede kan leef. Bid vir nuwe gelowiges wat alleen en kwesbaar voel om vandag die Here se kragtige teenwoordigheid te ervaar, asook dat hulle sterk bande met ander Christene sal smee om hul geloof te onderhou en te versterk.

  10. Uganda. Bid vir die beskerming van gelowiges, veral bekeerlinge wat uitsetting, siese aanvalle en selfs die dood in die gesig staar omdat hulle Christelike materiaal besit of hul geloof met familie en vriende gedeel het.

  11. 16 Junie Jeugdag. Vandag onthou ons die Christelike jeug in Afrika suid van die Sahara. Indien hul potensiaal benut word, kan hulle in die toekoms ʼn kragtige teenwoordigheid vir die Evangelie wees. Bid dat ons werk onder hulle Christus sal verheerlik en hulle sal help om teenwoordig, veerkragtig en relevant vir die Evangelie te bly.

  12. Kenia. Christene naby die noordoostelike grens met Somalië staar beduidende vervolging van die sterk Moslem-teenwoordigheid in die gesig en moet hul kerke weens al-Shabaab se oorgrensaanvalle sluit. Bid dat God aan hulle sal voorsien.

  13. Kameroen. Bid dat die Here se teenwoordigheid vertroosting, vrede en genesing sal bring vir almal in Kameroen wat deur vervolging geraak word. Bid vir daaglikse genade en hoop en dat aan hul siese, emosionele en geestelike behoeftes voorsien sal word

*Name is vir sekuriteitsredes verander.

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.

You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.

Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Commentaires


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page