12 Januarie 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3

- 2 hours ago
- 5 min read

12 Januarie 2026.
Liewe Vriende.
“Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.”1 Timoteus 6:6
Wanneer ons hierdie woorde lees, herinner Paulus ons aan ’n waarheid wat dikwels teen die stroom van ons tyd ingaan: ware wins lê nie in meer besittings, groter sekerheid of gemaklike omstandighede nie, maar ’n verhouding wat God sentraal stel en tevrede is met wat Hy gee.
Soos ons 2026 binnegaan, is dit duidelik dat die tye nie maklik gaan wees nie. Onsekerheid, druk en verandering is deel van ons daaglikse werklikheid. Juis daarom word ons geroep om doelbewus God se aangesig te soek. Nie net wanneer dinge verkeerd loop nie, maar elke dag — in afhanklikheid, nederigheid en vertroue. Wanneer ons Hom soek, erken ons dat ons krag, wysheid en voorsiening nie uit onsself kom nie, maar uit Hom.
Vergenoegdheid beteken nie dat ons onverskillig of passief is nie. Dit beteken dat ons, midde-in moeilike omstandighede, rus vind in God se sorg. Dit is om te sê: “Here, dit wat ek vandag het, is genoeg, want U is by my.” Só ’n houding beskerm ons harte teen bitterheid, vrees en ontevredenheid.
In 2026 word ons daarom uitgenooi om met dankbaarheid te leef. Om elke dag stil te staan en die Here te dank vir dit wat Hy reeds gegee het — lewe, genade, krag vir vandag en hoop vir môre. Wanneer ons dankbaar is, verskuif ons fokus van dit wat ontbreek na dit wat God getrou voorsien.
Mag ons hierdie jaar bekend staan as mense wat God se aangesig soek, wat vergenoeg is met sy voorsiening, en wat Hom daagliks dank — want godsaligheid saam met vergenoegdheid ís inderdaad ’n groot wins.
Gebed: Here, ons kom na U met nederige harte. Help ons om in 2026 U aangesig getrou te soek, veral wanneer die tye moeilik is. Leer ons om vergenoeg te wees met wat ons het en om U elke dag dankbaar te dien. Ons vertrou ons lewens en ons toekoms volkome aan U toe, in Jesus Naam,Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
AFGANISTAN. Bid vir die Christene in Afganistan wat steeds volhard ten spyte van die Taliban wat die afgelope vier-en-ʼn-half jaar regeer. Vra God om sy mense te beskerm en aan hulle ʼn gees van hoop en vrede te gee. Bid saam met Aisha*, wat Jesus in ʼn droom ontmoet het en die Islam-geloof verlaat het om Hom te volg. Sy vra:“Bid asseblief dat ons baie dissipels sal toerus en dat die aantal volgelinge van Christus regoor ons land sal toeneem.” Bid dat God die Taliban-leiers se harte sal verander. Vra God om hul ingesteldheid teenoor Christene en ander geloofsminderhede te versag.
IRAN. Ná afloop van die oorlog met Israel, rapporteer baie Christene in Iran dat hulle selfs nog strenger behandeling van die owerhede ontvang. Bid dat God die spanning sal verlig.Geheime kerke groei! Hulle is egter altyd in gevaar. Bid vir die gelowiges wat alles waag om bymekaar te kom en te aanbid. Die aantal kerkleiers wat die afgelope jaar in Iran gevange geneem is, het die hoogte ingeskiet. Bid vir hul vrylating en die Heilige Gees se vertroosting. Bid saam met Shima*, wat die pyn van misleiding eerstehands ervaar het. Sy is deur iemand in haar huiskerk verraai wat die owerhede van hulle vertel het. Shima gaan voort om die bediening te lei. Vra God om haar vertroue te herstel.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
24-7 GEBED VIR HERLEWING. 12 – 18 JANUARIE 2026. In die eerste deel van die reeks van drie, 'Die Drie Beloftes', gaan ons nadink oor God se beloftes aangaande dag-en-nag gebed. Gedurende hierdie week bring ons ons stede voor God en bid dat Sy wil en doel daar gevestig sal word.Hierdie week se gebede sluit die hele stad in: geestelike wagte, gemeentes, leiers, inwoners en veral die jeug. Ons bid vir bekering, herlewing en gehoorsaamheid aan God se Woord, sodat stede herstel kan word en tot eer van die Here sal leef. Met volharding en geloof verklaar ons God se heerskappy en vertrou Hom vir transformasie wat tot Sy eer lei.
7 Gebedspunte:
Bid vir geestelike wagte vol wysheid, waaksaamheid en onderskeiding deur die Heilige Gees.
Bid vir aanhoudende gebed en aanbidding in huise, skole, werkplekke en gemeentes.
Spreek God se Woord en beloftes oor jou stad en bid vir harte wat ontvanklik is vir die waarheid.
Bid vir volharding in gebed en teen misleiding, twyfel en biddeloosheid onder gelowiges.
Bely die sondes van die stad en bid vir ware bekering en herstel deur God se genade.
Bid vir stads- en streekleiers om onder God se wysheid en heerskappy te regeer.
Bid vir die jeug: beskerming, geestelike groei en ’n uitstorting van die Heilige Gees wat tot herlewing lei.
* Name verander weens veiligheidsredes.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry and Ministry Team:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments