top of page

12 Desember 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Dec 9, 2022
  • 4 min read

Gebednet.


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


12 Desember 2022.


Liewe Vriende


“En dié vra hom: Waarom lyk jy môre vir môre so bedruk, seun van die koning? Sal jy my dit nie te kenne gee nie? Toe sê Amnon vir hom: Ek is verlief op Tamar, die suster van my broer Absalom. Toe sê Jónadab vir hom: Gaan lê op jou bed en hou jou siek. As jou vader dan kom om jou te sien, moet jy vir hom sê: Laat my suster Tamar tog kom en my iets gee om te eet en die ete voor my oë klaarmaak, dat ek dit kan sien en uit haar hand eet.” 2 Samuel 13:4-5.


Amnon het ’n verskriklike sonde gepleeg deur sy suster Tamar te verkrag. Wat ’n skurk! Verkragtings kom amper daagliks in Suid-Afrika voor. Hoekom? Wel, omdat mense nie meer respek het vir ander se liggame nie. Hulle vergeet dat die liggaam 'n lewende tempel van die Heilige Gees is wat nie onteer of geskend mag word nie.


God duld dit nie. Moenie in die strik van sonde trap nie. Dink wat die gevolge van jou dade sal wees voordat jy dit doen. Bly uit die padvan kwaaddoeners en vlug voor versoeking. Weet dat verkeerde begeertes en ongeoorloofde seksuele verhoudings jou lewe in ’n oogwink kan vernietig. Loop elke dag die reguit pad. Wees iemand met integriteit. Moenie skinder nie; moenie leuens oor ander versprei nie. Moenie van mense kwaadpraat, of dinge begeer wat nie joune is nie. Wees nederig. Moet nooit te veel van jouself dink nie.

Buig altyd voor die Here en behandel ander mense met respek. Dan sal sonde nooit ’n houvas op jou kry nie. Dan sal jy altyd op die Here se koers bly.


GEBED: Here, hou my asseblief koersvas op die regte pad en help my om nie te sondig nie en as ek verkeerd doen dat ek onmiddelik sal bely, in Jesus Naam, Amen.

Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Tunisië.Bid vir beskerming vir Tunisiese gelowiges.Bid dat die Kerk hier sal groei namate meer gelowiges Christus as hul Verlosser leer ken en aanvaar.

  2. Guinee.Bid dat die geloof van bekeerdes in die Fulani-veewagtersgemeenskap sal groei. Bid dat God hulle sal gebruik om Sy getuies onder hul families te wees.

  3. Kenia. Bid vir diegene in ons vervolgde familie wat van werk- en opvoedingsgeleenthede uitgesluit word. Bid dat hulle op God se Woord sal staan en Hom ten volle sal vertrou vir die voorsiening van hul behoeftes.

  4. Vennote in die veld. Bid vir Geopende Deure se vennote in die veld, wat hul lewens daaraan wy om die Evangelie te verkondig en vir vervolgde gelowiges te bid. Bid dat hulle krag uit die Here sal put en bemoedig sal word wanneer hulle die vreugde van die Here by gelowiges opmerk.

  5. Versoeningsdag. Bid dat die Heilige Gees vervolgde gelowiges sal koester wanneer hulle daarna smag om versoen te raak met geliefdes wat hulle verstoot. Bid dat hul bekering hulle die warmte van die Heilige Gees sal laat ervaar op dae wanneer hulle alleen voel. Bid dat die waarheid van die Evangelie hulle as geliefdes en gelowiges in Christus sal versoen.

  6. Laos. Bid dat God vrede sal gee aan diegene wat weens hul bekering gearresteer is. Bid dat hulle geloof sal versterk en dat die Here hul vervolgers se harte sal verander.

  7. Noord-Korea. Bid vir Noord-Koreaanse gelowiges wat steeds uiterste vervolging in onmenslike arbeidskampe en tronke in die gesig staar. Bid vir beskerming vir dié gesinne en vir gelowiges wat gedwing word om hul geloof weg te steek.

  8. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  9. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  10. Sosiale media. Hierdie bediening groei en brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.

  11. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  12. Sendelinge.Bid dat sendelinge gedurende hierdie Kerstyd baie geleenthede sal kry om mins geëvangeliseerdes te vertel waarom Jesus ’n mens geword het & tussen ons ko woon het.

  13. Bid vir onbereiktes. 633 000 Tekna in Marokko (Moslems – net 0,01% Christene),

  • 626 000 Sanusi Bedoeïne in Libië (Moslems – 0% Christene),

  • 620 000 Jazidies in Irak (Etnies – 0,14% Christene),

  • 1,3 milj Oostelike Badawi Bedoeïne in Egipte (Moslems – 0% Christene),

  • 1,1 milj Emirati Arabiere in die VAE (Moslems – net 0,4% Christene),

  • 1 milj Golf Arabies sprekende Arabiere in Saoedi-Arabië (Moslems – net 0,2% Christene),

  • 859 000 Punjabi in Saoedi-Arabië (Moslems – net 1% Christene),

  • Urdu in Saoedi-Arabië (Moslems – 0% Christene),

  • 734 000 Golf-Arabiessprekende Arabiere in Oman (Moslems -net 0,35% Christene),

  • 537 000 Libiese Arabiere in Tunisië (Moslems – net 1,4% Christene).


Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page