11 September 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Sep 6, 2023
- 5 min read

Gebednet
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
11 September 2023.
Liewe Vriende.
“En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie, of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe. ” {Markus.10:29-30}
Markus 10:29-30 is 'n besondere Skrifvers wat die tema van evangelisasie, die Goddelike seën, en ewige lewe in 'n samehangende konteks bespreek.
Hierdie verse leer ons belangrike waarhede oor die roeping tot evangelisasie en die belonings daarvan. Dit herinner ons daaraan dat wanneer ons bereid is om onsself en ons tyd, goedere en selfs familielidde vir die saak van die evangelie op te offer, God ons sal beloon, nie net in die Koninkryk van die Hemel nie, maar ook in hierdie lewe.
In die lewe van 'n Christen is evangelisasie 'n noodsaaklike roeping. Ons is geroep om die boodskap van die evangelie te deel met die wêreld om ons, selfs as dit beteken dat ons persoonlike opofferings moet maak. Dit sluit in dat ons bereid moet wees om onsself los te maak van dinge wat ons besittings of sekuriteit is - soos huise, geld, en selfs ons familielidde - om Jesus Christus en Sy evangelie te volg. Ons moet weet dat ons vervolging sal ervaar, maar God beloof ook dat ons 'n honderdvoudige seën sal ontvang, selfs te midde van die opofferinge wat ons maak.
Hierdie honderdvoudige seën is nie net 'n materiële beloning nie, alhoewel God in sy goedheid soms ook hierdie behoeftes vervul. Dit sluit eerder in die rykdom van 'n dieper gemeenskap met ander gelowiges, die vreugde van 'n doelgerigte lewe in Christus, en 'n dieper begrip van die ewige lewe wat ons in Hom het. Ons word herinner dat die seën van God nie beperk is tot die toekoms nie, maar dat ons dit reeds in hierdie lewe kan ervaar.
Evangelisasie is nie net 'n taak nie, maar 'n bevoorregting. Ons het die geleentheid om God se liefde met ander te deel en hulle te help om die ware betekenis van die ewige lewe te ontdek.
Gebed: Liewe Hemelse Vader, Mag ons lewens 'n getuienis wees van u liefde en genade, en mag ons altyd bereid wees om onsself te gee vir u Koninkryk. In Jesus Naam bid ons dit. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Herdenking, 11 September 2001. Ons herdenk vandag 11 September, toe die wêreld geskok was deur die tragiese aanval op die Twin Towers. Ons dink vandag in gebed aan die naasbestaandes van diegene wat lewens verloor het, en vir hulle wat nog steeds ly aan die emosionele wonde van daardie dag. Ons bid ook vir diegene wat heldhaftig opgetree het in die aangesig van gevaar, vir diegene wat hul lewens gewaag het om ander te red. Gee hulle dankbaarheid en genesing vir hul moed en opoffering. Ons bid vir 'n wêreld van vrede en verdraagsaamheid, waar sulke tragedies nooit weer plaasvind nie. Mag ons saamwerk om die mure van haat en verdeeldheid af te breek en 'n toekoms van eenheid en liefde vir almal te bou.
Sentraal-Asië. Jeugwerk word in baie lande erg beperk. In sommige lande word Christene verbied om aan enige godsdienstige aktiwiteite onder jeugdiges en minderjariges deel te neem. Bid vir geleenthede vir jongmense om God se liefde te ervaar. Hakim* en sy gesin het hul vaderland vanweë grootskaalse vervolging verlaat,maar het teruggekeer weens hul passie om mense daar te bedien. Hy lei ʼn netwerk van ondergrondse huiskerke. Bid vir sy veiligheid en dié van sy gesin.
Maleisië. Meer as 10% van die inheemse jongmense in Maleisië voltooi nie hul skoolopleiding nie. Bid dat God die sienings oor onderwys in die dorpe sal verander en hulle sal bemoedig om hul onderrig voort te sit. Geopende Deure se plaaslike vennote het weens die lae geletterdheidsyfer ʼn leesprogram vir inheemse kinders begin. Prys God dat Hy kinders toelaat om te leer lees en by die Bybel betrokke te raak
Libanon. Libanon is geplunder weens swak leierskap. Bid dat die leiers Jesus sal vind, wat sag en nederig is, en hul lewens sal verryk. Bid dat God se Woord versprei deur Libanon. Prys God vir die geleenthede om Christus deur TV, radio en die Kerk te deel, en die wonderlike mense wat aktuele programme aanbied wat kykers seën
Hande. Bid asseblief vir my hande waarin ek Kardio Tonnel Sindroom het. Die regte hand is die ergste en is rekenaar tik en skryf ‘n geweldige uitdaging vir my. Bid asseblief vir volkome genesing, maar as Vader die dokters wil gebruik dat daar voorsiening sal wees ook daarvoor.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comentários