11 Oktober 2021. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Oct 16, 2021
- 6 min read
Gebednet.
2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.

11 Oktober 2021.
Liewe Vriende.
“Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor.” (2 Kor 2:7).
In die gemeente van Korinte het daar iets gebeur wat Paulus baie hartseer gemaak het. Iemand in die gemeente het die ander lidmate teen Paulus opgesteek. Sy motiewe en werkwyse is onder verdenking gebring en daarom het ’n groot deel van die gemeente teen Paulus kant gekies. Deur sy brief sowel as deur ’n besoek van Titus is die saak in die reine gestel. Tog het die onenigheid slegte gevolge gehad. Dit blyk toe egter dat die persoon wat die skeuring veroorsaak het tot ander insigte gekom het. Die situasie is gespanne en baie sensitief. Mense het seergekry. Paulus is ernstig te na gekom. Hoe gaan hy reageer?
Paulus roep die gemeente op om die skuldige persoon te vergewe. Die saak is dan afgehandel. Moenie die man verder met beskuldigings belas nie. Bemoedig hom eerder. Help hom om ’n nuwe koers in te slaan wat vir hom en die gemeente heilsaam sal wees. Kan ons nie ook probeer om ons geskille só op te los nie? Kan ons nie ook soos Paulus ons
Vergelding is aftakelend; bemoediging is opbouend.
Gebed: Here, help my om eerder te vergewe en te bemoedig as om kwaad te word en vergelding te soek. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Gaza. Bid vir die klein aantal Christene wat in Gaza oor is – volgelinge van Jesus wat blom waar hulle geplant is. Bid dat hulle die moed en geloof sal hê om te midde van uitdagende omstandighede ʼn gelowige lewe te lei.
Arabiese Skiereiland. Die konsep van ʼn Bybelse huwelik is vir nuwe gelowiges ʼn uitdaging om te verstaan, omdat dit baie verskil van ʼn Islamitiese huwelik. Bid vir wysheid vir gelowiges om hierdie uitdaging te hanteer. Bid vir Goddelike ingryping met gereëlde huwelike vir geheime gelowiges.
Saoedi-Arabië. ʼn Christen-rolmodel is van groot hulp vir nuwe gelowiges. Iemand wat hulle kan lei, uitdaag, vertroos en bemoedig. Bid dat tien sulke persone spoedig in Saoedi-Arabië na vore sal kom.
Libanon. Bid dat jongmense wat hard gewerk het om die gebied rondom die Beiroet-hawe te herstel, toegelaat sal word om meer verantwoordelikheid te neem in die nuwe Libanon en om saam met die res van die bevolking te werk om die land weer as ʼn eenheid te herstel.
Soedan. Ondanks die oorgangsregering se verbale onderneming om godsdiensvryheid vir almal te verseker, ervaar Christene steeds beperkings in die daaglikse uitdrukking van hul geloof. Bid vir wysheid vir die regering namate hulle probeer om die lewens van alle Soedanese te verbeter en dat hierdie brose demokrasie die geleentheid sal hê om in krag te groei.
Nigerië. Toe Hannatu Ezra* en haar familie in 2017 uit Boko Haram se gevangenskap probeer vlug het, is twee van haar kinders doodgeskiet. Sy ervaar steeds die trauma van haar verlies en twee jaar se aanhouding. Bid dat die Here vir haar en haar oorblywende kinders ʼn manier sal voorsien om Geopende Deure se traumasentrum te besoek.
Bhoetan. Die Covid-19-reisbeperkings maak dit vir Geopende Deure se plaaslike vennote moeilik om programme vir hul beplande datums te organiseer. Bid dat God hulle sal help om programme veilig en op die regte tyd uit te voer.
Nepal. Tydens die skryf hiervan het die aantal Covid-19-gevalle weer begin toeneem. Bid vir God se genesing in Nepal, asook vir die veiligheid en beskerming van Geopende Deure se plaaslike vennote en hul familielede, tydens die pandemie.
Mianmar. Die huidige militêre staatsgreep het tot groot onrus in die land gelei. Baie mense het betoog en hul lewens verloor. Talle is deur die sterftes en geweld getraumatiseer. Bid vir die herstel van ʼn regverdige regering en verdraagsaamheid. Bid ook vir emosionele genesing vir die mense van Mianmar.
Irak.Baie vroue en jong meisies word geteister of misbruik, en is nou uitgeworpenes. Bid dat die internasionale owerhede hul situasie ernstig sal opneem. Bid dat die Kerk hulle met ope arms sal verwelkom en diegene wat in stilte swaarkry, sal vertroos.
Sirië. Ranim* is ʼn Moslem-tienermeisie wat aan ʼn opleidingsprogram by een van die Sentrums van Hoop in die ooste van Sirië deelgeneem het. Haar broer weier dat sy langer kerk toe gaan en dwing haar om ʼn hijab te dra. Bid vir Ranim en talle ander meisies soos sy.
Burkina Faso. Toe jihadiste Isaiah* se dorp besoek het, het hulle gewaarsku dat elkeen na Islam moet omskakel of doodgemaak sal word. Isaiah het die moeilike besluit geneem om met sy familie te vlug. Hulle het gesukkel om te oorleef. Gelukkig het hulle noodleniging vanaf Geopende Deure ontvang. Bid dat God vir Isaiah ʼn geleentheid sal skep om ʼn inkomste vir sy familie te verdien.
Sentraal-Afrikaanse Republiek.Bid vir die Here se voortgesette voorsiening vir Sy kinders te midde van verhoogde kommoditeitspryse. Bid ook dat God gunstige boerderytoestande sal skep, sodat mense nie meestal afhanklik sal wees van gekoopte voedsel nie. Vra asseblief ook vir God om in te gryp in die veiligheidsituasie.
Indië. Hindoe-ekstremiste samel in baie dorpe geld in vir Hindoe-tempels. Christene wat nie bydra nie, staar ernstige teenkanting in die gesig. Bid vir hulle om sterk te staan in hul geloof en vra God om te verhoed dat ekstremiste druk op hulle plaas.
Mauritanië. Daar is ʼn streng afvalligheidswet in Mauritanië wat vir nuwe gelowiges tot die doodstraf kan lei. Bid dat hierdie wet afgeskaf sal word, maar ook dat gelowiges sal ervaar dat hul vryheid in Christus baie groter is as die vrees vir ʼn wet.
Laos.Gelowiges van die Akha-stam het baie min kennis oor God en hul geloof in Jesus Christus is nog nuut. Hulle het dringend leiers nodig om die res van die mense in hul stam te onderrig. Bid dat God iemand van dié gemeenskap sal kies wat in staat is om die stam te onderrig en na God te lei.
Sri Lanka. Die wantroue en haat tussen verskillende godsdienstige en etniese groepe het weens die pandemie bly groei. Die feit dat mense weens verskeie redes nie ingeënt wil word of maatreëls wil toepas om besmetting te vermy nie, lei tot verdere vyandigheid. Bid vir vrede in hierdie land. Daar is ʼn toename in die vervolging van Christene in Sri Lanka. Verslae oor teenkanting teen kerke en gelowiges raak al meer algemeen. Bid dat die Kerk in Sri Lanka versterk sal word om te midde van hierdie teenkanting sterk te staan.
Gesondheid. My regterhand sukkel ek met die senuwees mee, die hele hand se vingers gaan “dood” met tye en is dit frustrerend om my werk met die rekenaar en selfoon gedoen te kry, aangesien ek geen gevoel in my vingers het nie en is die vingers dan “dom” en “dood” wat veroorsaak dat ek geweldig foute maak of selfs ‘n hele stuk weer moet oortik. Verder het ek ook ‘n ander “manlike” probleem in my liggaam. Esther het diabetes en is op kroniese medikasie en ‘n spesiale dieet. Bid asb vir volkome genesing vir ons gesin.
Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 30% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.
Bediening. Daar word daagliks bedien op verskeiem sosiale media platforms en die internet en e-pos waar 4533 Leiers daagliks bedien word. Plaaslik word ook uitgereik na hulpbehoewendes waar ons help met kos, klere, lugtyd en koopkrag elektrisiteit en word na 180 persone maandeliks uitgereik. Bid asseblief vir wysheis, openbaring kennis, onderskeiding en krag en uithouvermoeë. Dit is ‘n uitputtende daaglikse taak.
Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders. Ek was in Februarie 2020 laaste in Afrika op ‘n uitreik en in Zambia. Die geslote grense en pandemie het veroorsaak dat daar nie gereis kan word nie. Die koordineerders moet nou SELF die opleiding en uitreike behartig sonder die span van Suid Afrika. Malawi, Mosambiek en Kenya het met 100% gegroei en die span kwyt hulle werklik goed van die sendingtaak, maar Zimbabwe, Uganda en Zambia sukkel sonder die SA Span en sal moet besoek word binnekort. Bid vir oop deure asseblief.
Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en moet nou vervang word. Omrede ons finansiële posisie kan ons nie ‘n lening by banke bekom nie. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.
Kinders. Bid asseblief vir voorsiening vir somersklere en skoene vir ons twee seuns. Hulle kort dringend klere en skoene.
*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com
National Director for Change a Nation.https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique}
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 078 674 6125.
For quick support of the ministry for as little as R10 please click on the following link for an online donation. Just R10.
Giving is not just about making a donation. It is about making a differance.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.
Commentaires