11 Maart 2024. Afsluiting Preek en Gebedsversoeke.
- missions3
- Mar 8, 2024
- 6 min read

Deo Volente Sending
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
11 Maart 2024
Beste Vriende.
"Vir alles is daar 'n bepaalde tyd, 'n tyd vir elke saak onder die hemel: 'n tyd om te geboorte te gee en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei..."{Prediker 3:1-8}
Vandag wil ek deel waar ons die bediening afsluit in Somerset Wes in die Wes Kaap, en 'n nuwe hoofstuk van ons geloofsreis te begin te Winburg in die Vrysytaat. Ons lees in Prediker van Salomo dat daar 'n tyd vir alles is. Soos die blare van die bome verander in die seisoene, so het hierdie bediening sy eie seisoen gehad. Maar laat ons nie hartseer wees nie, want God het 'n wonderlike manier om nuwe dinge te laat groei uit die oue.
Ons het gesien hoe God se trou en genade in hierdie plek was. Die herinneringe van sy leiding en die vrug van sy werk is ryklik teenwoordig. Ons dra al die wonderlike ervarings en lewensveranderings in ons harte. Maar soos God se planne verskil van ons eie, het Hy 'n nuwe bediening vir ons in gedagte.
"Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, sê die Here; gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om aan julle 'n hoopvolle toekoms te gee." { Jeremia 29:11}
Dit is belangrik om te onthou dat God se planne vir ons lewe vol hoop is. Ons mag nie altyd die groter prentjie sien nie, maar Hy het 'n toekoms van vrede vir ons. Die einde van hierdie bediening in die Kaap is nie die einde van God se plan nie; dit is slegs die begin van 'n nuwe avontuur wat Hy vir ons gereedmaak.
As ons na die toekoms kyk, mag ons onseker voel. Ons mag nie al die antwoorde hê nie, maar ons kan vertrou op die Een wat al die antwoorde ken. Ons lees in Sefanja 3:17 "Die Here, jou God, is in jou midde, 'n held wat verlossing bewerk; Hy is blyd oor jou met blydskap; Hy juig oor jou met gejubel."
GEBED: Here God, ons dank U vir die seisoen in die Kaap. Ons het U hand in alles gesien, en ons is dankbaar vir U leiding en genade. Vandag sluit ons hierdie hoofstuk af, maar ons kyk ook uit na die nuwe bediening wat U vir ons in gedagte het. Mag U Gees ons lei en verlig terwyl ons na die nuwe plek beweeg. Gee ons moed en geloof om elke stap van hierdie reis te neem. Ons vertrou op U, omdat U reeds vooruitgesien het na elke uitdagings en vreugdes wat voorlê. Heer, bewaar die herinneringe van hierdie bediening in ons harte. Laat dit ons herinner aan U goedheid en trou. Mag ons groei en bloei in die nuwe omstandighede, met U aan ons sy.Ons vertrou hierdie nuwe begin aan U toe, weetende dat U planne vir ons lewe vol hoop is. Mag ons elke dag nader aan U beweeg en meer van liefde weerspieël. In die naam van Jesus, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
““The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Verhuising. Einde Maart 2024 verhuis ons vanaf Somerset Wes na Winburg. Bid asseblief saam vir die totale verhuising aangesien om te verhuis traumaties kan wees. Ons het in 2012 laas verhuis na ‘n ander huis en bly al die afgelope 12 jaar in dieselfde huis hier op Somerset Wes.
Nuwe Woning. Ons nuwe woning op Winburg benodig reperasies en verfwerk, bid asseblief hiervoor.
Water op Winburg. Die dorp het uitdagings met water voorsiening vanaf die munisipaliteit maar God het vir ons ‘n huis met ‘n boorgat voorsien. Bid asseblief vir die voorsiening van ‘n 5000liter water tenk, tenk staander en toerusting van die boorgat.
Ondersteuners. Bid asseblief dat Vader vir ons meerondersteuners sal oprig wat maandeliks per debietorder ondersteun.
Sentraal-Asië. Bid saam met jou suster, Tilana*, in in Sentraal-Asië. Haar Moslem-eggenoot het haar met stokke geslaan toe hy op haar Bybel afgekom het. Sy het vir haar lewe gevrees. Vra God om haar pyn te verlig, haar te genees en haar te laat herstel. Tilana sê haar man het vir vier ure aanmekaar op haar geskreeu en haar met sy uitlatings verneder toe hy uitgevind het dat sy ʼn geheime Christen is. Bid vir haar emosionele genesing en God se vertroosting. Tilana se man het haar vir ure ondervra en probeer vasstel wie haar na ʼn ander geloof gelei het. Bid vir beskerming oor die evangelis wat die Evangelie met haar gedeel het en wie se lewe ook deur Tilana se man bedreig is. Tilana woon tans in haar ouerhuis en vrees vir haar lewe in ‘n vyandige omgewing. Haar familie ondersteun nie haar bekering nie en sy voel alleen – bid asseblief vir volharding. Prys God vir Sy leiding en dat ons suster, Mahri*, na ‘n kollege in ‘n verafgeleë stad kon gaan. Hier is sy verwyder van haar neerhalende Moslem-tante, wat haar getart het en geweier het dat sy kerk toe gaan Mahri* het talle kaartjies en briewe van bemoediging van Geopende Deure-ondersteuners regoor die wêreld ontvang, sy sê: “Dankie vir julle liefdevolle boodskappe. Bid vir my veiligheid.” Mahri begin haar nuwe hoofstuk op kollege. Mahri vra ook dat ons vir haar bid vir beskerming en dat sy samesyn in haar nuwe tuiste sal vind. “Bid dat God my sal help om broers en susters te vind. Ek het ʼn behoefte aan ʼn nuwe gesin.”
*Name verander vir sekuriteitsredes.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments