top of page

11 Julie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jul 7, 2022
  • 4 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

11 Julie 2022.


Liewe Vriende.


“Julle het met die Gees begin; wil julle nou in eie krag eindig? Was al julle swaarkry dan verniet? Dit kon tog nie verniet gewees het nie”.Galasiërs 3:1-6

Paulus herinner die gemeente in Galasië hier aan sy vorige besoek – hy het die evangelie aan hulle verkondig en hulle het tot bekering gekom en die Heilige Gees ontvang. Daar is egter één ding wat hy nie begryp nie: hoe húlle wat reg begin het in die krag van die Heilige Gees, nou in hulle eie krag kan eindig. Hy wil van hulle weet of alles wat hulle ter wille van hulle geloof moes deurmaak, dan verniet was. Hulle swaarkry kón tog nie verniet gewees het nie, sê hy.


Die swaarkry wat God in ons lewens toelaat ís inderdaad nooit verniet nie. Toe WE Sangster, die bekende Britse prediker, gehoor het dat hy aan progressiewe spieratrofie ly, het hy vir homself ’n lysie gemaak van hoe hy sy persoonlike swaarkry wou hanteer. Hierdie lysie het sy familie eers ná sy dood in sy Bybel gekry. Hulle kon op sy begrafnis getuig dat hy tot op die dag van sy dood daarby gehou het. “Ek wil nie kla nie; ek wil opgeruimd bly; ek sal my seëninge tel, dié wat nog oorbly … ek wil soek watter goed hieruit kan voortkom,” het op Sangster se lysie gestaan.


Ook jou swaarkry is nooit verniet nie – probeer dit hanteer soos Sangster – moenie kla nie, tel jou seëninge wat nog oorgebly het en soek na die positiewe in jou lyding.


Gebed: Here, ek is jammer dat ek self al gewonder het of my swaarkry verniet was – help my om positief te bly en my seëninge wat nog oorbly te tel sodat ek kan weet wat U my uit die swaarkry wil leer, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Arabiese Skiereiland. Arabiese Moslems hunker daarna om die krag van Allah in hul lewens te sien deur wonderwerke, genesings, drome, visioene en seëninge. Bid dat Arabiese Moslems die krag van God sal sien in die lewens van die Christene wat tussen hulle woon en vir hul oë om oop te gaan.

  2. Sri Lanka. Die land se ekonomie is onbestendig. Baie mense sukkel om te oorleef, veral diegene uit lae-inkomste huishoudings. Die meeste gelowiges in brandpunte van vervolging kom uit landelike gebiede. Bid dat die land se ekonomie sal verbeter.

  3. Bangladesj. Bid vir al die denominasies en Christen-gemeenskappe in Bangladesj om mekaar op te bou om ʼn vreedsame en veilige gemeenskap te skep, sodat selfs nie-gelowiges geraak sal word en die liefde van Christus kan leer ken.

  4. Kirgistan. Jildou* se man het ʼn dwelmverslaafde geword en dring daarop aan dat Jildou haar geloof prysgee. Bid vir krag en beskerming vir Jildou en dat haar man ʼn volgeling van Jesus Christus sal word.

  5. Viëtnam. Lonh*, sy vrou en vier kinders het in 2021 besluit om Jesus te volg, wat veroorsaak het dat die dorpenaars hulle vervolg. Hulle is nou uitgeworpenes, maar kan hul geloof vrylik beoefen. Bid vir God se voortdurende beskerming en voorsiening vir Lonh en sy familie.

  6. Indonesië. Indonesië bestaan uit verskeie eilande, wat dit moeilik maak om Christelike materiaal te versprei, veral in afgeleë gebiede. Bid dat God die beste vragdienste sal voorsien om materiaal veilig by gelowiges af te lewer,en vir die beskerming van ons plaaslike vennote.

  7. China. China beperk die toegang van oorsese sakelui, studente en onderwysers, veral diegene wat daarvan verdink word dat hulle deel is van sendingorganisasies. Bid vir die Heilige Gees se leiding en toerusting om enige vorm van verdrukking te hanteer.

  8. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  9. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  10. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening. Tans ervaar ons geweldige geestelike aanvalle op ons persoonlik,en het u GEBED baie nodig.

  11. Sending Finansies. Bid asseblief vir ondersteuners om die bediening te ondersteun. Hierdie maand is nog net 7% van die sending begroting ontvang en besoeke en projekte moet gekanseleer word.

*Name verander weens sekuriteits doeleindes.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.



Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page