11 April 2022. Weeklikse Manna{Waarom Sending} en Gebedsversoeke.
- missions3
- Apr 5, 2022
- 17 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna{Waarom Sending} en Gebedsversoeke.
11 April 2022.
Liewe Vriende.
“Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge,” (3 Johannes.1:5.)
ONDERSTEUN SENDELINGE EN RAAK DEEL VAN ‘N SPAN.
Jy doen goed deur hierdie mense, wat aan jou onbekend is, op hulle reise voort te help soos God dit wil hê – ek is seker dat Sy hand van tevredenheid op jou skouers rus. Onthou, hulle gaan rond ter wille van die saak van Christus en ontvang niks van die ongelowiges nie. Dit is dus ons plig om sulke mense te ondersteun waar ons ookal kan want op dié manier word ons ook deel van die span wat die goddelike waarheid oral versprei.
RAAK MEER INTENS BETROKKE BY SENDING EN SENDELINGE
In die 14 jaar wat ek en Antoinette sendelinge in Mosambiek was, was hierdie verse die sleuteltekste van ons uitstuurspan in Suid-Afrika. Mense wat die Evangelie verkondig buite die gewone gemakssones van ‘n gevestigde gemeente, veral in transkulutere bedienings, verdien ekstra hulp van gelowiges! Sendelinge, evangeliste en leraars wat die grense moet deurbreek van taal, kultuur, dikwels landsgrense, behoort te kan reken op die morele-, logistiese-, gebeds-, kommunikasie- en finansiële ondersteuning van die ‘sendende’ gelowiges. Ja, Johannes stel die hulp aan ‘reisende gelowiges’ as ‘n natuurlike plig van gelowiges en nie eintlik as ‘n keuse nie. Dit lê in lyn met Paulus se beredeneringe in Rom 10:14 – 15:Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die Boodskap bring? En hoe sal hulle die Boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: ‘Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!’
Oor die plig van gelowiges en die kerk om missionêr te wees is die hele Bybel vol. Dink hier veral aan die ‘Groot Sendingopdrag’; in Mat 28:19,20 – ‘Gaan dan heen, maak dissipels van alle nasies...’ Jesus se woorde soos weergegee in Lukas 24:46 – 48 is vir my besonders:
Toe het Jesus sy dissipels se verstand geopen om die Skrifte te verstaan en gesê: ‘So staan dit opgeteken dat die Messias moet ly en op die derde dag weer opstaan uit die dood. In sy Naam moet hierdie boodskap en die boodskap van bekering tot vergifnis van sondes nou aan al die nasies verkondig word.’
Die vraag is dus of ons verstand werklik geopen is vir hierdie sentrale waarheid dat Jesus moes ly en opstaan en dat hierdie Boodskap aan al die nasies verkondig moet word?
Missioloë beklemtoon ons plig tot uitreiking ook op treffende wyses. David Bosch in sy boek Transforming Mission stel dit soos volg:Sending moet gesien word as ‘n beweging van God na die wêreld; die kerk op sy beurt moet gesien word as die instrument van daardie sending. Daar is ‘n kerk omdat daar sending (mission) is, nie vice versa nie.
Ek volstaan hier met ‘n sterk aanhaling uit Patrick Johnstone se boek: The church is bigger then you think: Hoe kan 'n gemeente of denominasie daarop roem dat hulle Bybels of selfs christelik is as hulle nie in die hart van hulle bediening’s agenda God se hart vir 'n verlore wêreld het nie? Die kerk se begrotingtoedeling, gebeds betrokkenheid en werkers’ visie behoort hul missionêre visie te reflekteer. Die kerk van die Here Jesus Christus word inderdaad gedefinieer deur sending - want die kerk is eintlik saamgestel uit diegene wat tot redding gekom het deur sending! Nou het hierdie kerk en sy gelowiges die grootse (awesome) verantwoordelikheid om ander te wen deur hulle getuienis gerigtheid. As die kerk in die breë en ‘n gemeente in die besonder, nie missionaal gerig is in hul teologie, daaglikse lewe en toewyding nie, het hulle eintlik nie meer die reg om hul daarop te beroem dat hulle die kerk van Jesus Christus is nie! Die lewensvatbaarheid en gesondheid van die Kerk en van onsself, as kinders van God, kan nie geskei word van die roeping tot wêreld evangelisasie nie (My vertaling).
Duideliker kan dit seker nie gestel word nie. Tog het ons teksvers bo eintlik te make met die ondersteuning van sendingwerkers.
Neal Pirolo in sy boek: Serving as senders – how to care for your missionaries (i) while they are preparing to go, (ii) while they are on the field and (iii) when they return home, kan ons baie help. Hy roep gelowiges op om by een of meer as een van die volgende areas van ondersteuning betrokke te raak:
(i) Morele ondersteuning – om eenvoudig ‘daar te wees’ vir sendelinge
(ii) Logistiese ondersteuning
(iii) Finansiële ondersteuning
(iv) Gebeds ondersteuning
(v) Kommunikasie ondersteuning
(vi) Terugkeer ondersteuning
Kom ons reflekteer meer oor bg punte:
MORELE ONDERSTEUNING.
Gee morele ondersteuning reeds aan voornemende sendelinge. Moenie wees soos die geestelike leiers in die tyd van die groot sendeling William Carey wat alles in hulle vermoë gedoen het om hom te ontmoedig om China toe te gaan nie: When God pleases to convert the heathen, He will do it without your aid or ours’ het hulle gesê! Dink aan arme Paulus wat orals oop deure gesien het vir die Evangelie maar nie orals dieselfde entoesiasme vir sy idees teëgekom het nie; ‘Hier staan nou ‘n wye deur vir my oop en daar is baie mense wat op die evangelie reageer.’ (1 Kor 16:9). Op ‘n ander plek smeek die gelowiges vir Paulus om nie na Jerusalem toe terug te gaan nie en dan reageer hy soos volg:
Waarom wil julle my hart sag maak met julle gesanik? Julle weet mos ek is bereid om ter wille van die Naam van die Here Jesus nie net in Jerusalem gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterf (Hand 21:13).
Aktiewe luister is waarskynlik een van die mees verwaarloosde fondamente van morele ondersteuning. Neal Pirolo sê van aktiewe luister dat dit eintlik sê:
Ek is met jou. Ek sal die tyd neem. Ek sal energie insit en werklik luister na jou hart, nie net na wat jou woorde sê nie. Aktiewe luister vra vir al jou aandag. Dit is harde werk, dit verg konsentrasie. Maar hoe nodig is dit nie vir morele ondersteuning nie! Aktiewe luister verplig jou om met respek te reageer. Selfs al is jy nie 'in sy/haar skoene nie’ en kan nie ten volle verstaan wat hy/sy ervaar nie, kan jy ware empatie toon. Probeer om sy/haar gedagtes en gevoelens te ervaar in hierdie onderneming (venture) van die geloof.
Kom ons maak ten minste tyd om te luister na sendelinge!
Pirolo stel die volgende aksie stappe voor by Morele Ondersteuning:
(i) Begryp duidelik dat morele ondersteuning – die ‘daar wees’ vir sendelinge - eintlik die fondamentsteen is van die hele sending strategie
(ii) Gee volhoubare waardering vir alle werkers wat betrokke is by die uitbreiding van God’s Koninkryk
(iii) Besef dat morele ondersteuning suksesvol is as dit lei tot ‘n meer persoonlike verhouding met die sendeling (-e)
(iv) Skryf gerus by geleentheid aan ‘n sendeling ‘n brief van bemoediging
(v) Werf ander om met entoesiasme deel te vorm van die morele ondersteuningsgroep
(vi) Bewys hospitality worthy of God himself!
LOGISTIESE ONDERSTEUNING.
As jy betrokke raak by die logistiese ondersteuning van ‘n sendeling raak jy dalk betrokke by die keuse van ‘n sendingveld of sendeling om te ondersteun. Jy raak dalk betrokke by persoonlike hulp wat mag insluit probleme met invoer van goedere, kar probleme, ‘home schooling’ materiaal, ens. Dink hier aan Paulus wat aan Timoteus skryf: As jy kom, bring asb my jas saam wat ek by Karpus in Troas agtergelaat het. Bring ook my boeke saam veral die perkamente (2 Tim 4:13). Jy kan ook dalk betrokke raak by die hele besigheids beplanning of strategie van ‘n spesifieke sending om dit verantwoordbaar en deursigtig te maak. Aksie stappe kan insluit:
(i) Die besef van die belangrikheid en omvang van logistiese ondersteuning
(ii) Die besef van die belangrikheid dat ons in die Liggaam van Christus mekaar baie nodig het
(iii) Skryf aan die sendeling, bied hulp aan en vra wat die behoeftes is
(iv) Organiseer ander om betrokke te raak by die logistiese ondersteuning
En onthou:
In providing meals and a bed, we become their companions in spreading the Truth.
FINANSIËLE ONDERSTEUNING.
Onthou, hulle gaan rond ter wille van die saak van Christus en ontvang niks van die ongelowiges nie. They set out under the banner of the Name, and get no help from unbelievers.
Baie sendelinge sal Paulus kan nasê: Ek prys die Here met groot blydskap omdat julle weer ‘n slag aan my finansiëel kon dink. Ja ek weet dat julle ook ander tye aan my dink maar in julle besige programme nie die geleentheid gehad het om iets te doen nie... (my vertaling) (Fil 4:10).
Tragies as ‘n sendeling die meeste van sy kwaliteittyd en energie moet spandeer om te bid vir die nodige finansies vir homself en sy familie en die bediening!
Betrokkenheid hierby mag die volgende insluit:
(i) Help met die strategie van wyse finansiële betrokkenheid by ‘n sending of sendeling. Lees gerus boeke hieroor
(ii) Woon seminare by wat oor finansiële sake handel om jouself te bemagtig
(iii) Stuur self gereeld jou bydrae
(iv) Motiveer vindingryk ander gelowiges om hulle sakke te skud vir sending
(v) Organiseer ander om betrokke te raak by fondswerwing
GEBEDS ONDERSTEUNING.
Dit is seker nie nodig om die noodsaak te beklemtoon van gebed vir sendelinge nie. Dink maar aan ‘n Paulus wat die gemeente in Efese opgeroep het om vir hom, as die groot sendeling, te bid;Bid ook vir my, dat wanneer ek moet praat, woorde aan my gegee sal word om met vrymoedigheid die geheime plan van die Goeie Nuus bekend te maak...Bid dat ek, soos dit hoort, die Goeie Nuus met vrymoedigheid sal verkondig (Ef 6:19 – 20).
Luister hoe mooi stel Neal Pirolo die rol van intersessie gebed:
Gebed transendeer die dimensies van tyd en ruimte en begelei ons in die troonkamer van God, waar ons aanbid, versoek en pleit en intree vir ander in daardie geestelike ryk van die ewige nou...
Gebed is soms ‘Halleluja’ (Psalm 150). Dit is soms om God te vertel van die ‘detail’ van ons behoeftes (Fil 4: 6). Dit gebeur soms deur harde kniewerk te doen en onuitspreeklike versugtinge te uiter (Rom 8:26). Dit is die gebed van 'n sendende kerk wat die krag vrystel deur Sy boodskappers in China, Afrika, Europa, Latyns- en Noord-Amerika.
Gebed is die arena van geestelike oorlogvoering. Diegene wat regtig betrokke raak by intersessie kom in aanraking met 'n wêreld in nood. Diegene wat deel word van geestelike oorlogvoering weet van swaarkry en letsels, maar weet ook van die heerlikheid van deurbrake en oorwinnings in die stryd.
Gebed is waar die aksie is – dit behels die ondersteuning en die instandhouding van die bedieninge en mense aan die voorpunt van die loopgrawe op al die sendingvelde van die wêreld (My vertaling).
Kom ons begin regtig wyslik bid vir die sendingvelde en die werkers!
Waarvoor behoort daar veral gebid word?
(i) Die aanleer van ‘n nuwe taal en die aanpas by ‘n nuwe kultuur, klimaat ens.
(ii) Ouers en familie se onrus oor hul sendingkinders, hulle behuising, kinders se opvoeding, verskil in lewensstandaarde ens.
(iii) Eensaamheid, huissiekheid en gebrek aan ‘fellowship’ met ou vriende
(iv) Interpersoonlike verhoudings op die sendingveld en finansiële afhanklikheid
(v) Die funksionering van elektrisiteit, rekenaars, internet, drukkers ens.
(vi) Die gebrek aan sigbare resultate in die bediening
(vii) Die nasionale christene wat bedien word
(viii) Bid vir die sendelinge se stabiliteit, wysheid, deernis, selfdissipline, dapperheid, liefde, vervulling van die Gees - en wat nog...
KOMMUNIKASIE ONDERSTEUNING.
Dink hier aan Paulus wat aan die gemeente in Filipe skryf:
Ek hoop om, as die Here Jesus wil, binnekort vir Timoteus na julle te stuur. Dit sal my goeddoen as ek weet hoe dit met julle gaan (Fil 2:19).
Een van die tragieste dinge op die sendingveld is as die sendende kerk kontak verloor met sy sendelinge. Hou die kommunikasie tussen die sendelinge en hulle uitstuurgroepe warm deur persoonlike briewe, Nuusbriewe, telefoonoproepe, Skype, Watts Apps ens. As dit kan gaan besoek die sendeling op die sendingveld – so belangrik! En as dit kan stuur op sekere tye persentjies (veral sjokolade en biltong!)
TERUGKEER ONDERSTEUNING.
Dit is ‘bad’ as jy na al die jare in die sendingveld by die huis kom – en daar is niemand om jou te ontvang nie! Niemand wat regtig belangstel of jy finansieël die mas sal opkom, of jy goeie behuising het en of jy goed gaan inskakel by jou nuwe omgewing nie. Sleg as jy terugkeer en daar is niemand van jou sturende gemeente/ organiasie of sinode wat jou verwelkom en gereed is om jou te begelei nie. Die ergste is as jy terugkom en niemand stel meer belang in jou ‘stories’ of jou preke nie! Ons het bietjie daarvan aan ons eie lywe gevoel...
Mense wat weet sê dat mens moet bedag wees op die volgende by transkulturele sendelinge wat terugkeer: Party onttrek hulle van die ‘beskawing.’ Ander begin maklik die kerk, kultuur en geestelike louheid van hul eie land oormatig te kritiseer. Ander raak te vinnig weer betrokke by allerlei goed – nie noodwendig wat God vir hulle wil nie. Ja, en dan is daar die wat in depressie verval en selfs selfmoord pleeg...
Nee, help die sendelinge om te integreer op die korttermyn maar ook op die langtermyn. Toe Paulus en Barnabas terugkeer van hulle sendingreise na Antiogië en Sirië lees ons
By hulle aankoms het hulle die gemeente bymekaar geroep en vir hulle vertel wat God alles deur hulle gedoen het en dat Hy ook vir die nie-Jode die deur na die geloof oopgemaak het. Hulle het ‘n geruime tyd daar saam met die gelowiges deurgebring... (Hand. 14:27,28).
Laat ons nie vergeet hoekom ons na alles betrokke moet raak by sending en sendelinge nie:
Dit is dus ons plig om sulke mense te ondersteun waar ons ookal kan want op dié manier word ons ook deel van die span wat die goddelike waarheid oral versprei.
Jy word so deel van ‘n wenspan wat orals die Blye Boodskap verkondig! Wow! Is dit nie genoeg rede om betrokke te raak nie?
Raak dan betrokke by ‘n sendeling of sendingveld sodat jy ook kan hoor:
Jy doen goed deur hierdie mense op hulle sendingreise voort te help soos God dit wil hê – ek is seker dat Sy hand van tevredenheid op jou skouers sal rus...
CRISTO ACIMA DE TUDO! CHRISTUS BO ALLES!
{Hierdie stuk is geskryf deur Kruger du Preez en het ons vergunning om te deel met u}
GEBED: Vader, help ons om na U Stem te luister en deel te word van ‘n span wat sendelinge ondersteun, Amen
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Bid vir sendelinge (1) Bid dat ongetroude sendelinge sal groei in hul verhouding met Jesus, nie eensaam sal voel nie en nie betrokke sal raak by enige verhoudings buite God se wil nie. Vra vir hul emosionele welstand terwyl hulle met hul werk voortgaan.
Bid vir sendelinge (2). Bid dat ondersteuners van sendelinge se plaaslike gemeentes of bedieninge ten minste een keer per jaar iemand sal probeer stuur om sendelinge by hulle plek van bediening te besoek. Vra dat hierdie ondersteuners 'n seën vir die sendelinge sal wees en hulle sal aanmoedig om voort te gaan met hul werk ten spyte van probleme.
Bid vir sendelinge (3). Bid dat die plaaslike kerke en ondersteuningsgroepe sendelinge hulle gereeld sal kontak, opregte belangstelling in hul werk sal toon en 'n spesiale poging sal aanwend om hul sendelinge te laat voel dat hulle vanuit hul tuisbasis ondersteun word.
Bid vir sendelinge (4). Bid dat sendelinge in die buiteland geleenthede sal kry om bevriend te raak met hul bure, mense in die mark, ens. Bid dat God hulle die vertroue sal gee van diegene aan wie hulle Christus wil bedien, en om geduldig en afwagtend te bly vir geleenthede om die evangelie te deel .
Bid vir sendelinge (5). Bid vir sendelinge wat in die buiteland werk aangesien ekonomiese veranderinge die wisselkoers beïnvloed waarin hulle hul ondersteuning ontvang. Vra vir hul plaaslike gemeente, vriende en ondersteuners om kennis te neem van hierdie veranderinge en hul maandelikse ondersteuning eweneens aan te pas
Marokko. Hoewel die Marokkaanse samelewing in sommige opsigte relatief liberaal is, word Christene vanaf ʼn Moslem-agtergrond in landelike gebiede geboelie as hulle die Moslem-gebruike verwaarloos, veral gedurende Ramadan. Bid vir krag vir hulle terwyl hulle ʼn afknouery ervaar.
Libië. Alle Christene ervaar tydens Ramadan sosiale druk om hulle daarvan te weerhou om gedurende die dag te eet en te drink; bekeerlinge moet dit doen om te verhoed dat hul Christenskap ontdek word. Bid dat God hulle sal beskerm terwyl hulle Hom te midde van moeilike omstandighede probeer volg.
Mauritanië. Bekeerlinge vanaf Islam tot Christenskap moet dikwels hul geloof geheim hou en is dus verplig om deel te neem aan Islamitiese of plaaslike godsdienstige praktyke soos Ramadan. Bid dat hulle hierdie tyd sal gebruik om tot God te bid en in hul verhouding met Hom te groei.
Afganistan. Ongeag of ʼn Afgaan se Christenskap bekend (bv. in ʼn meer verdraagsame familie) of ʼn geheim is, word deelname aan Islamitiese aktiwiteite soos Ramadan verwag. Bid vir wysheid vir gelowiges wat hul geloof geheim moet hou terwyl van hulle verwag word om aan die vastyd deel te neem.
Maleisië. Talle gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond kuier gedurende Ramadan by hul families, maar hierdie besoeke kan uiters moeilik wees. Bid dat God die gelowiges sal gebruik om geharde familielede se harte te versag.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Iran. Bid vir vervolgde Christene wat gedurende Ramadan honger en dors is omdat hulle in hierdie land met sy Moslem-meerderheid moet vas, dat God aan hulle krag sal gee om Sy onvoorwaardelike liefde meer as tevore aan Moslems te demonstreer.
Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Luwathiya. Die Luwathiya-mense is al sowat 400 jaar in Oman en hul taal word bedreig aangesien so min dit praat. Hulle aanbid in hul eie Shia-moskees en kom gereeld bymekaar om elemente van teologie, geskiedenis en reg te bestudeer en te bespreek. Een ding wat hulle nie met buitestanders sal bespreek nie, is godsdiens. Hulle is 'n klein mensegroep, maar tog die grootste Shia-Moslem-etniese groep in Sunni-oorheersde Oman. Sommige Luwathiya-gesinne het buitelandse Christenwerkers as huishulpe aangestel wat as Christus se ambassadeurs in woord en daad kan optree. Verhef die Luwathiya tot die Here en bid dat Christene Sy eer aan die Luwathiya mense van Oman sal neem. Vra dat die openbaring van Jesus Christus as die enigste weg na die Vader aan hulle geopenbaar mag word. Bid vir spesiale wysheid vir pastore om wyse berading en onderrig te gee. Bid vir die Luwathiya-mense vir geestelike openheid en 'n bewustheid van hul geestelike behoeftes. Bid dat God se koninkryk in Oman sal kom.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.
Shihuh. Die Shihuh is vissers en veewagters en die land waarin hulle woon is rotsagtig en dor, met baie min plantegroei. Hulle kliphuise word bayt al qufl genoem, wat "grothuis" beteken aangesien hulle gedeeltelik ondergronds is. Tot ongeveer die vroeë 1970's was die stam van die buitewêreld geïsoleer. Baie van die streek is nie gasvry vir Christelike uitreik nie. Baie volgehoue gebed is nodig om harte voor te berei en om 'n begeerte te skep om te soek na die vrede wat in Christus gevind word. Daar is tans geen bekende Christene onder hierdie mense nie. Bid vandag dat die lig van Jesus Christus na die Shihuh Moslems van Oman sal kom. Vra die Here om Homself aan hulle te openbaar deur die lewens en getuienis van nasionale en uitgewekene Christene, deur Christelike radio- en satellietprogramme, en deur drome en visioene. Bid dat die Here 'n weg sal maak deur Sy wonderlike liefde vir elke Shihuh om die evangelie te hoor op 'n manier wat hy of sy kan verstaan. Bid vir 'n geestelike honger vir die Shihuh, dat hulle lewe in Christus sal ontdek. Bid dat God se koninkryk in Oman sal kom.
Jordanië. Christene raak toenemend angstig daaroor om hulself op sosiale media uit te druk (selfs rakende plasings oor voedsel gedurende Ramadan) en rapporteer ʼn hoë vlak van self-sensorskap om te verhoed dat hulle die Islamitiese meerderheid beledig. Bid vir wysheid vir hulle.
Mosambiek. Bid vir die nuwe kerk bou projek in Mosambiek en Guija sendingstasie vir wysheid en voorsiening.
Hazaras. Die Hazaras in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) is oorspronklik van sentraal-Afghanistan. Vervolging het die Hazaras in Afghanistan gevorm en gedefinieer. In onlangse dekades is hulle fisies aangeval en politieke mag geweier, hoewel hulle een van die grootste minderhede in Afghanistan is, en baie het na die VAE gevlug. Die Hazaras is Sjiïtiese Moslems in 'n Soennitiese Moslem-land, die Verenigde Arabiese Emirate. Bid dat die Hazaras veilige toevlug en goeie werk sal vind in die Verenigde Arabiese Emirate. Vra vir die Hazaras om die kans te kry om van Jesus te hoor en te reageer op Sy uitnodiging om deel te word van die Koninkryk van God. Bid vir 'n kerkplantingsbeweging onder die Hazaras. Dra alle bestaande Christelike inisiatiewe wat uitreik na onbereikte mensegroepe, op tot die Here. Bid dat Christelike kerke in ander lande saam met hierdie inisiatiewe sal saamwerk en hulle finansieel sal ondersteun. Bid dat God se koninkryk in Afghanistan en die Verenigde Arabiese Emirate sal kom.
Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds rekening 93-6104-5805 sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.
Tihame. Alhoewel die meeste Tihame-mense in Jemen woon, woon sommige in Saoedi-Arabië as nomades en ander as boere. Hulle is Moslems en 'n onbereikte mensegroep. Die grootste struikelblok om die Tihami te bereik, is dat hulle in Saoedi-Arabië, Jemen en Oman woon, wat almal gesluit is vir sendingpogings. Hul nomadiese leefstyl maak dit baie moeilik vir buitestanders om hulle te kontak. Iemand het egter die moeite gedoen om Islam na hul gemeenskappe te bring! Hulle kan met die evangelie bereik word via verskeie mediaplatforms: Radio, televisie, die internet, Facebook, YouTube ens. Vra God om deure vir Christene oop te maak om Christus aan die Tihami te verkondig. Bid dat God die Tihami deur verskillende mediaplatforms bereik en dat hulle voorbereid sal wees vir 'n Christus-ontmoeting deur drome en visioene. Vra die Here dat Christene bevriend raak met Tihame-mense en vir hulle die goeie nuus van Jesus Christus in hul eie taal vertel. Bid dat die Here guns sal betoon en baie siek Moslems sal genees sodat die getuienisse hulle oë sal oopmaak vir die waarheid van Sy liefde vir hulle. Vra die Here om 'n begeerte om God se Woord te hoor en te verstaan in die harte van die Tihame-mense te plaas. Bid dat God se koninkryk in Saoedi-Arabië, Jemen en Oman sal kom.
Somaliërs. Somaliërs het sy oorsprong in die Horing van Afrika, en vandag woon baie in Saoedi-Arabië. Hulle is Moslems, en hulle glo in bose geeste wat siekte bring deur hul slagoffers te besit. Bediening struikelblokke sluit in groot ongeletterdheid, hul nomadiese lewenstyl, en sterk getrouheid aan die Islamitiese godsdiensstelsel. Die Somaliese taal het eers in 1972 'n geskrewe skrif gehad, so min kan dit lees. Altesaam 81% van Somaliërs kan nie lees of skryf nie. Roep vandag tot die Here namens die Somaliese mense van Saoedi-Arabië. Vra die Here om 'n weg te maak vir Christene wat graag na die Somaliërs wil uitreik, maar nie die praktiese en materiële hulpbronne het om dit te doen nie. Bid dat die Here vandag 'n wonderwerk sal doen om 'n projek te begin wat mondelinge en visuele materiaal skep om die evangelie meer effektief met ongeletterde mense te deel. Vra die Here om Bybelvertalers na Saoedi-Arabië te stuur. Bid dat God se koninkryk in Somalië en Saoedi-Arabië sal kom.
Iraniërs. Baie Iraniërs het hul tuisland verlaat om voordeel te trek uit die groeiende oliebedryf en die geleenthede wat dit hulle gebied het om hul ekonomiese lewens te verbeter. Die meeste Perse (Iraniërs) is Shia Moslems. Die Here is besig om sy kerk in Iran te laat groei en ons vertrou Hom om dieselfde in Oman te doen. Iraniërs het óf na sekularisme óf na Christus gewend sedert die Iranse Rewolusie in 1979. In Oman is dit egter nie sosiaal aanvaarbaar vir 'n Moslem om te besluit om Christus te volg nie. Dit bied uitdagings aan daardie plaaslike Iraniërs wat wil hê dat Jesus hulle lewens moet lei. Vra die Here dat Hy getroue voorbidders vir Perse in Oman sal oprig om voormalige Persiese Moslems wat na Christus gekom het, aan te moedig. Bid dat die Here ons oproep sal hoor en die wydverspreide openbaring sal uitstuur van Sy goedheid, barmhartigheid en liefde vir hulle soos gemanifesteer deur Sy Seun Jesus Christus. Bid dat die Here Iranse Christene sal versterk om volgens Sy wil te lewe ten spyte van vervolging en intimidasie. Bid dat God se koninkryk in Oman sal kom.
60de Verjaarsdag.Die 23 ste Mei is dit my 60 de verjaarsdag en wil ek verneem of daar nie iemand is wat tyd deel punte of ' n vakansie huis vir ons beskikbaar kan maak vir ' n week nie ?My grootste begeerte en spesiale verjaarsdag wens is ' n week ( of langer ) vakansie aangesien ons in 2016 laas op vakansie was .
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments