10 Oktober 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Oct 8, 2022
- 4 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
10 Oktober 2022
Liewe Vriende
“Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie. Ek is maar net voor Hom uitgestuur” (Joh. 3:28).
Johannes die Doper moes 'n besondere man gewees het: 'n tipe askeet, 'n nasireër, 'n siener, 'n man met 'n onaptytlike dieet, 'n vreeslose man, 'n verskynsel, 'n man wat vuur gepreek het van bome wat uitgekap word. Maar 'n man wat sy plek geken het, wat kon terugstaan en tweede viool speel. Van Wyk Louw laat hom sê: " . ek is die wag en die verlang / - ek weet ek is die Waarheid nie - / die klip wat teen die krans nog hang . " (uit: Die Doper in die woestyn).
Sy dissipels het gesien hoe die getalle rondom die Doper minder word. Hulle het gehoor watter wonders Jesus doen en hoe die skares na Hom toe gaan. Daar het tussen Johannes se leerlinge en omstanders woordewisselings ontstaan. Johannes was hiervan bewus, en toe sy leerlinge by hom kom kla, was hy met 'n antwoord gereed: "Ek is nie die Christus nie. Ek is die boodskapper wat Hom aankondig. Dis al." Want die boodskapper se rol is uitgespeel wanneer die boodskap bekend geword het. En Johannes maak dit duidelik: hy self kan niemand red nie, dit is en bly die werk van die Seun van God. Soos Jesus sou hy tereggestel word. In sy geval as gevolg van die grillige wens van 'n vrou vol wraak. In Jesus se geval as gevolg van 'n bekrompe Joodse Raad en 'n opgesweepte skare.
Daar was iets formidabels aan Johannes. 'n Man wat duidelik 'n koers weg van hom kon aanwys. Hoe skaars is sulke mense nie. Iemand wat geen jaloesie geken het nie, net blydskap en verwagting dat dit wat hy aangekondig het aan die gebeur was.
Hoe bly is ek ek kan saam met Johannes sê ek is nie die Christus nie! Hoe bly is ek Hy moet in my plek oordeel en besluit. Hoe bly is ek Hy moes in my plek sterf om my te red. Hoe bly is ek dat ek kan lewe om die verhaal oor te vertel.
Gebed: Here, laat my vandag weer die stem van die Bruidegom hoor en my soos Johannes daaroor verbly. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Indië. Bid vir God se vrede oor Christene wat in Indië geteiken word. Bid dat hulle in geloof standvastig sal bly. Bid ook dat God Homself aan die anti-Christelike groepe sal openbaar sodat hulle tot bekering kan kom.
Azerbeidjan. Bid vir die terugkeer van veilige lofprysing en aanbidding vir gelowiges in Azerbeidjan. Seën die plekke waar hulle nog kan bymekaarkom om God te loof.
Jemen. Bid vir diegene wat verlossing in die Here soek. Bid dat hulle gelei sal word na gelowiges wat hulle as broers en susters in Christus verwelkom.
Noord-Afrika. Ondersteun ontwortelde Christene wat dreigemente oor aanvalle in Noord-Afrika moet verduur. Bid vir ons vervolgde familie wat hul huise en geliefdes verloor het. Bid dat hulle vertroosting in die Here sal vind.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Wes-Afrika. Bid vir genesing vir vervolgde Christene wat gevange geneem is en gelowiges wat uit die tronk vrygelaat is. Bid ook vir deursettingsvermoë vir gelowiges wat as gyselaars aangehou word.
Sentraal-Asië. Bid dat die harte van leiers in Sentraal-Asië teenoor Christene sal versag. Bid dat hulle dit sal oorweeg om ʼn veilige hawe vir Christene te skep.
Midde-Ooste. Bid vir ons vervolgde familie wat die Evangelie verkondig. Bid vir die vrylating van gevangenes wat van evangelisering aangekla word.
Sosiale media. Hierdie bediening groei en brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments