10 November 2025. Weeklikse Manna en Gebesdversoeke.
- missions3

- Nov 9, 2025
- 7 min read

10 November 2025
Liewe Vriende.
“Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.” 2 Timoteus 2:15
As ons in die bediening van die Here staan, is daar twee dinge wat ons duidelik moet verstaan: ons doel en ons medewerkers. Hierdie twee elemente is die pilare waarop ons werk en ons dienslewe sal staan, of ons nou in die gemeente, die gemeenskap, of in die sendingveld is.
1. Jou Doel
Jesus het vir ons 'n voorbeeld gegee van hoe duidelik ons doel moet wees. Hy het in Johannes 18:37 gesê: "Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom." Net soos Hy, moet ons weet waarvoor ons gestuur is. Is dit om diegene wat honger is te voed, of om diegene wat verwaarloos word, 'n stem te gee? Dalk is dit om diegene wat in die tronk sit, te dien, of diegene wat emosioneel gebroke is, te ondersteun.
Maar dit gaan verder as net die mooi dinge. God gebruik dikwels die seergemaakte dele van ons eie lewe as die plekke waar ons die diepste passie en empatie sal vind. Baie keer sal jou doel en jou passie op 'n plek begin waar jy self seergemaak of verwaarloos is. Dit is in daardie “fragile”, seergemaakte plekke waar God jou sal gebruik om 'n lig te wees vir ander. Byvoorbeeld as jy deur ‘n egskeiding is dan kan HY jou gebruik om paartjies te beraad wat op die rand van egskeiding is.
2. Jou Medewerkers
Die tweede aspek van jou bediening is die mense rondom jou — jou medewerkers. Niemand van ons is bedoel om in isolasie te dien nie. Ons sien in die Bybel hoe Jesus sy dissipels roep en hulle nie net alleen op 'n missie uitstuur nie, maar in gemeenskap met ander. In Lukas 10:1 lees ons dat Jesus die 72 uitgestuur het, twee-twee. Soos die Here saam met sy dissipels gewerk het, het hy mense rondom Hom gehad wat Hom ondersteun, en vir Hom gebid het.
Dit is die tweede deel van die enigste ware sukses in die bediening: nie net wat jy doen nie, maar ook die mense met wie jy dit doen. Paulus, wat dikwels saam met ander in die bediening gewerk het, het gesê: "Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God... omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra" (Filippense 1:3, 5). Hieruit bely hy die belangrikheid van nie net 'n passie nie, maar ook die saamwees in die missie.
Gebed: Liefdevolle Vader, Dankie vir die roeping wat U vir ons gee. Mag ons altyd duidelik hoor die doel waarvoor U ons gestuur het. Help ons om in ons passie te wandel, maar ook om in die gemeenskap van ons mede-gelowiges te werk. Mag ons nie alleen nie, maar in 'n span wat mekaar bou, ondersteun en aanmoedig arbei. Dankie vir elke medewerker wat U op ons pad plaas.Mag ons alles wat ons doen, in liefde en diens aan U doen. In Jesus Naam,Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Filippyne. Dayang* is ʼn 15-jarige, stil en skaam meisie van ʼn dorpie met ʼn Moslem-meerderheid in die suide van die Filippyne. By die skool word sy gespot en maklik aangeval weens haar geloof. Bid vir haar beskerming.Bid vir vrede en verlossing in Dayang se familie. Bid saam met hierdie jong meisie dat haar pa en uitgebreide familie Christus sal leer ken deur die getroue getuienis van Dayang en haar ma.Bid vir volharding vir Dayang en haar ma. Vra God om hulle teen verdere skade te beskerm en om hul geloof te versterk terwyl hulle verwerping, vyandigheid en pynlike isolasie van hul gemeenskap verduur. Bid saam met Inaya* (11), ook van die suidelike Filippyne. Sy kom uit ʼn Moslem-familie en moet haar geloof in die geheim beoefen. Bid vir beskerming en bemoediging vir hierdie geheime gelowige.Bid saam met Inaya vir dapperheid terwyl sy ondanks die gevare rondom haar in haar geloof groei. Vader, ons bid vir ons jong suster dat sy altyd naby U sal voel en in U krag sal wandel.Inaya neem deel aan ʼn veilige storievertellingsprogram wat deur Geopende Deure se plaaslike vennote gelei word, waar sy die Bybel kan leer ken en hoop en moed kan vind om Jesus te bly vertrou. Bid vir die veiligheid van die gelowiges wat hierdie inisiatief bestuur.
Vervolgde gesinne. Bid dat vervolgde gesinne regoor die wêreld hierdie Kersfees hoop sal vind. Bid dat gelowiges die vreugde, vertroosting en teenwoordigheid van Jesus sal ervaar terwyl hulle Kersfees stilweg in die geheim vier. Geopende Deure is uniek geplaas om kinders wat met vervolging in die gevaarlikste dele van die wêreld saamleef, te identifiseer en te ondersteun om Christene te wees. Bid vir ons spanne en plaaslike vennote terwyl hulle God se roepstem volg.
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.
Fokus op die Lydende Kerk (10–16 November 2025). Deur die eeue heen het die bloed van die martelare as ’n getuienis van oorwinning geklink. Hulle lyding word saad vir herlewing en ’n roepstem vir nasies om tot bekering te kom. In hierdie tyd van 24-7 gebed fokus ons op die Lydende Kerk en bid dat God die geloof van vervolgde gelowiges sal Fokus op die Lydende Kerk (10–16 November 2025). Deur die eeue heen het die bloed van die martelare as ’n getuienis van oorwinning geklink. Hulle lyding word saad vir herlewing en ’n roepstem vir nasies om tot bekering te kom. In hierdie tyd van 24-7 gebed fokus ons op die Lydende Kerk en bid dat God die geloof van vervolgde gelowiges sal gebruik om harte te verander, kerke te versterk en Sy Koninkryk uit te brei. Soos Openbaring 12:11 sê, oorwin hulle deur die bloed van die Lam en die krag van hulle getuienis. In elke plek van vervolging word Christus se lig en krag openbaar. Deur hulle volharding, vrede en vergifnis wys vervolgde gelowiges die wêreld wie Jesus is. Waar die duisternis toeneem, breek Sy heerlikheid deur. Hulle vergifnis ontwapen haat, hulle gebede bring genesing, en hulle getuienis laat die lig van Christus skyn in nasies wat nog nie Sy naam ken nie. Uiteindelik word lyding omskep in redding. God gebruik elke traan, elke offer en elke geloofsdaad om Sy heerlikheid te openbaar en die nasies na Hom te trek. Die getuienis van die Lydende Kerk herinner ons dat vervolging nie nederlaag beteken nie, maar ’n deur is na verlossing en herlewing.
7 Gebedspunte:
Bid dat die getuienis van vervolgde gelowiges oor nasies heen sal weergalm en bekering sal bring.
Vra dat die bloed van die martelare saad van herlewing oor die aarde sal word.
Bid vir bonatuurlike krag, vrede en volharding vir dié wat vir Christus ly.
Vra dat God se lig helder sal skyn deur Sy mense in verborge plekke.
Bid dat vervolgers Christus se vergifnis sal ervaar en harte sal verander.
Vra dat die wêreld deur hulle getuienis die heerlikheid van die Here sal sien.
Bid dat lyding in sending verander en nasies sal uitroep: “Ons redding kom van ons God en van die Lam!”
* Name verander weens veiligheidsredes.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure Gebedsgids.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077. Account Holder: Sending/Mission
Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments